{"id":834,"date":"2011-12-10T11:40:32","date_gmt":"2011-12-10T09:40:32","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=834"},"modified":"2011-12-10T19:50:04","modified_gmt":"2011-12-10T17:50:04","slug":"op-vlerke-van-die-phoenix","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=834","title":{"rendered":"Op Vlerke van die Phoenix"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Tani-de-Lange-12.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-835\" title=\"Tani de Lange-1(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Tani-de-Lange-12-228x300.jpg\" alt=\"\" width=\"228\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Tani-de-Lange-12-228x300.jpg 228w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Tani-de-Lange-12.jpg 365w\" sizes=\"auto, (max-width: 228px) 100vw, 228px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die Apollo teater, Victoria-Wes, het \u2018n wonderlike storie. Die\u00a0outentieke filmteater\u00a0wat vir meer as twintig jaar in sy toegese\u00eblde\u00a0 sarkofaag gerus het, met \u2018n Foschini winkel wat in sy voorportaal bedryf is, totdat dit in die negentigs herontdek is en weer opgeknap is tot sy vroe\u00ebre glorie. Die verhaal van die Apollo laat my verlang na die bioskoop-teaters uit my kinderjare \u2013 Leba in Klerksdorp en die Alpha in Welkom. Maar veral ook die Phoenix met sy mitiese naam \u2013 die Cinema Paradiso van my jeug.<\/p>\n<p>\u00a0Die Phoenix teater op my\u00a0 jeugdorp het nie gewalifiseer vir die term Art Deco nie. Dit was te modern, Te sestigs. \u2018n Bruin siersteengebou met glaspanele. Naby die bank en die biblioteek in ons myndorpie teen die rivier. Dit was nie \u2018n buitengewoon groot teater nie. Tog het dit vir my\u00a0 verskriklik groot gevoel, so asof\u00a0 ek in die buitenste ruim instap \u2013 \u2018n Regtige Space Odyssey-ervaring.<\/p>\n<p>Buite het die naam groot gepryk: PHOENIX. Die naam het wonderlike ontdekkingsreise in die binneruim van die teater voorspel. Talle nuwe droomreise sou daar begin. Helde wat hulle lewe op die spel plaas vir heldinne.\u00a0 Diep fliekspore wat \u2018n blywende indruk laat. Want \u2018n\u00a0 teater\u2013onthou van \u2018n fliek is anders as \u2018n inry-onthou. Met \u2018n inry onthou jy meer die geselligheid\u00a0 rondom die kyk van die fliek as die trefkrag van die fliek. Selfs rillers het \u2018n sekere afstand tussen jou en die skerm geskep (alhoewel jy doodbang was vir iemand wat dalk teen jou motorruit klop en grynslag!)<\/p>\n<p>\u00a0Met \u2018n fliek wat in die teater gekyk is, is dit\u00a0 mos heel anders Dit het \u2018n onmiddellikheid, \u2018n impak. Jy is d\u00e0\u00e0r. Daarom verg dit ook \u2018n behoorlike aanloop. Die aantrek en regmaak, uitsien en\u00a0 die afwagting. Die foyer. Die koop van die kaartjie. Natuurlik, moet nie die verversings vergeet nie, Coke en springmielies vir gewone Matinee\u2019s . Vir die spesiale aandfliek:- sjokolade. As pa rojaal was die aand: \u2018n boksie Nutties. As jy \u2018n meisie r\u00earig wou beindruk : Black Magic.<\/p>\n<p>Die fliekervaring uit my tienerjare wat my in stadige aksie bybly, is\u00a0 \u2018n film premiere in ons eie dorpie<\/p>\n<p>\u00a0Dit was die era van die Afrikaanse film \u2013 Hoor my Lied het mense na sakdoekies\/sneesdoekies laat gryp. Ons het lustig saamgesing met die tragiese verlamde heldinnetjie van die A en die B en die grote C. Die Afrikaanse film, die A van my ABC van fliekervarings.<\/p>\n<p>Maar toe kom Die Geleentheid. \u2018n Afrikaanse film se premiere word in ons dorpie gehou in 1968. Die film is (retrospektief gesien) een van die liggewigte in die Afrikaanse filmbedryf. Tog het dit \u2018n immergroen sangeres van Afrikaanse musiek opgelewer. Wie het toe kon dink dat Dopper Erasmus se \u201cTimothy\u201d vir\u00a0 Carike Keuzenkamp deure na \u2018n sangloopbaan sou open?