{"id":706,"date":"2011-08-25T18:17:18","date_gmt":"2011-08-25T16:17:18","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=706"},"modified":"2011-08-25T21:14:27","modified_gmt":"2011-08-25T19:14:27","slug":"towertapyt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=706","title":{"rendered":"Towertapyt"},"content":{"rendered":"<p><strong><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/08\/Towertapyt-1a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-707\" title=\"Towertapyt-1a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/08\/Towertapyt-1a-2-300x208.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"208\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/08\/Towertapyt-1a-2-300x208.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/08\/Towertapyt-1a-2.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>Floralaan 62, 1964<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0Eendag lank, lank gelede (skuins na die middel van die vorige eeu) het daar \u2018n meubelwa voor \u2018n stewiggeboude drieslaapkamerhuis aan die voet van Goudkop gestop. Uit die meubelwa is daar \u2018n donkergrysbank en twee bypassende grys stoele gelaai.<\/p>\n<p>\u00a0Dit is die huis ingedra en eenkant in \u2018n ry gepak. Die nuuskierige skare het aangegroei \u2013 \u2018n Donkerkop pa en bruinkopma, \u2018n opgeskote dogter van dertien, \u2018n seun van tien, \u2018n dogtertjie van ses en \u2018n baba van \u2018n maand of drie. Die nuwe stel was sommer groot opwinding want\u00a0 die pa en ma is juis die vorige week weg Goudstad toe om dit uit te soek<\/p>\n<p>Die ma se o\u00eb het egter nie lank op die grys stel gerus nie, maar weer afwagtend na die deur gedraai. Toe kom die verrassing \u2013 \u2018n toegerolde mat is die vertrek ingedra. Op die gesonke blokkiesvloer van die sitkamer is dit oopgerol. Voor die o\u00eb van die toeskouers het die blokpatroon ontvou. Goud, maroen, swart en room \u2013 elke blok \u2018n eie prentjie.<\/p>\n<p>Die ma het haar hande saamgevou so asof sy bid en die mat met haar o\u00eb geliefkoos.<\/p>\n<p>Die pa het rustig toegekyk en die kinders het hul misno\u00eb laat hoor. Dis sommer \u2018n lelike ou mat, dis nie so mooi soos die vorige een wat ons gehad het nie. Watter ou lelike blokke is dit en watter snaakse patrone. Ons ou mat se groen rand met blare en blomme was sommer baie mooier.\u00a0 Die een is te deurmekaar, ons like dit nie.<\/p>\n<p>\u00a0Die ma het die kinders nader getrek en ges\u00ea: Julle sal nog leer om baie daarvan te hou-<\/p>\n<p>&#8220;Toe ek dit\u00a0 sien hang in die winkel het ek dadelik geweet dit is ons mat die&#8221;, het sy ges\u00ea. \u00a0Sy het die hoek van die mat byna met pi\u00ebteit omgevou en die etiket aan die kinders gewys. \u2013 \u2018n Walton Super Kashan!<\/p>\n<p>\u00a0Pa het gestaan en glimlag \u2013 \u201cOns kon die mat eintlik nie bekostig nie\u201d het hy ges\u00ea en na die bruinkopvrou gekyk \u201cmaar julle ma het dadelik daarop verlief geraak toe sy dit sien. Ons moes maar o\u00eb toeknyp en dit koop.\u201d<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Rukkie\u00a0 later is die nuwe sitkamerstel\u00a0 ewe mooi op die nuwe mat\u00a0 gerangskik. Onder die skerp pootjies van die nuwe stel is maroengeverfde ysterbakkies geplaas wat soos deurgesnyde tennisballe gelyk het. Die moes kwansuis keer dat die nuwe mat nie beskadig word nie. Toe is die nuwe gordyne met so goudgroen skynsel ook opgehang en die kinders het versigtig op die nuwe blokmat gaan sit. Hulle moes darem eers voel hoe \u2018n Super watsenaam ookal voel. Die baba het nogal geintereseerd na die patrone op die mat gestaar en probeer gryp na die prentjie van\u00a0 \u2018n pou met pronkende stertvere.<\/p>\n<p>Die tienjarige het sy speelkarretjies gaan haal en gou met sy karretjies versigtig nuwe paadjies op die mat ontdek.<\/p>\n<p>\u00a0Daardie aand het die bruinkopma se ouer broer sy kamera gebring en die gesin op die nuwe driesitplek grys bank laat sit, met twee van die kinders voor op die mat.Die kamera het wit geflits toe die foto geneem word en in daardie witflits die gesin gestol tot tydloosheid.<\/p>\n<p>\u00a0Hulle verhaal en die van die blokkiesmat sou nou altyd verweef wees.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Towertapyt-2a(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/08\/Towertapyt-2a2-300x208.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"208\" \/><\/p>\n<p><strong>Agulhasstraat, 7 Maart 2002<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0Bykans vier dekades\u00a0 nadat die mat die eerste keer sy verskyning gemaak het, daag die mense van Four Seasons Cleaners op om die mat te sjampoe en te was. Die mat was lank opgerol en gestoor, nou word dit weer oopgerol en benut. Die skoonmaakproses is \u2018n hele ritueel. Die bruin banke, stoele en tafel word van die mat weggeskuif en sy volle patroon word blootgel\u00ea. Skoonmaker Piet spuit eers \u2018n sagte warm sproeilagie oor die mat om dit klam te maak. Toe word dit sistematies gesjampoe en gesuig. Ek wonder of daar na al die jare en na agt verhuisings nog enige oorblyfsels van Floralaan 62 aan die mat kleef. Miskien net die herinneringe wat onlosmaaklik deel is van die matpatroon. Die metodiese sproei, sjampoe en suig neem ongeveer \u2018n halfuur. Toe herrys iets van die vroe\u00ebre glorie uit die middeljarige mat.