{"id":808,"date":"2011-11-12T22:05:02","date_gmt":"2011-11-12T20:05:02","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=808"},"modified":"2011-11-15T09:55:45","modified_gmt":"2011-11-15T07:55:45","slug":"n-speellys-vir-die-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=808","title":{"rendered":"&#8216;n Speellys vir die Lewe"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture51.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-811\" title=\"Picture5\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture51-300x170.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"170\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture51-300x170.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture51.jpg 598w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0So klompie jare gelede was daar \u2018n advertensie van \u2018n Musiekwinkel met di\u00e9 slagspreuk:<\/p>\n<p>\u201c Every life has a theme song \u2013 what is yours?\u201d<\/p>\n<p>\u00a0Dit kan nogal \u2018n interessante vraag wees, afhangende van jou lewensfase en \u2013ingesteldheid op daardie stadium.<\/p>\n<p>\u00a0Ek onthou hoe ek kleintyd dol was oor die liedjie <em>Personality<\/em> van Lloyd Price. Veral die koortjie gedeelte\u00a0 het ek lustig saamgesing:<\/p>\n<p><em>`cause you got personality<\/em><\/p>\n<p><em>Walk, personality<\/em><br \/>\n<em>Talk, Personality<\/em><br \/>\n<em>Smile, Personality<\/em><br \/>\n<em>Charm, personality<\/em><br \/>\n<em>Love, personality<\/em><br \/>\n<em>And of Cause you&#8217;ve got<\/em><br \/>\n<em>A great big heart<\/em><\/p>\n<p>Ek dink nie ek het mooi geweet presies wat die \u201cPersonality\u201d was nie, maar dit het vir my geklink soos iets wat ek graag sou wou h\u00ea!<\/p>\n<p>Sedert die Personality-fase, was daar al verskeie ander \u201ctemaliede\u201d in my lewe. So onthou ek\u00a0 die Billy Joel liedjie <em>My Life<\/em> wat tydens my grensdiens my temalied was. Net soos kleintyd met <em>Personality<\/em> het ek die versie lustig gesing as my verset teen die weermag en die grens-opset:<\/p>\n<p><em>I don&#8217;t need you to worry for me cause I&#8217;m allright<\/em><br \/>\n<em>I don&#8217;t want you to tell me it&#8217;s time to come home<\/em><br \/>\n<em>I don&#8217;t care what you say anymore this is my life<\/em><br \/>\n<em>Go ahead with your own life leave me alone<\/em><\/p>\n<p>Tydens my eerstejaar op Stellenbosch was<em> Eyelevel<\/em> \u2018n groot treffer, veral dan die Afrikaanse weergawe daarvan: <em>Lied van die Boland<\/em>.<\/p>\n<p>So het die liede en my lewe soms mekaar aangevul en soms was die een ironiese kommentaar op die ander. In die jaar van my ma se heengaan\u00a0 was Joy se <em>Paradise Road<\/em> die groot treffer\u00a0 Net so was Irene Cara se treffer <em>What a feeling!<\/em> uit die film Flashdance \u2018n treffer terwyl my pa in 1984\u00a0terminaal siek was in Little Company of Mary.<\/p>\n<p>In die middeljaar van my tydperk in Komga toe ek self maar oorbewus was van die negatiewe en die kompleksiteit van die lewe, het Crocodile Harris se stem telkens oor die eter geklink: <em>Please give me the Good News<\/em>. Waarop ek Amen laat hoor het.<\/p>\n<p>Tydens &#8216;n traumatiese Grensdienskamp op Okankolo in 1987, het ek behoefte aan &#8216;n temalied om die ou jaar mee af te sluit en &#8216;n nuwe te begin. Ek klim op oujaarsaand in die &#8220;Aapkas&#8221;\u00a0 &#8211; die ho\u00eb uitkyktoring waaruit vyandelike bewegings waargeneem kan word. Dit is &#8216;n \u00a0stil, sterbesaaide aand. Ek is my so bewus van my nietigheid en &#8216;n uitgelewerde gevoel hier in &#8216;n gevegsomgewing. Maar ook van &#8216;n stil wete: Iemand hou sy hand oor ons.