<\/p>\n<p>Maar dit was altyd maar vir my\u00a0 \u2018n minder belangrike rede waarom \u201cDie Professor en die Prikkelpop\u201d so \u2018n indruk op my gemaak het. Die hoofoorsaak, wat aan my slapelose nagte en visioene van\u00a0skoonheid besorg het, was die een \u201cprikkelpop\u201d (In my o\u00eb lasterlik om \u2018n engel met so woord te beskryf!) Vir my was sy \u2018n eteriese wese wat aan my vaal\u00a0dertienjarige bestaan nuwe kleur kom gee het.<\/p>\n<p>\u00a0Haar naam (in neonligte natuurlik): Tani de Lange.<\/p>\n<p>\u00a0Ek onthou nie veel van die Jamie Uys fliek nie. Wel dat ek \u2018n wrewelrige haat jeens ene Serena Price (vertolk deur Bernadette da Silva) gekoester het omdat sy, die donker heks van onheil, gekonkel het om die ander deelnemers uit te skakel, veral dan vir Sue Pearson (vertolk deur Tani de Lange) \u2013 Wie kon tog dink om so boos op te tree teen die onskuldige blondekop meisiekind met die bokkiebruin\u00a0 o\u00eb wat \u201cin die moeilikheid\u201d beland het\u00a0 (\u2018n begrip wat waarvan die volle betekenis op\u00a0dertien\u00a0 nog nie vir my so mooi duidelik was nie.) Maar ek was vinnig aan die leer!<\/p>\n<p>\u00a0Tani de Lange. My droomprinses wat so reg uit die silwerdoek gestap het in my\u00a0dertienjarige leefw\u00eareld in. Kry ek sowaar weer \u2018n rilling hier waar ek voor my eie klein skermpie sit en die onthou uittik.<\/p>\n<p>Ons familie was voltallig daar die aand: Pa, Ma en ons vier kinders. Die foyer het die aand getintel van opwinding. Al die dorpie se belangrike persone was daar, burgemeester inkluis.\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0Daar was \u2018n spesiale afwagting die aand in die voorportaal. \u2018n Rooi tapyt is uitgerol van die gemerkte parkeerplek tot reg voor die glasdeure van die teater. \u2018n Rerige rooi tapyt. Die groot oomblik het aangebreek: \u2018n Lang wit\u00a0 spogmotor het\u00a0 stilgehou. Die chauffeur het uitgeklim en die linkerkantste agterste deur oopgemaak.\u00a0 \u2018n Visioen in Wit het daar uitgeswewe. \u2018n Engel. Op daardie oomblik het alles om die engelvrou vervaag en was sy presies in die fokus van my sig \u2013 die res was uit fokus, net sy en elke\u00a0 detail van haar is ingegraveer op my brein- \u2018n reuse ligsensitiewe vel fotopapier wat die indrukke verewig het.<\/p>\n<p>\u00a0Haar hare: \u2018n Stralende goue kroon op haar kop met twee goue lokke wat weerskante van haar kop spiraal.<\/p>\n<p>Haar vel:\u00a0 albastewit en vlekloos (vra my wat die Clearasil juis kunstig aangewend het voor die uittog die aand)<\/p>\n<p>Haar neusie, fyn en pikant. Die mond, onskuldig, vriendelik en vanuit my verliefde oogpunt uiters soenbaar! Die rare kombinasie van vonkelbruin o\u00eb saam met die blonde hare.<\/p>\n<p>Haar uitrusting het die vroue aan die praat gehad. n Silwerwit rok wat kuitlengte gehang het en onder die rok het die twee parmantige wit frillletjiespype van \u2018n langbroek uitgesteek. Ek het \u2018n vernietigende blik gewerp na die tannie met die Crimplene rok en stringe krale wat hardop gewonder het of sy dalk \u2018n volksvreemde\u00a0 geloof aanhang . Ek wou my hand uitsteek om aan die waas van drome te raak maar het dit maar weer ewe verle\u00eb in my blou hipster se sak gesteek.Ek kon net staar. Later sou \u2018n liedjie van Peter Sarstedt my aan die oomblik herinner: Where do you go to my lovely&#8230;.<\/p>\n<p>\u00a0Van die fliek onthou ek net my gevoel van skreiende onreg toe sy so onbarmhartig behandel is in die kompetisie, veral\u00a0 toe die oorsaak\u00a0 van haar \u201cMoeilikheid\u201d bekend geword het. En die oomblik toe een van die beoordelaars in \u2018n oomblik van meevoering by aanskoue van die prikkelpopparade sy potlood in twee gebreek het. Ek sou deur \u2018n hele blik Steadler potlode kon draf en hulle tot die fynste vuurmaakhoutjies vermorsel met my nuutgevonde krag.<\/p>\n<p>\u00a0Kort-kort in die loop van die fliek het my o\u00eb na die plek links voor gedwaal waar sy in die teater gesit het. Het ek\u00a0 jaloers gewonder wie langs haar sit.<\/p>\n<p>\u00a0Toe die eindtitels rol het ek pleitend na my pa gedraai. Pa kan ons nie maar die tweede vertoning ook bywoon nie?