{"id":785,"date":"2011-11-03T22:01:19","date_gmt":"2011-11-03T20:01:19","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=785"},"modified":"2011-11-04T11:06:51","modified_gmt":"2011-11-04T09:06:51","slug":"n-gerfdraer-pa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=785","title":{"rendered":"&#8216;n Gerfdraer-Pa"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Bokkie-4a-21.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-795\" title=\"Bokkie-4a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Bokkie-4a-21-164x300.jpg\" alt=\"\" width=\"164\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Bokkie-4a-21-164x300.jpg 164w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Bokkie-4a-21-559x1024.jpg 559w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Bokkie-4a-21.jpg 836w\" sizes=\"auto, (max-width: 164px) 100vw, 164px\" \/><\/a>\u00a0<\/p>\n<p>November is vaartversnellingmaand. Spoed-na-die-einde-van-die-jaar-maand. Pa-se-maand.<\/p>\n<p>\u00a0Pa se verjaarsdag op 5 November het altyd die feesgety op \u2018n manier ingelui, veral vroe\u00ebr jare toe Guy Fawkes vieringe nog gereeld op die dag gevier is met \u2018n salvo vuurwerke. Ek onthou spesifiek die een verjaarsdagviering\u00a0(ek dink dit was in 1967) toe ons Pa se verjaardag in Virginia gevier het. Ons het kombuis- en eetkamerstoele uitgedra om die vier\u00a0tuinstoele aan te vul.<\/p>\n<p>Daar was familie die aand saam met ons. Ouma Bets (Pa se Ma) het ook daar gekuier. Die stoele het almal in &#8216;n kring onder die groot Elmboom gestaan. Die gesprek was op dreef en die gelag het vrolik opgeklink. Ouma Bets het op een van die kombuisstoele gesit wat so &#8220;S&#8221;: vorm gehad het &#8211; dus nie vier soliede pote nie maar\u00a0 &#8216;n \u00a0gechroomde S-buig het die stoel gevorm met &#8216;n geel\u00a0&#8220;pannelite&#8221; rugkant en sitplek. Iewers het ons onthou dat Guy Fawkes mos op die dag gevier moet word (dit was die jare voor die verbod op die skiet van klappers en vuurwerke in woonbuurte gegeld het). My pa\u00a0 het &#8216;n paar vuurpyle afgevuur en ons het verwonderd gekyk na die ligstreep wat in duisende sterretjies ontplof. Maar die pret moes nader tuis kom. Ek en &#8216;n paar handlangers het van die klein rooi klappertjies geneem wat so styf teenmekaar gebind is en dan so reeks ontploffinkies maak as dit aan die brand gesteek word. Ons het een van die &#8220;slangetjies&#8221; geneem en \u00a0versigtig nadergesluip terwyl die grootmense heerlik aan die gesels was in hulle stoelekring. Die lont is \u00a0versigtig aan die brand gesteek en toe ewe onder ouma Bets se stoel gegooi! Toe die eerste ontploffing begin het ouma met &#8216;n kragwoord opgevlie, maar die stoel het half vorentoe getiep en ouma het gestruikel-val tot in die middel van die kring. Ons het nie soveel reaksie verwag nie, want terwyl die rits klappertjies nog al springend ouma as&#8217;t ware volg, \u00a0het en meer mense opgevlieg\u00a0 en gegil.Ek kon\u00a0my Pa se dreigende houding sien toe hy naderkom, maar tog ook met \u00a0&#8216;n sweempie van &#8216;n glimlag oor die herrie wat ons ons veroorsaak het. Ek wou maar net sorg vir &#8216;n &#8220;jollie&#8221; verjaarsdag vir my Pa , maar die pak slae was ook maar jollie seer!<\/p>\n<p>Ons het baie name vir jou gehad, Pa Bokkie.<\/p>\n<p>\u00a0Kleintyd het ons jou Deddie of Dedda genoem (n.a.v\u00a0daddy wat ons verafrikaans het). \u00a0Later het ons besef ons moet meer korrek Afrikaans wees en het jou\u00a0, Pa of soms Pappie genoem. Met \u2018n Deddie wat soms onvermydelik deurglip. Later\u00a0 toe ons ouer geword het was dit\u00a0 net versigtig-korrek:Pa.