{"id":731,"date":"2011-09-14T15:55:18","date_gmt":"2011-09-14T13:55:18","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=731"},"modified":"2011-09-14T16:04:30","modified_gmt":"2011-09-14T14:04:30","slug":"n-swaeltjiejaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=731","title":{"rendered":"&#8216;n Swaeltjiejaar"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"DSCF0538a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/09\/DSCF0538a-2-230x300.jpg\" alt=\"\" width=\"230\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>\u201cDie wonderlikste ding het gebeur!\u201d\u00a0 Tannie Susan se helder blou o\u00eb blink van opgewondenheid \u201cMy swaeltjies het gister teruggekom!\u201d Sy vertel verder: &#8221; Gister sit ek op die stoep en kyk na die lenteblomme in die tuin. Skielik is daar &#8216;n beweging &#8211; die volgende oomblik swiep my swaeltjie by my verby en gaan presies by die tonneltjie van sy moddernes in. So asof hy glad nie vir &#8216;n paar maande weg was nie. Hoe die kleine vo\u00ebltjie met so piepklein breintjie die ingewikkelde navigasie oor die see tot in sy huisie van laasjaar uitvoer, gaan my verstand te bowe. Dit bly vir my &#8216;n wonderwerk!&#8221;<\/p>\n<p>Ons het pas nagmaal gevier in die ou historiese kerkgebou in Philippolis en is nog so bewus van die genadebrood en wyn wat daar uitgedeel is. &#8220;Die swaeltjie se terugkeer bly vir my net so groot genade en wonderwerk soos dit waarvan ons vanoggend in die diens gehoor het &#8211; &#8216;n sorgsame Vader wat weet wat ons nodig het. Die swaeltjies se terugkompreek praat met my&#8221;, s\u00ea sy terwyl haar o\u00eb &#8216;n effense traanblinkigheid vertoon.<\/p>\n<p>Tannie Susan is reg &#8211; die eenvoud van &#8216;n swaeltjie se terugkeer na sy nessie is &#8216;n hele preek op sy eie.\u00a0 Die swaeltjie word meermale i die Bybel tog by name genoem:<\/p>\n<p>&#8220;Die trekooievaar ken sy tye van kom en gaan, die tortelduif, die swaeltjie en die kraanvo\u00ebl kom op \u2019n vaste tyd terug&#8230;.&#8221; (Jer 8:7) en ook in Ps 84:4:&#8221;Selfs \u2019n mossie het \u2019n nes en \u2019n swaeltjie \u2019n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God! \u00a0Hoekom sal so eenvoudige vo\u00ebltjie dan nie met ons kan praat oor God se tydberekening en voorsiening nie?<\/p>\n<p>Die oggend van 12 November 2007 sit ons in die tuin voor die Louis Pasteur hospitaal in Bloemfontein. Dit is boet Ewald se eerste dag buite na sy\u00a0ernstige ongeluk\u00a0ses weke vantevore.\u00a0Ons het hom in\u00a0&#8216;n rolstoelstoel na buite gestoot sodat hy iets van die weldadigheid van die somerson op sy vel kan voel. Hy kyk om hom rond, baie bewus van die vo\u00eblgeluide wat die oggend vul.<\/p>\n<p>\u201cOns moet vir die Son-charger vra waar al die swaeltjies vanjaar uitbroei, want dis \u2018n swaeltjiejaar,\u201d s\u00ea hy terwyl hy fronsend in die son sit en sy o\u00eb half toeknyp teen die oordaad van lig wat skyn. Sy\u00a0hare is grys gestippel. Deur die kort hare is daar letsels op sy kopvel sigbaar. Tog herinner hy ons aan die genade van &#8216;n swaeltjiejaar.<\/p>\n<p>&#8216;n Swaeltjiejaar is &#8216;n genadejaar. &#8216;n Bewus-wees-van-oorvloed-jaar.