{"id":780,"date":"2011-10-24T22:55:44","date_gmt":"2011-10-24T20:55:44","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=780"},"modified":"2011-10-24T22:55:44","modified_gmt":"2011-10-24T20:55:44","slug":"n-nuwe-begin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=780","title":{"rendered":"&#8216;n Nuwe begin"},"content":{"rendered":"<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Turk-08a 415\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/10\/Turk-08a-415-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>Daar is iets skrikwekkend wonderlik aan \u2018n nuwe begin.<\/p>\n<p>\u00a0Wonderlik. Dis my eerste skooldag in Saamtrek Laerskool, Klerksdorp. My nuwe grys skoolhemp en skoolbroek ruik nog winkelnuut. So ook my blinkgepoetste swart skoene en bruin bokstassie. Uiterlik is ek \u2018n splinternuwe vyfjarige wat die grootskool vol bravade aandurf.Nuwe gesigte, nuwe maats, nuwe w\u00eareld.<\/p>\n<p>\u00a0Skrikwekkend. Binnekant bewe ek oor al die vreemde dinge, veral die groot groen sirene wat op die dak van die gebou is, reg bo die ingang van die \u201cHoof\u201d se kantoor. Ek sien al in my gedagtes so swewende kwaai kop wat orals rondbeweeg en heeltyd loer of jy nie dalk iets verkeerd doen en jou dan kantoor toe neem nie! Gelukkige land ek in die simpatieke Juffrou Ackerman se klas en die grootskool word \u2018n avontuur vol ontdekkings en \u2018n versigtige vermyding van die \u201cHoof\u201d.<\/p>\n<p>\u00a0Op die vooraand van ons trek na die meenthuis, sit ek in my studeerkamer met sy vreemd-le\u00eb rakkke en skryf die volgende:<\/p>\n<p>\u00a0\u201cOns het netnou net teruggekom van die nuwe blyplek en is nou opgewonde. Die nuwe vloer is in, die mat is gel\u00ea in die kamer, &#8216;n gunsteling skildery hang reeds as deposito vir die res wat moet volg en ons raak sommer opgewonde!<\/p>\n<p>\u00a0Ja, ons is diep moeg van die afgelope weke se pakkery en die laaste paar dae se voorlopige karweiery van goed. Ek was al bly\/ kwaad\/ ge-irriteerd\/ gelate\/uitgelate\/onseker\/ opgewonde\/ neerslagtig\/ laissez-faire\/doodmoeg en baie energiek.<\/p>\n<p>\u00a0Tog voel dit vreemd om in (my ou) \u00a0studeerkamer met sy le\u00eb boekrakke te sit\u00a0 (selfs die oranje engel is gepak!) &#8211; agter my rug &#8216;n stapel kartonne en net die geraamte van die oorvol vertrek wat toekyk. Dink onwillekeurig aan baie gesprekke wat hier gevoer is en baie preke wat hier beslag gekry het. Selfs enkele stories wat hier gebore is.<\/p>\n<p>\u00a0Ek voel byna soos daardie gedig wat vertel van die Dominee wat op &#8216;n Maandagoggend by die kerk instap waar skoonmakers afkondiging blaadjies\/opgefrommelde tissues ens. uit die kerk vee en dit dan vir die Dominee voel af sy preek net so saam met die vullis\u00a0uitgevee word&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0Jackson Browne sing so treffende liedjie op sy plaat\/CD \u201cRunning on empty\u201d (het die plaat juis tydens my grenskamp in 1988 leer ken) Die snit se naam is &#8220;The load out&#8221; Dit vertel van die sanger wat na die vertoning\u00a0die aand toe al die toehoorders reeds weg is, alleen op die verhoog sit en op sy klavier speel terwyl die Crew besig is om die instrumente te laai vir die reis na die volgende optrede. Dan bly hy hardnekkig speel, totdat dit onvermydelik tyd is om ook die klavier op te pak. Die liedjie\u00a0 gaan dan \u00a0oor in die die bekende &#8220;Stay&#8221;. (Oh won&#8217;t you stay just a little bit longer&#8230;)<\/p>\n<p>Dis tyd om my rekenaar te pak&#8230;..