{"id":685,"date":"2011-07-23T22:23:26","date_gmt":"2011-07-23T20:23:26","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=685"},"modified":"2011-09-17T10:23:46","modified_gmt":"2011-09-17T08:23:46","slug":"droombrug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=685","title":{"rendered":"Droombrug"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/514415502_00d3aa0639.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-692\" title=\"514415502_00d3aa0639\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/514415502_00d3aa0639-300x205.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"205\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/514415502_00d3aa0639-300x205.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/514415502_00d3aa0639.jpg 500w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Ek is nogal diep verlief op brue.<\/p>\n<p>\u00a0Br\u00fae vertel altyd vir my \u2018n verhaal en dien as kragtige simbool van \u2018n ontmoetigspunt tussen twee oewers\/groepe\/mense. Het ons dan nie ook in Suid-Afrika se geskiedenis die epiese Brugberaad gehad nie? In Augustus 1975 het Adv. BJ Vorster, Suid-Afrika se Eerste Minister, vir president Kenneth Kaunda, staatshoof van Zambi\u00eb, in \u2018n trein op die brug oor die Victoria-waterval ontmoet vir samesprekings.<\/p>\n<p>\u00a0Kleintyd was dit die wonderlikste ding om oor die Barrage naby Vereeniging te ry. Toe is dit gesluit (ek dink daar was dreigemente van sabotasie) en ons moes noodgedwonge met \u2018n ander, oninteressante roete ry.<\/p>\n<p>\u00a0Ek het so ritueel ontwikkel dat as ek oor &#8216;n brug ry, veral die brug oor die Oranjerivier tussen Vrystaat en Kaap, dan luister ek graag &#8216;n simboliese liedjie. Dit bring soms &#8216;n geskarrel mee, veral as die brug skieliker opduik as wat ek te wagte was.<\/p>\n<p>\u00a0Kleintyd het die film \u201cBridge over the river Kwai\u201d \u2018n groot indruk op my gemoed gemaak. Ons het\u00a0 die film in die inry gaan kyk en my Pa het weke daarna nog die aansteeklike temalied gefluit as ons iewers heen oppad was.Veral die aangrypende slottoneel bly my by \u2013 die swaar gewonde soldaat (wie se taak dit was om die brug met springstof op te blaas om die aantog van vyandelike magte te keer), val met sy laaste kragte op die hefboom\u00a0 wat die ontploffing sou laat gebeur.<\/p>\n<p>\u00a0Ek is hartseer oor vervalle brue, halfgeboude brue, weggespoelde brue. Juis omdat &#8216;n brug so sterk simbool van ontmoeting en verhoudings is.<\/p>\n<p>\u00a0In die roman van Irma Joubert <em>Anderkant Pontenilo<\/em> word die brug wat gebou word deur die Italiaanse krygsgevangene, Antonio, \u00a0ook die simbool van versoening tussen mense. In \u2018n eerlike gesprek met Klara, die meisie op wie hy heimlik verlief is, vra hy of mens verskille soos taal, kultuur en godsdiens kan oorbrug deur mekaar in die middel (van die brug) te ontmoet. Sy antwoord: \u201cDan staan die twee partye in die middel van \u2018n brug. Dis ten beste \u2018n tydelike rusplek, Antonio, \u2018n verposing om die mooi uitsig te bewonder. Hulle sal steeds moet kies waarheen hulle verder reis, die een of die ander kant.\u201d (p353)<\/p>\n<p>\u00a0In 1999 het ek die voorreg gehad om op die mees romantiese brug (vir my) op aarde te staan &#8211; die Karlov Most in Praag. Dit was &#8216;n ongelooflike ervaring. Die besef dat hier soveel verhale afgespeel het op en om die brug sedert begin is met die bou daarvan in 1357.<\/p>\n<p>\u00a0Ons het Sondag Praag begin verken vanaf die prominente Kasteel wat op die heuwel l\u00ea. Ek het op die ingewing van die oomblik \u2018n kaartjie gekoop vir \u2018n uitvoering van klassieke musiek wat die middag om 13h00 gehou sou word in die balsaal in die kasteel. Tydens die uitvoering van die hartsmooie musiek het ek telkens opgekyk na die dak wat ryklik versier is met fresko\u2019s en vir myself ges\u00ea; Dis r\u00earig, ek is hier, ek ervaar regtig hierdie oomblik wat soos \u2018n droom voel. Na die uitvoering het ek by my vriende aangesluit en het ons stelselmatig van die kasteel af deur die strate beweeg: winkels met delikaat-versierde eierdoppe (om Pase te vier), winkeltjies waar die mooiste marionette gemaak word en musiek wat orals uit stegies en winkel syfer, dit was my eerste indrukke van Praag. Tog het die hoogtepunt voorgel\u00ea. Ons het die Karlov Most bereik \u2013 \u2018n eeue-oue brug wat tegelykertyd dieVltava(Moldau) rivier oorspan en so funsioneel is, maar tog terselfdertyd \u2018n stuk argitektoniese skoonheid is.<\/p>\n<p>Die brug wat aan die begin van die veertiende eeu voltooi is, is 516 meter lank en byna 10 meter breed. Dit bevat sestien bo\u00eb wat \u2019n skoonheid en simmetrie aan die brug verleen. Met intervalle is daar kort-kort \u2018n inham met \u2018n standbeeld, dertig altesaam.<\/p>\n<p>Bedags is die brug, waar net voetgangers toegelaat word, \u2018n miernes van aktiwiteite, verkopers, skilders en allerhande interessante mense. Juis daarom wou ek die brug ontmoet sonder die gedrang.