<\/p>\n<p>Soms stuur die Vader selfs &#8216;n swaeltjiekoor om ons daaraan te herinner: In my joernaal sien ek die volgende inskrywing by die datum 17 Desember 2009:<\/p>\n<p><em><strong>&#8216;n Swaeltjiekoor dag<\/strong><\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0\u201c\u00a0Vanoggend lees ons die gedeelte uit ons dagstukkie\u00a0 boek: \u2013IL de Villiers haal Ps 78 aan:<\/em><\/p>\n<p><em>Maar Hy bly genadig. Hy vergewe sonde. Hy het daaraan gedink dat hulle maar mense is, wind wat verbywaai en nie terugkom nie. (Ps 78:38,39)<\/em><\/p>\n<p><em>Izak vertel nav\u00a0van die gedeelte van &#8216;n\u00a0God wat genadig bly. Hy lig dit toe met die vertelling oor die toe hy(Izak) in Geneve voor die muur van die Hervorming gaan staan het, te midde van die kwaai sneeuval wat die stad getref het. Terwyl hy so voor die reuse standbeelde staan van Calvyn, Farrel, Beza en Zwingli staan, gaan daar\u00a0baie gedagtes deur sy kop. Almal mense wat help vorm het aan dit wat ons as gereformeerdes glo, maar tog ook feilbare mense \u2013 wind wat verbywaai en nie terugkom nie.<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0Dit word \u2018n vreemde dag op Philippolis, maar tog lekker. Ons bly besig met allerlei takies in en om die huis. Ons koop verf by Kooperasie. Ek skuur af en Lynette verf. Die kombuiskaste en -deur word getakel &#8211; die vuil roomkleur word &#8216;n helder wit. Laatmiddag gaan stap ons deur die dorp. Kyk na veranderinge\/verbeteringe en insinkings. Stap ook by Antie Emily restaurant verby en loer na binne. Die tafeltjies is mooi gedek en daar\u2019s blomme in \u2018n bak. Die \u201cpub\u201d deel van die uithangbord is afgekrap. Ons ontmoet een van die huidige vennote wat die plek huur. Sy vertel van hulle werk en planne.<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0Enersyds is dit goed om te sien dat daar weer lewe in die eetplek is en andersyds beklemtoon dit weer Ewald se afwesigheid. Ons stap terug huis toe en ek voel so diep melankolie oor my toesak. Voel so\u00a0holkol verlange na Ewald. Ek mis hom en sy entoesiasme vir die winkel, die bakkery, die Coffee Shop en die dorp. Dit voel leeg en futloos sonder hom. Kom tuis en sit bietjie op die stoep terwyl Lynette die kaste en deur nog \u2018n verflaag gee. Sien hoe blou die lug is en die mooi wolkpatrone. Merk ook op hoe die swaeltjies en ander vo\u00ebltjies hulle tuismaak op die verskillende telefoondrade. Daar is vier drade en in my kop vorm\u00a0die drade \u2018n notebalk. Die sit van die voeltjies op die verskillende \u201cnotebalk\u201d-drade vorm \u2018n eie wysie, wat ek my kan verbeel ek hoor. &#8216;n Bemoedigende swaeltjiekoor.<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0Ek dink weer aan Ewald se opmerking die dag by Pasteur-hospitaal: \u201cDis vanjaar \u2018n swaeltjiejaar,\u201d het hy duidelik verklaar.<\/em><\/p>\n<p><em>Ineens is daar &#8216;n vreemde kalmte in my binneste. Die Swaeltjievader sorg steeds, vir Ewald, vir ons, vir die dorp en vir sy skepping.<\/em><\/p>\n<p>Kort na die groot gebeurtenis van die eeuwending (Oktober 2000) \u00a0beleef ek so tyd van oorlewing. Ek is steeds enkellopend, nou ook alleen in die gemeente nadat my kollega met wie ek sestien jaar saamgewerk het sy demissie ontvang het die jaar tevore. Ek voel maar broos en uitgelewer.