<\/p>\n<p>\u00a0Tog het jou Dedda-eienskappe gebly : die humor waarmee jy die tranerigheid in \u2018n onwillige en later oorgegewe glimlag kon verander. Die liedjies waarmee jy ons kon vermaak en soms treiter. Jou kleintyd verhale &#8211; hoe jy as opgeskote knaap &#8216;n likkewaan geskiet het en vir jou &#8216;n horlosiebandjie uit sy vel gemaak het. Jou kenmerkende breiklank\u00a0 in die stem wat so reg uit jou mond geklink het, veral as jy Sondae lustig Ou Ryperd gesing het met die lekker breiklank op die &#8220;R&#8221;.<\/p>\n<p>Pa het my altyd Boesman genoem, so vreemde troetelnaam wat net so baie spesiaal uit Pa se mond geklink het. Saam met die s\u00ea van die naam was daar so vertedering in Pa\u00a0 se gesig, dan sou ek enigeiets doen om die bynaam in stand te hou.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Pa-en-ek-2a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-803\" title=\"Pa en ek 2a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Pa-en-ek-2a-2-300x255.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"255\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Pa-en-ek-2a-2-300x255.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Pa-en-ek-2a-2.jpg 1007w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>My kleintyd onthou van Pa is die trots waarmee ek hom dophou het as ons gaan\u00a0 kyk as Pa vir Strathvaal rugby gespeel het in die ligblou trui met die geel dwarsstreep. As pa die bal suiwer tussen die pale deurgeskop het en die mense op die pawiljoentjie klap hande en die motors wat in &#8216;n halfmaan om die veld geparkeer was, blaas lustig op hulle toeters was ek so trots op die sportiewe pa van my. Eers toe ek al heelwat groter was, het ek gehoor dat Pa &#8216;n\u00a0vlugvoetige \u00a0atleet was en later as\u00a0agterlynspeler vir Transvaal se 0\/19 rugbyspan uitgedraf het. Die bynaam Bokkie het\u00a0hy juis a.g.v. van\u00a0sy ratsheid en spoed verwerf.\u00a0Later jare toe\u00a0hy die rugby moes los en\u00a0hom toegel\u00ea het op rolbal, was ek net so trots wanneer hy as &#8220;Skip&#8221; die wenbal\u00a0rol en die spanlede drom opgewonde om die &#8220;l\u00ea&#8221;. Hy het so netjies gelyk as hy sy spierwit rolbalklere op &#8216;n Saterdag aantrek om rolbal te aan speel. Die twee netjiese leersakke in\u00a0sy hande en die hoed op die kop. Dit lyk my dis &#8216;n Fourie ding die &#8211; die netjiese aantrek wat so kenmerkend van Oupa Joe en al Pa\u00a0se broers was.\u00a0Ek het nou nog Oupa Joe se<em> Collar Box, <\/em>waarin sy gestyfde krae en mansjetknope geb\u00eare is. Wat my die egter die meeste bybly van my Pa\u00a0 is sy beginselvastheid. Alhoewel hy sy sport so intens geniet het, het hy nooit &#8216;n afgod daarvan gemaak\u00a0nie. Na Saterdag se rolbal het hy sy\u00a0rolbalsakke\u00a0weggepak en nooit op Sondae gespeel nie, al het die klublede soveel druk op hom toegepas. Sondae was immers die groot kompetisie dag, maar Pa het nooit geswig voor die druk nie. Sondae het Pa sy manelpak aangetrek en sy plek in die kerkraadsbanke ingeneem, \u00a0eers as diaken en\u00a0later as ouderling. Dit was met &#8216;n gevoel van afwagting dat ek Sondae die konsistoriedeur dopgehou het as die Dominee eerste uitstap\u00a0met sy waardige toga met die fluweellappies en die swaaiende tossels en dan volg die ouderlinge, met my swartkop-pa tussen hulle. Ek onthou hoe verle\u00eb Pa\u00a0die dag was met Ewald se doop toe die dominee die doopouers se name uitlees en\u00a0Pa so ewe met manel en al uit die ouderlingsbank moes opstaan om voor die preekstoel te staan vir die doop. &#8216;n Ouderling wat nog die pa van &#8216;n kleinding kan wees het nie heeltemal reg gevoel vir\u00a0hom nie. Tog het hy ewe fier en trots langs Ma gestaan en so Ewald ten doop gebring. &#8216;n Voorreg wat ek gehad het, was toe ek tydens my derde kweekskooljaar moes aflos in Glencoe-Oos gemeente en ek saam met my Pa deur die konsistoriedeur kon stap, ek oppad kansel toe en hy na\u00a0 die Ouderlingsbank.