<\/p>\n<p>\u00a0Die Maandagoggend het ek opgestaan toe dit nog donker was en met \u2018n trem van ons blyplek tot by die brug gery.Die stad was nog half aan die slaap. Ek het eers ywerig foto&#8217;s geneem van die brug so teen die daglig wat begin breek. Toe het ek met verwondering\u00a0die brug betree. Ek wou die eerste een wees wat daardie dag oor die brug stap terwyl die naglanterns nog weerskante brand. Dit was \u00a0&#8216;n ongelooflike gevoel. Op die brug het &#8216;n bedelaar my van die oorkant teegekom. Vir een vreemde oomblik het dit gevoel asof ons die enigste twee mense in die w\u00eareld is. Ek het teen die betonkant van die brug gaan staan en die Moldau dopgehou, Dit was of musiek van eeue so deur die stad rivierlangs vloei en of die brug die stille luisteraar was. Toe hulle om 6.15 die lanterns afskakel en die dag begin, het ek die brug beloof om weer terug te kom. Maar nie alleen nie. Met \u2018n Lewensreisgenoot aan my sy. By die inhammetjie waar jy \u2018n wens kan wens, het ek my hand in die geelkoper vormpie geplaas sodat my vingers rivier se kant toe gewys het. Daar het ek my wens\/gebed\u00a0geuiter vir iemand om die mooi mee te kan deel. Wat was my teleurstelling groot toe ek later by ons blyplek in die klooster kom en ontdek dat ek vergeet het om &#8216;n film in my kamera te laai die oggend!\u00a0 Daarom moet ek noodgedwonge \u00a0poskaartfoto&#8217;s \u00a0van die brug\u00a0in di\u00e9 blog gebruik, maar eendag wil ek graag weer &#8216;m ontmoeting met die brug h\u00ea en dan paraat wees met my digitale kamera! Tog het die besondere brug &#8216;n onuitwisbare induk op my hart gelaat en het ek soveel geheueskyfies wat ek koester. Daarom het ek, op &#8216;n dag toe die brugverlange my beetgepak het, die volgende woorde neergepen:<\/p>\n<p>Om te brug (Karlov Most, Praag)<\/p>\n<p>\u00a0hoe hartstogtelik het ek my aan jou verbind<\/p>\n<p>hoe koesterend jou gestreel<\/p>\n<p>so hunker hunker na jou klipverhaal<\/p>\n<p>my hand laat pas in die glim van weersiensbeloftes<\/p>\n<p>en met jou my terugkomverbond gesluit.<\/p>\n<p>\u00a0Tuis het ek opgelees oor die merkwaardige brug en interessante feite ontdek.Hulle het toetse gedoen het om te kyk hoekom die brug so stewig staan na soveel eeue en toe &#8216;n organiese komponent in die mengsel ontdek wat moontlik blyk eiergeel te wees. Die eiergeel is \u00a0saam met die beton ingemeng om dit sterker te maak. Dit fassineer my dat daar so &#8220;lewende&#8221; komponent in die brug ingebou is, dalk soos die ou kunstenaars eiergeel saam met hul verf gemeng het om die besondere kwaliteit te verkry.<\/p>\n<p>\u00a0Ek het ook nageslaan en ontdek dat die woord vir ho\u00ebpriester in Latyn Pontifex is, letterlik beteken dit \u00a0Brugbouer. Dit wat Jesus by uitnemendheid is.Om\u00a0vir ons as Middellaar\u00a0al die gebroke verhoudings (brue) weer te herstel, eerstens met God en dan ook met onsself en ander.. Dit gee mens sommer moed as die w\u00eareld soms erg vervalle voel.<\/p>\n<p>\u00a0Die liedjie van Simon and Garfunkel, Bridge over Troubled waters vertel van so Brugbouer wat bereid is om die storms in die lewe van sy vriende te oorbrug:<\/p>\n<p>\u00a0When you&#8217;re weary<br \/>\nFeeling small<br \/>\nWhen tears are in your eyes<br \/>\nI will dry them all<\/p>\n<p>I&#8217;m on your side<br \/>\nWhen times get rough<br \/>\nAnd friends just can&#8217;t be found<br \/>\nLike a bridge over troubled water<br \/>\nI will lay me down<br \/>\nLike a bridge over troubled water<br \/>\nI will lay me down<\/p>\n<p>When you&#8217;re down and out<br \/>\nWhen you&#8217;re on the street<br \/>\nWhen evening falls so hard<br \/>\nI will comfort you<br \/>\nI&#8217;ll take your part<br \/>\nWhen darkness comes<br \/>\nAnd pain is all around<br \/>\nLike a bridge over troubled water<br \/>\nI will lay me down<br \/>\nLike a bridge over troubled water<br \/>\nI will lay me down<\/p>\n<p>Sail on Silver Girl,<br \/>\nSail on by<br \/>\nYour time has come to shine<br \/>\nAll your dreams are on their way<\/p>\n<p>See how they shine<br \/>\nIf you need a friend<br \/>\nI&#8217;m sailing right behind<br \/>\nLike a bridge over troubled water<br \/>\nI will ease your mind<br \/>\nLike a bridge over troubled water<br \/>\nI will ease your mind<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"karlov_most (2)a\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/07\/karlov_most-2a-300x240.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"240\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek is nogal diep verlief op brue. \u00a0Br\u00fae vertel altyd vir my \u2018n verhaal en dien as kragtige simbool van \u2018n ontmoetigspunt tussen twee oewers\/groepe\/mense. Het ons dan nie ook in Suid-Afrika se geskiedenis die epiese Brugberaad gehad nie? In Augustus 1975 het Adv. BJ Vorster, Suid-Afrika se Eerste Minister, vir president Kenneth Kaunda, staatshoof [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-685","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/685","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=685"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/685\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":689,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/685\/revisions\/689"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=685"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=685"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=685"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}