<\/p>\n<p>Vrydagoggend 20 Oktober 2000 sien ek &#8216;n beriggie in die koerant\u00a0oor &#8216;n kunsuitstalling in Freshford museum in Bloemfontein die naweek. Daar is &#8216;n foto van die kunstenares Hannetjie de Clercq wat haar skilderye daar uitstal. Op die foto in die koerant\u00a0kniel sy by &#8216;n esel met &#8216;n skildery van &#8216;n gemaskerde vrou wat stap voor &#8216;n oker muur verby met &#8216;n kerktoring en swaeltjies sigbaar agter die muur. Die vrou is kaalvoet en loop met &#8216;n stingel fyn rooi blommetjies in haar hand. Die skildery maak &#8216;n diep indruk op my en ek besluit om die naweek, terwyl ek in Bloemfontein kuier, &#8216;n draai by die uitstalling te maak. Die Vrydag bly ek te besig in die stad en vergeet om daar uit te kom. Satermiddag net na ete onthou ek weer daarvan, maar dink dat dit te laat is. Ek bel die museum en hoor dat die uitstalling oor &#8216;n halfuur sluit. Ek haas my soontoe. Toe ek instap, sien ek dadelik die skildery wat in die koerant vertoon is. Dit het &#8216;n rooi plakkertjie op. Ek is half teleurgesteld en loop deur die res van die uitstalling. Dit is mooi, maar nie een van die skilderye tref my soos die een op die onderste vloer nie. Toe ek weer afstap met die trap, staan Hannetjie voor die skildery. Sy het sopas die rooi plakkertjie afgehaal. Ek groet en vra haar of die skildery verkoop is. &#8220;Nee&#8221;, antwoord sy, &#8220;die mense het sopas laat weet dat hulle dit nie meer sal neem nie.&#8221; Ek voel die stuwing van opgewondenheid in my binneste. &#8220;Vertel my meer van die skildery&#8221;, vra ek haar.<\/p>\n<p>&#8220;Ek was vroe\u00ebr vanjaar in Portugal en het die dag by &#8216;n straatkafeetjie gesit toe die prentjie hom voor my afspeel. &#8216;n Vrou het voor my verbygestap met so huppel in haar stap. Toe het ek die konsep vir die skildery gekry. Daardie huppel&#8221;&#8216; en Hannetjie boots dit na waar sy voor die skildery staan&#8221; het vir my soos joie-de-vivre gelyk en ek wou dit vasl\u00ea.&#8221;\u00a0<\/p>\n<p>Ek weet duidelik: die skildery moet ek h\u00ea, want dit vertel &#8216;n storie &#8211; &#8216;n storie wat ook my lewensstorie raak. Want ek kort daardie huppel. Ons onderhandel oor die afbetaling en ek word die trotse eienaar van die &#8220;joie-de-vivre-skildery. Hannetjie teken haar naam agterop en skryf die datum: 21 Oktober 2000.<\/p>\n<p>Eers laataand by die huis toe ek die skildery onthul teen my eetkamermuur, sien ek dat naas die drie swaeltjies wat in die lug vlieg, daar ook drie swaeltjies op die muur geverf is waar de vrou verbystap. &#8216;n Swaeltjiesomer-skildery.<\/p>\n<p>Ek voel ineens &#8216;n ligtheid oor die Vader se sorg. Hy weet wat ons nodig het, selfs nog voor ons vra. Ook presies wanneer ons dit nodig het.<\/p>\n<p>Die vrou met haar bossie blomme weet dit.\u00a0Beaam dit. Elke oggend as ek wakkerword en na die skildery teen ons kamermuur kyk, weet ek dit ook. Veral ook as ek kyk na my reisgenoot-vrou wat langs my l\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u201cDie wonderlikste ding het gebeur!\u201d\u00a0 Tannie Susan se helder blou o\u00eb blink van opgewondenheid \u201cMy swaeltjies het gister teruggekom!\u201d Sy vertel verder: &#8221; Gister sit ek op die stoep en kyk na die lenteblomme in die tuin. Skielik is daar &#8216;n beweging &#8211; die volgende oomblik swiep my swaeltjie by my verby en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-731","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/731","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=731"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/731\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":735,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/731\/revisions\/735"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=731"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=731"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=731"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}