<\/p>\n<p>Tog is een van die Pa-rituele wat ek die beste onthou\u00a0sy musiek-rituele. Pa het altyd &#8216;n paar <em>firm favourites<\/em> gehad\u00a0en\u00a0 ons moes\u00a0gereeld\u00a0daarna luister as dit Pa se musiektyd was. Kleintyd onthou ek Pa se liefde vir elektroniese orrelmusiek. Ons het saam met Pa na talle Ken Griffen plate geluister vol immergroen treffers, veral <em>Cruising down the River (on a Sunday afternoon<\/em>). Later van tyd het dit plek gemaak vir Dan Hill se elektroniese verwerkings van popul\u00eare melodie\u00eb. Saterdagaande net voor ons begin braai (in Shapirostraat) moes ek eers Dan Hill se <em>Hits Electronic<\/em> op die draaitafel plaas en dit hard genoeg speel dat Pa dit buite by die vuur kon hoor!\u00a0<\/p>\n<p>Pa het ook vir &#8216;n groot musiekhoogtepunt in my lewe gesorg, deur die Pioneer Ho\u00ebtrou-stel waarvoor ek so lank gesmeek het aan te koop terwyl ek in my matriekjaar op die Skoolverlaterskamp was. Die aand toe ek by die huis in Van Ryneveldstraat aankom, het Pa my buite die verdonkerde sitkamer ingewag en na ons gegroet het, het hy ges\u00ea: &#8220;Stap na binne&#8221; Ineens het\u00a0die mooiste klanke vanuit die donker sitkamer opgeklink: Die\u00a0ril-lekker klank van Neil Diamond \u00a0se &#8220;I am I said&#8221; In die hoek by die kaggel het die sagte liggies van die versterker gebrand.Die suiwer klanke wat uit die twee luidsprekers gekom het wat in die hoeke gemonteer was, het my trillend van opgewondenheid gelaat. Pa het tog gehoor gegee aan al my gesmeek om &#8216;n goeie sisteem aan te skaf!<\/p>\n<p>Tog is my eintlike onthou van Pa se intense musiekluister die Sondag-ritueel. Pa sou direk na kerk eers sy gemaklike klere aantrek en dan in sy gunsteling stoel plaasneem. Terwyl\u00a0 hy dan so agteroor sit, het hy na sy gunsteling Sondagprogram geluister: From the Bell Tower op Springbok Radio.Die aanbieder was Simon Swindell en dit\u00a0het stiptelik 12nm begin met die gepaste gelui van klokke.\u00a0 Vir\u00a0 Pa\u00a0 was dit die saligheid &#8211; om so rustig te sit en luister, soms met\u00a0toe o\u00eb\u00a0en soms net met so veraf kyk in sy bruin o\u00eb. Dan het sy gunsteling sangers een vir een aan die beurt gekom: Tennessee Ernie Ford, George Beverley Shea en as David Whitfield se &#8220;Angelus&#8221; gespeel het, het hy altyd vir Ma Winnie nadergeroep aangesien dit een van haar gunstelinge was. So het Pa se gunsteling liedjies week vir week aan die beurt gekom: <em>Beautiful Isle of somehere, What a friend we have in Jesus, Nearer my God to thee, Whispering Hope en Bringing in the Sheaves.<\/em> Soms het Pa saamgesing en soms met sy kenmerkende fluit\u00a0 saam gefluit. Soms sou hy na die program nog lustig voortsing: <em>Bringing in the sheaves, bringing in the sheaves<\/em>. Ek het nooit werklik die volle liedjie se woorde geluister nie, maar toe ek vandag na die woorde kyk het ek besef dat die woorde (wat op Ps 126 gebaseer is) tog baie van Pa s\u00ea:<\/p>\n<p><em>Sowing in the morning, sowing seeds of kindness,<\/em><\/p>\n<p><em>Sowing in the noontide and the dewy eve;<\/em><\/p>\n<p><em>Waiting for the harvest, and the time of reaping,<\/em><\/p>\n<p><em>We shall come rejoicing, bringing in the sheaves.<\/em><\/p>\n<p>Dit vertel iets van Pa se onvermoeide ywer om vir sy gesin te sorg -deur jare se harde werk en vasbyt, deur moeliker tye toe geld skaars was en &#8216;n gesin met vier kinders onderhou moes word, het Pa begin om saans te studeer.