<\/p>\n<p>Toe dit naastenby twaalfuur is en die oorgang van 1987 na 1988 gebeur, luister ek op my Walkman &#8216;n Amy Grant bandjie wat ek aangeskaf het net voor die kamp. Die titel van die album is: Age to Age en die snit: El Shaddai:<\/p>\n<p>El Shaddai, El Shaddai<br \/>\nEl-elyon na Adonai<br \/>\nAge to age you&#8217;re still the same<br \/>\nBy the power of the name<br \/>\nEl Shaddai, El Shaddai<br \/>\nErkamka na Adonai<br \/>\nI will praise and lift you high<br \/>\nEl Shaddai<\/p>\n<p>Through your love and through the ram<br \/>\nYou saved the son of Abraham<br \/>\nThrough the power of your hand<br \/>\nYou turned the sea into dry land<br \/>\nTo the outcast on her knees<br \/>\nYou were the God who really sees<br \/>\nAnd by your might<br \/>\nYou set your children free<\/p>\n<p>El Shaddai, El Shaddai<br \/>\nEl-Elyon na Adonai<br \/>\nAge to age you&#8217;re still the same&#8230;<\/p>\n<p>&#8220;n Vreemde rustigheid kom vestig hom hom in my binneste. Ek is in die sigveld van El Shaddai (God Almagtig) wat\u00a0die see oopgemaak het vir sy volk en\u00a0Isak-op-die-altaar se lewe gered het. Die hemel voel\u00a0 ineens naby. Ek is in die Teenwoordigheid van die Almagtige. Ek sien kans vir die jaar.<\/p>\n<p>Sedertdien het\u00a0ek dikwels &#8216;n temalied\u00a0 gekies op nuwejaar as versterking vir die jaar.\u00a0<\/p>\n<p>Ek is altyd ingestel om musiek raak te luister: synde dit nou tydens \u2018n kuier by vriende, in \u2018n film, in die Supermark of bloot net die liedjies wat speel terwyl ek ry.<\/p>\n<p>Miskien daarom dat ek \u2018n fobie ontwikkel het vir Inkopiesentrums tydens die Kersgety, want as ek ad nauseam <em>Jingle Bells<\/em> moet aanhoor, wil ek vlug. Dieselfde geld vir <em>The twelve days of Christmas, Rudolph the red nose reindeer<\/em> en die Boney M\u00a0 se\u00a0holruggeryde\u00a0\u00a0kersmusiek.<\/p>\n<p>Die ergste is as ek dink dat ek veilig kan sit in die kerk tydens Adventtyd en sinvolle kersmusiek sal hoor en iemand by die klankkas is in \u2018n h\u00eappie-h\u00eappie krismis bui en speel al die kommersi\u00eble liedjies.<\/p>\n<p>\u00a0Dit sou interessant wees as mens \u2018n speellys kon saamstel van musiek wat iets van jou lewensverhaal vertel<\/p>\n<p>Tien dae gelede sit ek in die Chemo-lokaal in Ernest Oppenheimer hospitaal. Die drie-weeklikse ritueel bly maar minder lekker, maar op \u2018n vreemde manier is dit \u2018n baie postiewe ervaring want daar heers nie \u2018n negatiewe, morbiede atmosfeer nie. Inteendeel, daar is soms \u2018n ligtheid en \u2018n blydskap wat die prentjie van\u00a0 mense wat \u2018n swaar pad met pyn geloop het, weerspreek. So sal mense wenke uitruil wat die newe-effekte van chemo kan hokslaan of vertel waar kan jy vir jou pruik laat highlights insit.<\/p>\n<p>\u00a0Terwyl ek sopas die eerste sakkie chemo binne-aars ontvang, luister ek na die musiek wat op die agtergrond speel. Dit is \u2018n handelsender en die liedjie is <em>I had the time of my life<\/em> uit die film Dirty Dancing. Ek glimlag effe wrang \u2013 dit sou sowaar nie nie my temalied wees vir \u2018n Chemolokaal nie. Ek onthou dat ek \u2018n klompie maande gelede vir my chemobehandeling in Bloemfontein was. Die lokaal was\u00a0baie verbruikersvriendelik met sagte bruin leerstoele, mooi skilderye, \u2018 n koffiemasjien en \u2018n uitsig na buite. Tog is die plaaslike radiostasie ook die musiekverskaffer en kon ek nie help om te glimlag toe ek hoor wat speel nie: Queen se<em> Who wants to live forever?<\/em> is die agtergrondmusiek vir die chemo.<\/p>\n<p>\u00a0Tydens die sessie tien dae gelede by ons plaaslike hospitaal maak ek die volgende inskrywing op Facebook via my Blackberry.<\/p>\n<p>Die liedjies wat speel\u00a0hier in die lokaal waar chemo toegedien word, is ironies \u2013 \u2018n vorige keer speel Queen se <em>Who wants to live forever?