{"id":674,"date":"2011-07-19T14:19:20","date_gmt":"2011-07-19T12:19:20","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=674"},"modified":"2011-07-19T14:21:46","modified_gmt":"2011-07-19T12:21:46","slug":"winterboom-groenboom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=674","title":{"rendered":"Winterboom, Groenboom"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/DSCF03571.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-677\" title=\"DSCF0357\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/DSCF03571-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/DSCF03571-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/DSCF03571.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Soms voel &#8216;n mens soos &#8216;n winterboom wat gestroop word van al jou blare sodat jy naak en totaal ontblaar voel. Verliese in my vriendekring het die afgelope tyd die gevoel sterk by my laat posvat. Toe ek twee weke gelede tydens my week op Philippolis die tyding kry van goeie vriend en kollega Cassie Nel se skielike heengaan, het hierdie gestroopte gevoel hom van my meester gemaak. Die ysige koue van die natuur het ook in my binneste posgevat. Boonop het ek weer die afgelope tyd gelees in Sheila Cussons se Versamelde gedigte\u00a0 en by die gedig: Ses (variasies) op &#8216;n tema (van lyding) vasgehaak:<\/p>\n<p>Wie s\u00ea dat pyn terwyl dit woed<\/p>\n<p>Nie kan verwoord\u00a0 word nie-<\/p>\n<p>Tussen die primitiewe kreet<\/p>\n<p>En die laaste berustende snik<\/p>\n<p>Tussen eina en amen<\/p>\n<p>Is daar baie klank-skakerings&#8230;<\/p>\n<p>Dit is juis\u00a0hierdie baie klank-skakerings tussen eina en amen wat voorop in my gedagtes is terwyl ek die Vrydagoggend terugry vanaf Philippolis Welkom toe. Ek dink ook aan die oggend so paar jaar gelede wat Cassie my voorgekeer het na &#8216;n Broederkring en s\u00ea dat hy iets het om my te vra.\u00a0Ek kon\u00a0sien hy is ernstig. Sy versoek: Dat ek asseblief die dag as hy sterf, sy begrafnis moet waarneem. Ek probeer nog skerts en s\u00ea dat hy nou op &#8216;n flou perd wed, want ek is is &#8216;n baie waarskynliker kandidaat as hy om eerste my kop neer te l\u00ea, maar hy bly ernstig en gee my selfs die Skrifgedeelte en vers van die diens : Ps 116:15. Ek willig \u00a0in maar s\u00ea dat ek nie hoop dat ek ooit die belofte gestand hoef te doen nie. Nou is dit wel sulke tyd.<\/p>\n<p>So byna halfpad tussen Philippolis en Trompsburg sien ek soos ek naderkom staan daar aan die linkerkant van die pad \u2018n pragtige groot groen boom. Die boom staan sommer uit in die vaal landskap. Selfs die windpompe in die veld lyk valer as gewoonlik. Juis daarom val die\u00a0 groen boom \u00a0my des te meer op. Toe ek egter\u00a0 naby kom, sien ek dat dit twee bome is wat lyk soos een. Die voorste boom het \u2018n\u00a0 bruin stam, maar die takke van die boom, wat presies op die vorm van die ander boom pas, is kaal. Die boom reg agter die kaal boom is egter helder groen \u2013 dis \u2018n immergroen boom. Van ver af lyk dit dus soos een boom, maar as jy by hulle kom sien jy dat die eerste boom \u2018n gestroopte boom is \u2013 as&#8217;t ware\u00a0&#8216;n raamwerk van \u2018n boom. Terwyl die tweede boom\u00a0sy groenheid\u00a0in al sy glorie vertoon.<\/p>\n<p>Ineens dink ek daaraan dat dit ook maar is soos mens se lewe se soms is. Van ver af lyk alles goed en mooi, maar as jy naby kom sien jy die pynlike tekens van die winterseisoen waardeur die boom gaan. Net soos mens soms deur \u2018n seisoen gaan waar jy gestroop word van die uiterlike en die oortollige en net op die kern aangewese is. Tog dien die ander boom as\u2019t ware om die swaarkry-boom te bemoedig en te\u00a0laat onthou\u00a0dat\u00a0blare en vrug weer al volg.<\/p>\n<p>Dit is asof die prentjie van die bome\u00a0my bybly het toe ek die psalm lees wat Cassie\u00a0versoek het as teks vir sy begrafnis.