\u00a0 Ek sal my pa ewig dankbaar bly dat hy gaan navraag doen het. Selfs al moes ons teleurgesteld verneem dat al die kaartjies uitverkoop was. Ek was bereid om enige plek in die paadjie my tuis te maak, watwou \u2018n kaartjie.<\/p>\n<p>\u00a0Die wonderlikste bonus egter: Na die vertoning het my droomheldin in die foyer gestaan\u00a0 en kon ek weer in stadige aksie na haar kyk en elke stukkie detail indrink. Ek moes \u2018n geheuskyfie neem want ek het nie my \u201cTraveller\u201d kamera byderhand gehad nie.<\/p>\n<p>\u00a0O ek wou nie die\u00a0 heerlikheid van die Phoenix se portaal prysgee nie. Hier voor my eie o\u00eb het \u2018n droom waar geword. Uiteindelik onafwendbaar moes ons huis toe want die tweede vertoning het begin. Sonder my.<\/p>\n<p>\u00a0Die aand het ek kwalik geslaap. Planne beraam. Die volgende dag gesoek en gevra totdat ek Mimosa ateljees se adres in die hande gekry het. My bewonderaarsbrief aan Tani gerig. En gevra vir \u2018n getekende foto. Asseblief. Miskien het sy die noodkreet van \u2018n tiener tussen die re\u00ebls van my briefie gehoor. Twee weke later was daar \u2018n koevert in die pos vir my. \u2018n Getikte briefie waarin ek bedank word vir my belangstelling. Maar wat my hart tot stilstand gebring het, was die swart en wit foto wat uit die brief geval het. My godin met die goue lokke, haar o\u00eb hemelwaarts geslaan. En regs onder in die hoekie, geskryf met swart koki-pen: Baie liefde, Tani de Lange. My beker van geluk het oorstroom. Die foto is dadelik netjies geraam en het op my lessenaar gepryk. My inspirasie deur menige tienerkrisis. Tussen die foto en die rugkarton \u2018n menigte geheime b\u00earebriefies versteek, selfs \u2018n geheime kode in Tani-taal!<\/p>\n<p>\u00a0Onlangs\u00a0woon ek &#8216;n begrafnis by in die myndorpie van my jeug. Na die begrafnis\u00a0ry ek \u00a0na die middedorp. Kies onwillekeurig\u00a0 koers na die Phoenix teater, plek van Drome. Toe ek stilhou waar die spogmotor tydens die premiere jare gelede gestaan het, sien ek dat die teater nou \u2018n Charismatiese kerk is.<\/p>\n<p>\u00a0Ek klim uit en herleef die rooitapyt-aand. En dink wrang daaraan dat Tani nou al sekerlik Ouma Tani vir haar kleinkinders is. En voel byna soos die ontnugterde Toto karakter in die film Cinema Paradiso wat weer na jare terugkeer na sy tuisdorp net om te ontdek die filmteater gaan gesloop word&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0Maar soos Toto sien ek in die as van die inmekaargeplofde gebou die mitiese herrysenis van my droom. Brokstukkies van honderde flieks wat deur die jare hul storiepad deur my kop gebaan het. \u2018n Blik vol fliekuitknipsels .\u2018n Helde\/heldingalery teen die muur wat later afgehaal is toe die muur geverf is.\u00a0\u00a0 Weet ek : verbeeldingsvlugte word nie deur verfwerk of\u00a0 sloping\u00a0 vernietig\u00a0 nie. Die krag van onthou, die krag van drome sal weer en weer herleef. Vlieg Phoenix, Vlieg!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Apollo teater, Victoria-Wes, het \u2018n wonderlike storie. Die\u00a0outentieke filmteater\u00a0wat vir meer as twintig jaar in sy toegese\u00eblde\u00a0 sarkofaag gerus het, met \u2018n Foschini winkel wat in sy voorportaal bedryf is, totdat dit in die negentigs herontdek is en weer opgeknap is tot sy vroe\u00ebre glorie. Die verhaal van die Apollo laat my verlang na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-834","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/834","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=834"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/834\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":837,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/834\/revisions\/837"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=834"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=834"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=834"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}