<\/em> Vandag \u2013<em> I had the time of my life!<\/em>\u00a0 Nouja \u2013 what next?<\/p>\n<p>\u00a0Hierop kry ek heelwat kommentaar: \u2018n Vriendin uit die Kaap (wat self die werklikheid van chemo deurgemaak het) laat weet: Dalk:<em> It\u2019s my party and I can cry if I want\u00a0 to?<\/em><\/p>\n<p>\u00a0Verskeie\u00a0 voorstelle en aanbevelings volg :<em> I\u2019m a Believer<\/em>, Die Briels en <em>Bridge over Troubled water<\/em>s\u00a0asook <em>I want to break free<\/em>. Waarop ek antwoord dat dit net assblief nie <em>Needles and Pins<\/em> moet wees nie! Die liedjie het sowaar in die teater gespeel toe die narkotiseur naderkom om my \u2018n epiduraal toe te dien. Sy s\u00ea toe so ewe: Daar speel hulle nou juis jou liedjie!<\/p>\n<p>\u00a0Nee, in die chemolokaal is die liedjie glad nie van pas nie, net soos <em>I fall\u00a0 to pieces<\/em> verbode was in die vertrek waar ek pottebakkersklasse geneem het!<\/p>\n<p>\u00a0Nee, ek sien eerder kansvir die dramatiese <em>Cry to Me<\/em> van die Staccattos as iets oor naalde en spelde!<\/p>\n<p>Tog is daar ook in die terugvoer wat ek kry, \u2018n paar voorstelle vir inspirerende liedjies wat \u2018n goeie alternatief vir die tong-in-die-kies liede kan wees.<\/p>\n<p>\u00a0Iemand stel<em> I Believe<\/em> voor. \u2018n Ander: <em>All is well<\/em> van Robin Marks.<\/p>\n<p>\u00a0Ek begin dink: watter liedjies sou hoort op so speellys? Daar is \u2018n magdom van inspirerende liedjies met \u2018n sterk geestelike boodskap wat sou gepas wees. Baie van die gunstelingliedjies van my pa wat ek in die vorige blog genoem het, sou ook hier kon werk. Selfs my kleintyd se kinderkransliedjie met sy refrein: Skyn dan skyn, jy in jou klein hoekie en ek in myn, sou kon werk. Want hier moet jy skyn ten spyte van\u2026<\/p>\n<p>\u00a0Tog is daar \u2018n liedjie wat ek sou insluit op so speellys. Dit is die mooie instrumentale snit van Elton John: <em>A song for Guy<\/em>.<\/p>\n<p>Ek ken nie die agtergrond van die lied nie, maar weet net dat teen die einde van die mooi snit wat hoofsaaklik uit klaviermusiek bestaan, is daar \u2018n stem op die agtergrond wat met intervalle fluister: Life..Life\u2026Life.<\/p>\n<p>\u00a0Dit is hierdie lewensfluistering wat my bemoedig, meer nog as die polsende sang wat dikwels herhalend uitgekreet word in sommige snitte.<\/p>\n<p>\u00a0As ek dus weer daar in die leerstoel sit, sal ek maar my eie kopmusiek maak. Deel daarvan sal hierdie dringende herinnering wees: Life\u2026life\u2026life.<\/p>\n<p>\u00a0En die besef dat hierdie lewe weliswaar vol teenstrydighede is, maar\u00a0steeds verrassend wonderlik bly.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 \u00a0So klompie jare gelede was daar \u2018n advertensie van \u2018n Musiekwinkel met di\u00e9 slagspreuk: \u201c Every life has a theme song \u2013 what is yours?\u201d \u00a0Dit kan nogal \u2018n interessante vraag wees, afhangende van jou lewensfase en \u2013ingesteldheid op daardie stadium. \u00a0Ek onthou hoe ek kleintyd dol was oor die liedjie Personality van Lloyd [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-808","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/808","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=808"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/808\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":812,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/808\/revisions\/812"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=808"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=808"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=808"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}