{"id":78,"date":"2010-06-26T14:02:07","date_gmt":"2010-06-26T12:02:07","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=78"},"modified":"2010-06-26T17:29:56","modified_gmt":"2010-06-26T15:29:56","slug":"halte-solitaire","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=78","title":{"rendered":"Halte: Solitaire"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Solitaire.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-80\" title=\"Solitaire\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Solitaire-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Solitaire-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/06\/Solitaire.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Om met &#8216;n engel te reis (vgl vorige inskrywing), bepaal weliswaar jou roete, maar vrywaar jou nie van vreemde haltes nie. Soos Halte Solitaire. Die halte kan baie name h\u00ea. Sommige noem die halte Eenzaamheid.\u00a0Verlatenheid.\u00a0Wanhoop. Desperado. Uit-dieptes-gans-verlore. Tog is dit belangrik dat jy juis by die halte sal aandoen, sodat jy meer perspektief op die res van die reis kan h\u00ea. Vir Elia was dit &#8216;n belangrike ontmoetingsplek met &#8216;n engel toe hy by Halte Besembos gaan l\u00ea het en gewens het om dood te gaan. (1 Kon 19). Eers toe hy die engel met die waterkruik en die roosterkoek raaksien, is hy genoeg versterk om vorentoe (oop-oog) te reis.<\/p>\n<p>Soms voel dit mos vir &#8216;n mens of al die paaie in jou lewe na hierdie eensame stasie toe lei. Daarvan sing Neil Sedaka in sy liedjie Solitaire:<\/p>\n<p>There was a man, a lonely man<br \/>\nWho lost his love, through his indifference<br \/>\nA heart that cared, that went unshared<br \/>\nUntil it died within his silence<\/p>\n<p>And solitaire&#8217;s the only game in town<br \/>\nAnd every road that takes him, takes him down<br \/>\nWhile life goes on around him everywhere<br \/>\nHe&#8217;s playing solitare&#8230;<\/p>\n<p>Die liedjie het vir my oor die jare meer as &#8216;n toestand geword, dit het &#8216;n plek geword met sy eie sombere inkleding van menswees. &#8216;n Halte waar jy nie graag wil vertoef nie, want dit vertel van isolasie, mislukking, teleurstelling en uitsigloosheid. Om uitgerangeer te wees op &#8216;n ongebruikte syspoor.\u00a0Tog bevind jy jou soms daar (dikwels a.g.v. jou eie verkeerde keuses).<\/p>\n<p>Gedurende \u00a0Julie 2005 reis ek as deel van &#8216;n groep vanaf Swakopmund na Windhoek.\u00a0Ons neem die\u00a0woestynroete en \u00a0beleef stukke onherbergsaamheid, &#8216;n maanlandskap en die verrassing van &#8216;n Welwitschia wat hardnekkig voortbestaan in die onherbergsame omgewing.<\/p>\n<p>Ons woestynreis lei uiteindelik tot groter tekens van &#8220;beskawing&#8221; wat begin opduik. So beland ons\u00a0 by &#8216;n bordjie wat &#8216;n afdraaipad aandui.\u00a0Sou ons reguit aanhou ry met die pad, is ons bestemming &#8216;n plekkie genaamd Solitaire. Draai ons egter\u00a0na links af,\u00a0dan wag die weelde van &#8216;n bederf-kuier in van Windhoek op ons. Ek klim uit en neem die bordjie af.\u00a0 Dis die naaste wat ek nog in lewende lywe aan Solitaire gekom het, alhoewel ek die toestand al lank ken. Ons draai links Windhoek toe. Soms is Halte Solitaire &#8216;n keuse wat jy kan vermy. Soms moet jy deurdruk en via Solitaire na jou eindbestemming reis.<\/p>\n<p>Kruispadkeuses.<br \/>\nIn die film Sliding Doors word Helen Quilley (vertolk deur Gwyneth Paltrow) se lewe as&#8217;t ware in twee gedeel nadat sy onverwags afgedank word by haar werk. \u00a0Alles wentel rondom die\u00a0feit of \u00a0sy betyds die trein haal of\u00a0 nie. In die eerste scenario\u00a0is sy net betyds om wel in die trein te klim voordat die glydeur\u00a0toeskuif. Sy ontmoet &#8216;n aangename man, James. Sy kom vroe\u00ebr as gewoonlik by die huis en betrap haar\u00a0kerel\u00a0op heterdaad waar hy ontrou is aan haar. In die alternatiewe weergawe mis sy net-net die trein, word sy beroof en beland sy uiteindelik heelwat later tuis en word haar ontroue kerel nie betrap nie. Die fliek bou op elk van die verhaalllyne voort &#8211; In die eerste geval: Helen wat beheer van haar lewe neem, nadat sy haar ontroue kerel afges\u00ea het. Sy verhuis, kry &#8221;n nuwe haarkapsel, begin\u00a0&#8216;n nuwe werk en &#8216;n bou &#8216;n moeitewerd verhouding op met James, haar nuwe vriend. In die parallelle verhaal bly sy in &#8216;n afbrekende verhouding met haar ontroue kerel Gerry en moet sy later as kelnerin werk net om hulle te onderhou. Haar doelbewuste inspanning om betyds die trein te haal, bepaal uiteindelik die gang van haar hele lewe. In die eerste\u00a0geval leer sy om nuwe (goeie) keuses te maak en neem haar lewe &#8216;n\u00a0positiewe wending. In die ander geval bly sy slagoffer van haar omstandighede en spiraal haar lewe afwaarts.<\/p>\n<p>Dit is onvermydelik dat Halte Solitaire soms in &#8216;n mens se lewe opduik. Vir Elia en Moses was hulle woestynervarings &#8216;n voorbereidende leerskool om nog meer te kon verrig en te kon fokus op die eintlike taak waarvoor hulle bestem was. Ook Jesus se versoekingstydperk in die woestyn word die basis van sy oorwinning. Tog moet mens nie van Halte Solitaire jou permanente blyplek maak nie. Die gevaar is om jou te begin verlustig in jou lot, weg te sak in &#8216;n put van selfbejammering en\u00a0&#8216;n\u00a0martelaarshouding\u00a0 te kweek. Alles en almal is teen my. My lot is swaarkry en ellende. Ek is van mens en God verlate.<\/p>\n<p>Niemand hoef by Halte Solitaire\u00a0bly vertoef nie. Gelukkig is daar &#8216;n trein wat ook van hierdie Halte vertrek vir diegene wat oop-oog en\u00a0met verwagting reis. Die trein se reis het begin by Halte Golgota. Sy bestemming is die stad waarvan Laurika Rauch so aanrypend sing in Hot Gates:<\/p>\n<p>There&#8217;s another city I&#8217;ve been told, where the streets are paved wih gold&#8230;<\/p>\n<p>Die trein heet Kainos. Nuwe Begin. Maak seker dat jy op die perron is en betyds by die trein se glydeur inklim. Daar l\u00ea opwindende haltes anderkant Solitaire.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om met &#8216;n engel te reis (vgl vorige inskrywing), bepaal weliswaar jou roete, maar vrywaar jou nie van vreemde haltes nie. Soos Halte Solitaire. Die halte kan baie name h\u00ea. Sommige noem die halte Eenzaamheid.\u00a0Verlatenheid.\u00a0Wanhoop. Desperado. Uit-dieptes-gans-verlore. Tog is dit belangrik dat jy juis by die halte sal aandoen, sodat jy meer perspektief op die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-78","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/78","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=78"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/78\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":82,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/78\/revisions\/82"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=78"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=78"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=78"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}