\u00a0\u00a0 Rapid Results Kollege se\u00a0 pienk en groen diktate het\u00a0Pa se studiemateriaal geword saans na ete en huisgodsdiens. Die studie het vir hom bevordering meegebring:\u00a0van &#8220;assistant Timekeeper&#8221; kon hy vorder\u00a0tot &#8216;Chief Timekeeper&#8221; by Hartebeest Goudmyn in Stilfontein. &#8216;n Gerwedraer veral ook in die gemeentes waar Pa op die Kerkraad gedien het: jare lank\u00a0as diaken\u00a0en later as ouderling. Op Glencoe ook later jare as raadslid op die stadsraad &#8211; hy het homself graag diensbaar gestel en so die &#8220;gerwe&#8221; stil-stil versamel. My gerfdraer-pa wat alles op sy stil en beskeie manier gedoen het. Maar altyd met die tikkie humor.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Fam-4b-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-791\" title=\"Fam-4b (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Fam-4b-2-300x184.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"184\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Fam-4b-2-300x184.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Fam-4b-2-1024x630.jpg 1024w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Fam-4b-2.jpg 1420w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Maar nog op die tema van musiek: Hy kon ons\u00a0soms terg deur ons gunsteling sangers se name so aspris verkeerd uit te spreek: So het Vicky Leandros bv. in sy mond Viehacky Landddros geword en gebly.<\/p>\n<p>\u00a0Daar is ook die prentjie van Pa (en Oom Thys) voor die opwasbak met die berg van Sondagskottelgoed. En die lustige duet. Pa se \u201c Ou Ryperd&#8221; \u00a0en Oom Thys wat\u00a0 <em>Please release me<\/em> \u00a0insit. Die hele repertoire \u2013 <em>Stormy weather<\/em> en <em>Beautiful Isle of Somewhere<\/em> ingesluit. Maar dan ook : <em>Bring vir die Harlekyn nog wyn.<\/em><\/p>\n<p>\u00a0En soms op Sondagmiddae word dit \u2018n kwartet met Ma en Tannie Tina wat inval. Liede soos\u00a0 <em>Let the rest of the world go by <\/em>\u00a0en <em>Perfect day<\/em>.\u00a0 Ook <em>Lily<\/em> <em>Marlene<\/em> en <em>Beautiful Isle of Somewhere<\/em>.<\/p>\n<p>\u00a0Dan onhou ek ook Pa se\u00a0 verhaal wat hy aan ons kinders vertel het as slaaptydstorie &#8211; die\u00a0 verhaal van die seuntjie en sy hond Snippie &#8211; hoe die seuntjie-hulle moes verhuis en nie vir Snippie kon saamneem nie aangesien hulle in &#8216;n woonstel sou gaan bly. Hulle moes Snippie by vriende gaan afgee..\u00a0 Die\u00a0seuntjie\u00a0 in die storie het dapper sy trane probeer terugsluk, maar ons wat aan Pa se lippe gehang het se trane het vrylik gevloei\u00a0tydens die klimaktiese opbou\u00a0tot die skeiding en die wegry sonder Snippie. Op een of ander wonderbaarlik wyse het Snippie egter weer by sy baas uitgekom &#8211; of hy agter in die vervoerwa gespring het of net sy pad uitgesnuffel het, kan ek nie meer onthou nie, maar wel dat die hereniging so dramaties was dat die\u00a0 seuntjie se Pa dadelik besluit het dat die woonstellewe nie vir hulle bedoel is nie en dadelik &#8216;n huis vir hulle as gesin (Snippie inkluis) gesoek het en spoedig het hulle weer hulle eie huis in die nuwe stad gehad waar hulle lank en gelukkig gebly het. Na die verhaal kon ons genoeglik omdraai en aan die slaap raak met die wete dat\u00a0 Pa, soos die man in die verhaal, sal sorg dat alles goed vir ons uitwerk.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Ewald-F-26.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-801\" title=\"Copy of Ewald-F (26)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Ewald-F-26-219x300.jpg\" alt=\"\" width=\"219\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Ewald-F-26-219x300.jpg 219w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Ewald-F-26.jpg 572w\" sizes=\"auto, (max-width: 219px) 100vw, 219px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Iets wat ek altyd van pa Bokkie sal onthou is sy liefde vir die see.