<\/p>\n<p>\u00a0Ek staan en beskou die mat soos hy onthul voor my l\u00ea. Ma was tog reg, ek het geleer om van die mat te hou, selfs lief te word daarvoor. Ek gaan haal my kamera en korrel deur die lens: Ek sien die eweredige randpatroon en die middelblok wat amper soos \u2018n lyf lyk.<\/p>\n<p>Ek het onlangs die blokke die eerste\u00a0 keer in al die jare getel \u2013 een-en-veertig blokke, nagenoeg so oud as die mat seker is en\u00a0minder blokke as wat my lewensjare nou is. Die blokpatrone en ons familiestories is onlosmaaklik aan mekaar verweef. Ek neem die foto. \u2018n Leeftyd van geheuekiekies is aan die mat gekoppel.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Towertapyt-3a(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/08\/Towertapyt-3a2-300x208.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"208\" \/><\/p>\n<p><strong>Ibisana 9, Februarie 2009<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Met die inrig van my studeerkamer in ons Dupleks-meenthuis, kry die Towertapyt sy ereplek. Hy toon tekens van verwering na jare se gebruik.Tog het sy stories behoue gebly: Die onderskeie blokke met hul simboliese patrone is nog steeds herkenbaar. Volgens die boek wat Oosterse matpatrone verklaar, beeld die blokke die lewe en lewenssiklus uit. Die etiket met die naam van die mat het met die jare se gebruik losgekom en verdwyn. Dus is die naam van die mat maar net \u2018n vae onthou uit my kindertyd. \u2018n Verskeidenheid van meubels wat saam met die mat \u2018n kuierplek gevorm het, het metertyd verdwyn, maar die mat leef voort. Die agterkleinkinders van die man en die vrou wat die mat vyf-en-veertig jaar gelede gekoop het, speel nou op die mat.<\/p>\n<p>\u00a0In die mat is deel van ons familie- en lewensgeskiedenis verweef. Dit herinner ons aan kleintyd se onbesorgdheid en knielgesprekke met God tydens Huisgodsdiens. Dit vertel van daardie eerste kuiers van die sussies se k\u00earels en die veelbewo\u00eb dag toe ek en my ho\u00ebrskoolliefde op maat van Jenifer Juniper op die mat gedans het en Ma gedog het haar kind is nou op die Bre\u00eb Weg!<\/p>\n<p>\u00a0Die Towertapyt is ons eie onthoumat, ons Storiemat.<\/p>\n<p>\u00a0As ek Brandi Carlyle se trefferliedjie <em>The Story <\/em>hoor, dan is dit dit nie net die verhaal van \u2018n lewe nie en lewens nie, maar van die interverweefdheid van \u00a0Towertapyt\u00a0se verhaal en ons s&#8217;n:<\/p>\n<p>\u00a0All of these lines across my face<br \/>\nTell you the story of who I am<br \/>\nSo many stories of where I&#8217;ve been<br \/>\nAnd how I got to where I am<br \/>\nBut these stories don&#8217;t mean anything<br \/>\nWhen you&#8217;ve got no one to tell them to<br \/>\nIt&#8217;s true&#8230;I was made for you<br \/>\nI climbed across the mountain tops<br \/>\nSwam all across the ocean blue<br \/>\nI crossed all the lines and I broke all the rules<br \/>\nBut baby I broke them all for you<br \/>\nBecause even when I was flat broke<br \/>\nYou made me feel like a million bucks<br \/>\nYou do<br \/>\nI was made for you<br \/>\nYou see the smile that&#8217;s on my mouth<br \/>\nIt&#8217;s hiding the words that don&#8217;t come out<br \/>\nAnd all of my friends who think that I&#8217;m blessed<br \/>\nThey don&#8217;t know my head is a mess<br \/>\nNo, they don&#8217;t know who I really am<br \/>\nAnd they don&#8217;t know what<br \/>\nI&#8217;ve been through like you do<br \/>\nAnd I was made for you&#8230;<br \/>\nAll of these lines across my face<br \/>\nTell you the story of who I am<br \/>\nSo many stories of where I&#8217;ve been<br \/>\nAnd how I got to where I am<br \/>\nBut these stories don&#8217;t mean anything<br \/>\nWhen you&#8217;ve got no one to tell them to<br \/>\nIt&#8217;s true&#8230;I was made for you\u2026<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Floralaan 62, 1964 \u00a0Eendag lank, lank gelede (skuins na die middel van die vorige eeu) het daar \u2018n meubelwa voor \u2018n stewiggeboude drieslaapkamerhuis aan die voet van Goudkop gestop. Uit die meubelwa is daar \u2018n donkergrysbank en twee bypassende grys stoele gelaai. \u00a0Dit is die huis ingedra en eenkant in \u2018n ry gepak. Die nuuskierige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-706","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/706","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=706"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/706\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":713,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/706\/revisions\/713"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=706"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=706"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=706"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}