\u201d<\/p>\n<p>\u00a0Kort \u00a0na ons intrek in ons nuwe blyplek blyk my \u201ctrekmoegheid\u201d\u00a0 duidelik uit my geskrif van daardie dag:<\/p>\n<p>\u201cOp die Richterskaal van menslike trauma, moet trek kort op sterfte, egskeiding en gevreesde siekte se hakke l\u00ea, want dit sny tot in jou kern. Jou hele lewe word uitgestal \u2013 eers op die grasperk vir al die nuuskierige verbygangers om te beoordeel en dan weer op die sypaadjie van die nuwe huis vir die nuuskierige bure om te takseer. Uiteindelik word dit genadeloos oopgevlek met die uitpak. Ek sidder weer as ek dink aan al die kommentaar wat die vrouediens se vrywillige korps\u00a0 lewer terwyl hulle in die goeie (?) ou dae solank al die nuwe dominee se goedjies uitgepak en bestudeer het. Sommer dan en daar ook \u2018n waarde-oordeel vel oor die smaak, finansiele toestand, netheid, ens van die arme niksvermoedende dominee.<\/p>\n<p>\u00a0In my magtelose frustrasie na die trek, toe al die bokse opgestapel staan en \u2018n aantal los goetertjies oral rondstaan en die gewillige helpers steeds indra en aandra uit die \u201cou\u201d huis wat soos die spreekwoordelike weduwee se kruik weier om leeg getap te word, het ek hierdie woorde in duidelike skrif neergepen:<\/p>\n<p>\u00a0Trek.<\/p>\n<p>Frustrasie<\/p>\n<p>Konfrontasie<\/p>\n<p>Doodgaan\u2026<\/p>\n<p>\u00a0Die verbyparadeer van jou lewe<\/p>\n<p>In stadige mars<\/p>\n<p>Uitmergelend tydsaam<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soos outydse stilraampies in \u2018n fliek wat die toneel tot op die droesem uitmergel.<\/p>\n<p>\u00a0Uitgelewer.<\/p>\n<p>Blootgel\u00ea<\/p>\n<p>\u2018n kaal huis<\/p>\n<p>Besittings wat allemansgoed word<\/p>\n<p>Straatparade<\/p>\n<p>\u2018n intieme veiling van binnegoed<\/p>\n<p>\u2018n oopvlek van klein memento\u2019s en groot veilingstukke.<\/p>\n<p>\u2018n uitgerekte martelsessie met \u2018n\u00a0 sadistiese kykweer funksie<\/p>\n<p>\u00a0Hoekom?hoekom?hoekom soveel goed?<\/p>\n<p>Soveel boeke?<\/p>\n<p>Soveel breekgoed?<\/p>\n<p>Soveel kaggelkakkies?<\/p>\n<p>Soveel klere?<\/p>\n<p>Soveel linne?<\/p>\n<p>Soveel gereedskap?<\/p>\n<p>Soveel papiere?<\/p>\n<p>Soveel foto\u2019s?<\/p>\n<p>Soveel musiek?<\/p>\n<p>Soveel goeters?<\/p>\n<p>\u00a0Here, Vader, hoekom laat mens toe dat jy in \u2018n poel van gesuspendeerde goeters vasgesuig word totdat dit jou gans en al oorspoel \u2013 toeslik, insuig, bedek, begrawe.<\/p>\n<p>\u00a0Here \u00a0ek is so moeg van goeters.<\/p>\n<p>Goeters wat weggepak,<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Afgestof,<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Versorg\u00a0 moet word.<\/p>\n<p>\u00a0Ek wil \u2013 eenvoud<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Stilte<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Gestrooptheid<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Minimalisme<\/p>\n<p>\u00a0Ek dink weer aan \u2018n voorgeskrewe verhaal in ons Matriekjaar \u2013 \u201cWat gebeurde er met Sersant Massuro?\u201d Sersant Massuro het\u00a0 op \u2018n dag net swaarder begin word \u2013 so swaar uiteindelik dat ht deur die vloer van sy huis val. Die gewig van herinnering en skuld wat hy sy lewe lank saamgedra het, het hom ingehaal. Maar ek voel soos ie eietydse Sersant M wat te veel goed bymekaargemaak het.<\/p>\n<p>\u00a0Sersant Massuro val dwarsdeur die vloer van sy Duplex. Toe hy die grondvlak tref val hy deur die fondament en deur die aardkors, tuimelend tot in die diepste diepte.<\/p>\n<p>\u00a0S\u00ea gister ewe spottende\u201d \u201cOns het \u2018n\u00a0pakhuis vol\u00a0goed.\u201d Maar hierdie goed kom teen \u2018n baie duur prys \u2013 dit maak mens swaar. Swaarder nog as Sersant Massuro.<\/p>\n<p>Dooie gewig.<\/p>\n<p>Soos \u2018n lewensgrootte loodsinker wat sak,sak, sak.<\/p>\n<p>\u00a0Ek wil berge uitklim, maar Koppie Alleen is nie hoog genoeg nie!<\/p>\n<p>Ek wil Kilimandjaro leen vir \u2018n dag \u2013 dat ek my kan moegloop met iewers \u2018n belofte van \u2018n sneeupiek einde.