\u00a0Ek het as&#8217;t ware \u00a0met &#8216;n \u00a0vooropgesette idee na die psalm gegaan met die verwagting dat dit grootliks gaan handel oor die dood, veral omdat\u00a0vers 15\u00a0s\u00ea:<\/p>\n<p><em>Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie. <\/em><\/p>\n<p>Ek het dus eers\u00a0die winterboom in die psalm raakgesien\u00a0maar met die herlees van die gedeelte, sien ek dat dit eintlik \u2018n psalm is wat uitbundig handel oor die lewe en oor God &#8211; \u00a0&#8216;n God wat lewe gee en sorg vir sy kinders selfs onder moeilike omstandighede. Dit is toe die groen boom in die psalm wat my baie meer opval as die bruin\u00a0winterboom vol doodsheid.<\/p>\n<p>Een van die persone wat \u2018n kommentaar lewer oor die psalm, praat van die psalm as \u2018n jubelende Heildronk op die lewe en met respek ges\u00ea ook op God. Want Ps 116 handel oor \u2018n God wat lewe gee, wat sorg vir hulle aan wie Hy die lewe gegee het en \u2018n God wat ook nie ligtelik dink oor die dood van sy dienaar nie.<\/p>\n<p>Die psalm is so vol groenboomgedeeltes:<\/p>\n<p>Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede.<\/p>\n<p><sup>2<\/sup>Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.<\/p>\n<p><sup>5<\/sup>Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons.<\/p>\n<p><sup>6<\/sup>Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos,maar Hy het my gered.<\/p>\n<p>Ek dink oor hoveel mooi Groenboom-hoogtepunte daar in Cassie en hul gesin se lewe was:<\/p>\n<p>Op oog af het dit gelyk asof\u00a0hulle as gesin pal\u00a0in die somerseisoen leef. Soveel goeie dinge wat gebeur, \u2013 Mylpale soos\u00a0Cassie en Hannalize se \u00a0verlowing en huwelik; die beroep na Welkom; die ontvangs in die gemeente; die geboorte van hulle twee dogters; \u00a0nog later\u00a0Lou-Ancy en Marilize\u00a0wat matrikuleer, studeer, self grade behaal: Lou-Ancy en Conrad se huwelik,\u00a0 Selfs ook vroe\u00ebr vanjaar die welwillendheid van soveel gemeentelede wat hulle kon ervaar ervaar tydens hulle afskeid van die gemeente.<\/p>\n<p>Die Groenboom Cassie is die man met sy diepe liefde en waardering vir sy vrou, Hannalize en sy trots en liefde vir sy twee dogters. Die Groenboom Cassie is die geroepene wat sy verhoudig met God voorop gestel soos ps 116 s\u00ea: Van my geboorte af is ek u dienaar. By Cassie was daar hierdie sterk roepingsbesef en toewyding \u00a0in die uitvoering van sy bedieningstake. Die Groenboom-Cassie is die netjiese Cassie wie se\u00a0netjies-geordende studeerkamer en dagboek mens altyd weer jou eie dagboek en studeerkamer krities laat bekyk het. Groenboom Cassie is iemand met \u2018n fyn humorsin, wat gereeld voor \u2018n Ringsittig die liedjie (Weer &#8216;n keer) van Lucas Maree aangehaal het.\u00a0<\/p>\n<p><em>Ons spaar mekaar nie juis nie want ons ken mekaar te lank Ons veg die met die vuis nie maar ons moor mekaar met klank<\/em><\/p>\n<p>Die Groenboom Cassie kon met oorgawe en toewyding staan in diens van sy Meester en so die \u00a0\u2018n gemeente en gemeenskap vir sewe-en twintig jaar dien.<\/p>\n<p>Die Winterboomdele in die psalm is\u00a0 egter ook daar:<\/p>\n<p>\u00a0<sup>3<\/sup>Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp,<\/p>\n<p>ek het benoud en bekommerd geword.<\/p>\n<p>\u00a0Bande van die dood, doodsangs, &#8216;n gevoel van magteloosheid, vertwyfeling, selfs die dood.<\/p>\n<p>\u00a0Wie van ons ken nie die uiterstes in ons menswees nie \u2013 dieselfde persoon wat triomfantelik \u2018n groot mylpaal bereik, kan skielik ook deur selftwyfel en onsekerheid geteister word.<\/p>\n<p>\u00a0In sy liedjie \u2013 die Taal van my Hart sing Stef Bos: <em>Ek het myself leer ken as \u2018n held en as \u2018n\u00a0 hond<\/em> \u2013 kras woorde, maar dit is hoe mens soms in afkraaktaal na jouself kan verwys as jy voel dat jy misluk het. Tog s\u00ea die liedjie \u2013 <em>ek ken ook nou my donker kant en ek het vrede in myself<\/em>.