\u00a0 Pa en Ma het hulle wittebrood in 1950 in Amanzimtoti in die Inyoni Rocks Hotel deurgebring. Di\u00e9 is mettertyd gesloop en is vervang deur die Inyoni Rocks Cabanas, maar ons het jaar na jaar teruggekeer na Amanzimtoti: Afsaal, Ingleside, Happy Days, Ezulweni en later Albatros, Dromedaris en Strandburg. Pa se vroegoggend-ritueel by die see was altyd om rotse toe se stap. Daar kon hy vir ure die hengelaars dophou sonder om self vis te vang. Die brekende branders teen die rotse was ook musiek in sy ore. Dit was sy asemhaalplek, sy dinkplek, sy praat-met-God-plek.\u00a0Sy groot begeerte was om eendag by die see af te tree sodat hy elke dag rotse toe kon stap. Dit is hom nie gegun nie.<\/p>\n<p>Oormore, 5 November sou jy 81 geword het, Pa.\u00a0 Ek bly wonder hoe jy sou gelyk het en as tagtigjarige opgetree het. Beslis nie \u2018n tipiese ou omie van tagtig nie. Want jy het steeds iets van \u2018n opgewonde immerjonkheid met jou saamgedra. Ja, ouer en waardiger, maar nie oud-van-gees en lewensmoeg nie. Ek het jou eenkeer gesien waar jy oud en afgerem gelyk het. Dit was kort na Ma se dood. Jy het op die kant van die dubbelbed gesit en daar was \u2018n diep droefheid in jou en \u2018n\u00a0 vraende kyk in jou o\u00eb, so as of jy op nege-en-veertig nie die kompleksiteit van lewe en dood kon omvat nie. Jou skouers het geruk en ek het jou die eenkeer in my lewe onbeheersd sien huil.<\/p>\n<p>In\u00a0 Maart 1983 is &#8216;n kwaadaardige melanoom by\u00a0Pa gediagnoseer &#8211; op 31 Maart 1984 is hy oorlede in Vereeniging Hospitaal. Ek kon by hom sit in daardie langste van lang nagte. Vir oulaas vir hom uit Romeine 8 lees en &#8216;n gebed doen. Sy slaapklere omruil. Sy kop streel. Vir &#8216;n oomblik het ek buite in die gang gaan staan om tot verhaal te kom. Toe ek terugkeer, was hy weg. Sy\u00a0klere, toiletware en horlosie\u00a0is die volgende dag in &#8216;n bruin papiersak aan ons oorhandig.<\/p>\n<p>Die teksvers by sy begrafnis was die Teksvers 2 Tim 4;7:<\/p>\n<p>Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.<\/p>\n<p>Die laaste gerf \u00a0is ingebring, het ek die dag besef terwyl ek na die massa kosmosblomme gekyk het wat in &#8216;n kopervaas voor in die kerk gestaan het. Buite was dit herfs, pa was vir my nog in die somer van sy lewe en ons het die winterkoue van wees wees, ervaar.<\/p>\n<p>Die trane die rol oor jou Bokkie, die trane die rol oor jou Bokkie. daar waar die son en die maan ondergaan, Bokka jy moet huis toe gaan&#8230;.<\/p>\n<p>\u00a0<a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Pa-en-ek-1a.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-793\" title=\"Copy of Pa en ek-1a\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Pa-en-ek-1a-211x300.jpg\" alt=\"\" width=\"211\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Pa-en-ek-1a-211x300.jpg 211w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Copy-of-Pa-en-ek-1a.jpg 555w\" sizes=\"auto, (max-width: 211px) 100vw, 211px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 November is vaartversnellingmaand. Spoed-na-die-einde-van-die-jaar-maand. Pa-se-maand. \u00a0Pa se verjaarsdag op 5 November het altyd die feesgety op \u2018n manier ingelui, veral vroe\u00ebr jare toe Guy Fawkes vieringe nog gereeld op die dag gevier is met \u2018n salvo vuurwerke. Ek onthou spesifiek die een verjaarsdagviering\u00a0(ek dink dit was in 1967) toe ons Pa se verjaardag in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-785","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/785","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=785"}],"version-history":[{"count":15,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/785\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":789,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/785\/revisions\/789"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=785"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=785"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=785"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}