<\/p>\n<p>\u00a0Trek lyk my werk soos\u00a0 &#8216;n bi-pol\u00eare versteuring &#8211; baie uiterstes en die laagtepunte is baie laag. Tog begin die nuwe wat sigbaar word nou die afwagting laat groei. Een ding weet ek &#8211; ek wil baie minder Goeters h\u00ea, want goeters maak mens loodswaar. Die ballade van die Groot Begeer en die Groot koop neem volledig weerwraak as mens trek. Die eens brandende\/koorsige koopvuur\/begeerte het verander in vale assies en hordes kartonne!<\/p>\n<p>\u00a0Ek verlang omtrent na my grensdiens in 1979, toe ek gewapen net met &#8216;n groot bliktrommel en army-sak (ja daardie veelberugte een!)\u00a0 Grens toe vertrek het vir drie maande. En baie goed daar oorleef het met die boeke en musieke ens wat ek wel in die trommel kon inpas.<\/p>\n<p>\u00a0Gelukkig kon ek \u2018n paar maande na die trek skryf:<\/p>\n<p>\u00a0Nouja, dis vier maande later en die rekenaar is weer uitgepak en aan\u2019t werk in \u2018n nuwe studeerkamer \u2013 die keer op die boonste vloer! Ons het sowaar die trekkery, met al sy aanhangsels oorleef. Ons is gevestig. Familie en vriende het al kom kuier en gesien hoe ons bekende dinge nou \u2018n nuwe staanplek gekry het. Die skrikwekkende is agter die rug. Nou ervaar ons iets van die wonder van \u2018n nuwe voordeur, blyplek, omgewing, bure. \u2018n Nuwe roete na steeds bekende winkels, bakens toe.<\/p>\n<p>\u2018n\u00a0 Nuwe tuintjie (baie kleiner maar tog lekker interessant en baie hanteerbaar!). Selfs die honde is rustiger in hul nuwe kleiner werf.<\/p>\n<p>\u00a0Ek lees in Openbaring 3:7,8 van die belofte wat aan die gemeente van Filadelfia gegee word:<\/p>\n<p>\u00a0So s\u00ea die Heilige, die Ware God,Hy wat die sleutel van Dawid het,<\/p>\n<p>wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie,<\/p>\n<p>en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie:<\/p>\n<p><sup>8<\/sup>Ek weet alles wat julle doen.<\/p>\n<p>Kyk, Ek het \u2019n deur voor julle oopgesluit<\/p>\n<p>\u00a0en niemand kan dit weer toesluit nie.<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Deur is \u2018n opwindendende ding. Veral as jy nog voor \u2018n ongeopende deur staan en wonder hoe dit anderkant lyk: Die Griekse woord Thura kan letterlik \u2018n deur wees, maar ook \u2018n hek, portaal of ingang na iets nuuts.<\/p>\n<p>\u00a0Terwyl ek dan vanoggend voor my rekenaar sit in my nuwe omgewing is daar \u2018n opgewondenheid oor deure wat op die regte tyd moes sluit agter my en nuwe deure wat op geoliede skarnier oopswaai.<\/p>\n<p>\u00a0Te midde van die skrikwekkende deel van verhuis en minder maak, is daar die wonderlike wete: Hy wat die nuwe deur en nuwe fase oopsluit is die Getroue, die Sleuteldraer. Die Een wat nie net sy belofte oor nuutheid gee nie, maar dit ook elke dag\u00a0 waarmaak.<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Nuwe begin. \u2018n Oop deur. Ek sien die sonstrale buite in die tuin op die Abelia se blare blink. En op die vlerke van \u2018n nuuskierige bosduif wat op my vensterbank kom sit.<\/p>\n<p>\u00a0Ek is tuis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0 Daar is iets skrikwekkend wonderlik aan \u2018n nuwe begin. \u00a0Wonderlik. Dis my eerste skooldag in Saamtrek Laerskool, Klerksdorp. My nuwe grys skoolhemp en skoolbroek ruik nog winkelnuut. So ook my blinkgepoetste swart skoene en bruin bokstassie. Uiterlik is ek \u2018n splinternuwe vyfjarige wat die grootskool vol bravade aandurf.Nuwe gesigte, nuwe maats, nuwe w\u00eareld. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-780","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/780","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=780"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/780\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":783,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/780\/revisions\/783"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}