<\/p>\n<p>Vir\u00a0\u00a0Cassie en gesin\u00a0was veral die afgelope\u00a0jaar of twee, deel van die Winterboomfase. Cassie se siekte, pyn en worsteling met depressie het ook aan hulle Groenboombestaan kom vreet soos \u2018n \u00a0gulsige sprinkaantrop.<\/p>\n<p>\u00a0Vir Cassie wat alles altyd so noukeurig en presies wou doen, was die fase van depressie ook soos \u2018n vreemde indringer wat die bekendheid van die bestaan kom wegvreet het. Die behandeling en tye weg van die huis het swaar op almal gedruk. Tog was daar\u00a0 telkens weer die\u00a0 hoop dat alles weer\u00a0na normaal kon teugkeer.<\/p>\n<p>\u00a0Met die angskreet in die psalm kon hy homself identifiseer \u2013 hy het dikwels angs beleef a.g.v. sy siekte.<\/p>\n<p>So\u00a0 &#8216;n winterboom-ervaring stroop mens tot op jou kern en laat jou ook jou eie broosheid besef. Alhoewel mens so \u2018n ervaring ten alle koste sou wou vermy, bring dit jou ook nader aan mekaar en maak dit \u2018n eerliker gesprek met God moontlik (Soos so treffend verwoord in NP Van Wyk Louw se gedig Vroegherfs)<\/p>\n<p>\u00a0Die genade was dat\u00a0 die keerpunt\u00a0gekom het: Cassie kon\u00a0weer huis toe\u00a0 kom. Die groot troos\u00a0vir \u00a0Hannalize en die kinders is die nuwe begin wat hulle saam met Cassie\u00a0 in hulle\u00a0eerste eie tuiste kon beleef.<\/p>\n<p>Vir die eerste keer in \u2018n lang tyd was\u00a0hy weer rustig, die bekende Cassie het weer na vore gekom en kon hy hom verlustig in die die proses\u00a0om \u2018n eie blyplek keurig in te rig. As egpaar kon hulle weer tyd saam spandeer en die klein ritueeltjies soos\u00a0koffiemaak en gesels\u00a0geniet,<\/p>\n<p>\u00a0Die Here wat lewe en dood in sy hande hou, het vir Cassie kom haal op \u2018n stadium dat hy werklik weer gelukkig was en kon glimlag<\/p>\n<p>Ps 116:15\u00a0s\u00ea: Vir die Here is die dood van sy troue dienaar nie \u2018n geringe saak nie-<\/p>\n<p>\u00a0Die New Living Translation vertaal die vers as volg:<\/p>\n<p>The Lord cares deeply when his loved ones die.<\/p>\n<p>\u00a0Die Skepper-God \u00a0wat \u00a0male sonder tal \u00a0uitkoms in hulle\u00a0\u00a0lewe gegee het, was in daardie laaste oomblik by Cassie. Daardie oomblik was en is, net soos die res van Cassie se lewe ook kosbaar in God se o\u00eb.<\/p>\n<p>\u00a0Hy het aan hom daardie menuha-rus gegee waarvan ps 116:7 praat:<\/p>\n<p>Ek moet nou tot rus kom want die Here het goed aan my gedoen.<\/p>\n<p>Die woord menuha word in Engels vertaal as Quietness, a settled spot, a home.<\/p>\n<p>God het die winterboom-takke met sy nuwe bloeiseldrag beklee.<\/p>\n<p>\u00a0Nikos Kazantzakis se aanhaling: I said to the almond tree, \u201cFriend, speak to me of God,\u201d and the almond tree blossomed<\/p>\n<p>\u00a0Cassie kan nou blom. God se Paradysseisoen het vir hom aangebreek.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"IMGP7025a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/IMGP7025a-2-291x300.jpg\" alt=\"\" width=\"291\" height=\"300\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soms voel &#8216;n mens soos &#8216;n winterboom wat gestroop word van al jou blare sodat jy naak en totaal ontblaar voel. Verliese in my vriendekring het die afgelope tyd die gevoel sterk by my laat posvat. Toe ek twee weke gelede tydens my week op Philippolis die tyding kry van goeie vriend en kollega Cassie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-674","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/674","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=674"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/674\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":682,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/674\/revisions\/682"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=674"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=674"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=674"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}