{"id":820,"date":"2011-11-29T15:28:15","date_gmt":"2011-11-29T13:28:15","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=820"},"modified":"2011-11-30T12:51:15","modified_gmt":"2011-11-30T10:51:15","slug":"die-vlieende-kraai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=820","title":{"rendered":"Die Vlie\u00ebnde kraai"},"content":{"rendered":"<p>\u00a0<a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Belykllas-06-079a-22.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-825\" title=\"Belykllas-06 079a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Belykllas-06-079a-22-221x300.jpg\" alt=\"\" width=\"221\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Belykllas-06-079a-22-221x300.jpg 221w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Belykllas-06-079a-22.jpg 354w\" sizes=\"auto, (max-width: 221px) 100vw, 221px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Dalk is dit die tyd van die jaar.<\/p>\n<p>Dalk is dit die dro\u00eb uitgelewerde somersheid.<\/p>\n<p>Dalk is dit sommer net my binne-mengelmoes van onges\u00eade gedagtes wat my kop blokkeer. Die somtotaal van &#8216;n klomp gebeurlikhede. En die nie-weet hoe om\u00a0alles te hanteer nie.<\/p>\n<p>Ek beleef &#8216;n vasgevalde toegeslane tyd. &#8216;n Impasse wat ek tans nie kan (beter gestel, nie wil) oorkom nie.<\/p>\n<p>\u00a0Ek kan &#8216;n lys van &#8220;Klaagsange&#8221; opnoem wat ek met vers en kapittel kan sing:<\/p>\n<p>&#8220;Uit dieptes gans verlore van redding ver vandaan..&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Ruwe storme breek in woede, alles om my heen is nag&#8230;&#8221;\u00a0<\/p>\n<p><em>Life is just not fair<\/em><\/p>\n<p>Ek blaai bietjie terug deur my rekenaardagboek en sien &#8216;n inskrywing\u00a0 kort na ons verhuising na die meenthuis wat iets van hierdie gevoel verwoord.:<\/p>\n<p>&#8220;Dit voel vir my asof die skaaltjie van belading eensydig \u2018gelaai word aan die een kant: Lyf-onlekkerte, gemoedsdonkerte, afstandelikheid teenoor dinge en mense, &#8216;n tipe uitsigloosheid tans&#8230;Ek vermy kontak met mense en enige skryfwerk. Ek het \u2018n behoorlike BLOK. Kreatiewe konstipasie. En sommer r\u00earige konstipasie ook. Alle uitgange, letterlik en figuurlik is geblok, Ek sukkel om te kommunikeer\u00a0. My epos werk steeds nie.En my hemelpos ook nie.<\/p>\n<p>\u00a0Tog het ek so behoefte aan \u2018n genadige ontmoeting. Soos Elia onder-sy Besembos-in die-woestyn.\u00a0Ek skryf aan &#8216;n skrywersvriendin\u00a0 (met gebruikmaking van &#8216;n geleende 3G kaart) Op die oomblik is my kokon te klein en toegespin&#8230; ek dink ek leef nou in die nasleep van \u2018n klomp dinge wat ek maar moes saamdra&#8230;dit lyk my ek is bietjie in \u2018n stadium waarin ek so dolende wil rondploeter in gevoelens van magteloosheid en sekerlik \u2018n skeut selfbejammering&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0Sy antwoord : \u201c Onthou net jy is nie deur \u2018n gewone trek nie, dit was eintlik jare lange stresgolwe wat jou met brute krag by jou nuwe adres uitgespoel het \u2013 onthou maar net dat Elia na die hoogtepunt van Karmel onder die besembos gaan inkruip het. En Luther na die die intense hoogdruk rondom sy stellinge, in \u2018n vriend se kasteel in \u2018n woud gaan wegskuil het. Praat nie van diere wat\u00a0 in hulle gate inkruip om hulle wonde gesond te lek nie.<\/p>\n<p>My liewe vriend, jy mag bloei en bloei en bloei binnetoe,,,\u201d<\/p>\n<p>Dankie tog vir die bevrydende daarwees van mense naby en om jou, van &#8216;n reisgenoot en vriende wat verstaan jy wil net so bietjie &#8220;wees&#8221; en\u00a0glad nie &#8220;perform&#8221; nie.<\/p>\n<p>Want dit is juis vriende wat verstaan wat jou uiteindelik weer die krag gee om wel maar weer die een voet voor die ander te sit en te waag om weer die lewe te betree. Vriende-terapie en &#8216;n genadekruik vol water wat &#8216;n engel kom neersit&#8230;<\/p>\n<p>In my eerste gemeente het ek ook so fase deurgegaan. Pas klaar gestudeer (en darem die realiteitsterapie van die dienspligjaar agter die rug) is ek vol drome en ideale oor gemeentewees en menslike verhoudings. In &#8216;n ontnugterende ervaring loop ek my bloedneus teen die rigiditeit van menslike denke &#8211; ou vetes wat nuut uitblom, vooropgesette idees wat weier om te wyk voor die eise van die Woord en sommmer net menslike onverdraagsaamheid. En ook &#8216;n stuk plein ongeskiktheid. Ek voel na &#8216;n mislukking. Dit voel asof ek &#8216;n <em>alien<\/em> is wat &#8216;n vreemde taal praat. Ek is &#8216;n naiewe profeet wat nie die realiteite van oorlewing ken nie. Ook nog nie die vasberadenheid van die die menslike natuur om sy gebaande we\u00eb te hou, begryp nie.<\/p>\n<p>In hierdie tyd van ontgogeling trek ek myself terug en besluit om te doen wat van my verwag word, my formele pligte na te kom, maar nie iets meer nie. Veral om nie van myself te gee nie, wat ek lek my wonde&#8230;<\/p>\n<p>Tog terwyl ek hierdie &#8220;oorleef&#8221;strategie formuleer, weet ek dat ek nie onbepaald so op &#8216;n minimum gee-basis kan leef nie. Want dit is tog juis in ons interaksie met ander dat ons weer nuut na\u00a0 onssself en die w\u00eareld kan kyk. Die hele app\u00e9l van dissipelskap gaan immer om jou kruis op te neem en te volg, ongeag of die pad gelyk of\u00a0 klipperig is..<\/p>\n<p>Vir &#8216;n tyd duur my askese, luister ek saans musiek as terapie na nog &#8216;n onlekker dag.<\/p>\n<p>Ek gaan soek troos by Oom Dennis en Tannie Johanna in De Villiers straat 7 \u2013 \u2018n Mooi moderne en sonnige huis met \u2018n baie mooi tuin.<\/p>\n<p>\u00a0Hy is &#8216;n entoesiastiese persoon wat graag help en dien. Hy het ook al die teleurstellig beleef van misverstaan te word as jy met goeie bedoelings iets aanpak.<\/p>\n<p>En die troos begin sommer al buite in die tuin. Oom Dennis wys my die bedding langs die huis waar die mooiste kleure blomme pryk _ diepblou, pers en ligter skakerings van pienk. Oom Dennis se trots: &#8221;\u00a0Kyk bietjie ds Wim hoe mooi is my Delphiniums en Cinnerarias!&#8221;<\/p>\n<p>\u00a0Met die stap en kyk begin die laste al effe ligter word. Die blomme is die beloning van sy voortgesette omgee en bemoeienis met sy tuin.\u00a0Ons maak ook \u2018n draai by die duiwehok waar Oom Dennis sy geveerde kinders by name ken.<\/p>\n<p>\u00a0Uiteindelik is ons binne.\u00a0Tyd vir koffie en geselsterapie!<\/p>\n<p>\u00a0Oom Dennis se raad: &#8220;Ds Wim mens moet aanhou probeer. Mens kan nie\u00a0 maar ophou en terugtrek nie as jy &#8216;n teleurstelling beleef het nie:<\/p>\n<p>\u00a0Onthou \u2013 dis die vlie\u00ebnde kraai wat die voorwerpe oppik!&#8221;<\/p>\n<p>\u00a0&#8221; Ja Oom Dennis&#8221; stem ek byna onwillig toe, &#8220;dit is\u00a0waar&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Nouja dan moet jy weer die stryd aandurf\u00a0met dit wat jy uit hierdie rondte geleer het. Vlieg, Ds Wim, Vlieg!&#8221;<\/p>\n<p>Sy woorde bly my by toe ek huis toe ry. Laataand hoor ek weer sy aanmoediging: &#8220;Onthou ds Wim, dis die vlie\u00ebnde kraai wat die dinge oppik!&#8221;<\/p>\n<p>Twee jaar gelede het ek die voorreg gehad om sy roudiens waar te neem. Hy is &#8216;n een-en-negentigjarige wat hierdie filosofie enduit geleef het. A.g.v. diabetes is albei sy bene geamputeer maar nie sy lewensblymoedigheid nie. Soggens het hy getrou sy rystoel in sy stiltetydhoekie parkeer en dan sy vliegkrag vir die dag van Bo\u00a0 ontvang. Dan het hy met &#8216;n glimlag sy draai deur sy tuintjie gemaak. Lewensbly. Entoesiasties.<\/p>\n<p>Ja, Oom Dennis, jou woorde bly waar. Soms kan mens maar vir &#8216;n rukkie die wonde lek.\u00a0 So bietjie hiberneer. Maar daar kom weer &#8216;n dag vir vlieg. En nuwe waarhede oppik.<\/p>\n<p>Die kraai moet vlieg.<\/p>\n<p>\u00a0<a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-829\" title=\"Picture3\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture3-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture3-300x200.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture3-1024x685.jpg 1024w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/11\/Picture3.jpg 1463w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 Dalk is dit die tyd van die jaar. Dalk is dit die dro\u00eb uitgelewerde somersheid. Dalk is dit sommer net my binne-mengelmoes van onges\u00eade gedagtes wat my kop blokkeer. Die somtotaal van &#8216;n klomp gebeurlikhede. En die nie-weet hoe om\u00a0alles te hanteer nie. Ek beleef &#8216;n vasgevalde toegeslane tyd. &#8216;n Impasse wat ek tans [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-820","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/820","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=820"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/820\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":827,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/820\/revisions\/827"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=820"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=820"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=820"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}