{"id":843,"date":"2011-12-15T11:32:55","date_gmt":"2011-12-15T09:32:55","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=843"},"modified":"2011-12-15T11:32:55","modified_gmt":"2011-12-15T09:32:55","slug":"hark-die-engele-nader-kersfees-op-philippolis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=843","title":{"rendered":"Hark die Engele nader! (kersfees op Philippolis)"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/untitleda2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-844\" title=\"untitleda(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/untitleda2-300x193.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"193\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/untitleda2-300x193.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/untitleda2.jpg 604w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Op Philippolis het ek leer hark. Doodgewone alledaagse hark met \u2018n langsteelhark. In die agterplaas van ons huisie met sy gruisgrond tussen die druiweprieel en die stal. Maar hark is nie maar net die bymekaarhark van blare of klippies of grond nie. Hark is soveel m\u00e9\u00e9r. Dis gedagte-ordening. Dis droomsekwensies en grondskilderye.<\/p>\n<p>\u00a0Op Philippolis het ek eers my Ouma Alwine se harkpassie begin verstaan, haar verbete vee-sessies. Want hark en vee is nie net \u2018n skoonmaakding nie, dis ordeskeppende rituele \u2013 die uitvee van die oue en ongewenste \u2013die inhark van die nuwe&#8230;..<\/p>\n<p>\u00a0Vroegmore op Oukersdag staan ek en hark\u00a0 met \u2018n engelrefrein in my kop: Hark now hear the angels sing, glory to the newborn king, So\u00a0 al harkende met die \u201cHark\u201d van die engelelied\u00a0 as temamusiek , begin\u00a0 my gedagtes op \u2018n tweespoorpad loop. Een spoor loop terug, die ontdekkingspad van die\u00a0 reis tot hier \u2013\u00a0 die ander vorentoe, die vooruitsig van \u2018n eerste Kersfees saam met ou en nuwe vriende in hierdie dorpie wat soveel se\u00ebn vir my, vir ons gebring het&#8230;.<\/p>\n<p>\u00a0Vir jare was Philippolis net die naam van \u2018n dorpie iewers in die Suid-Wes Vrystaat. Op \u2018n dag lees ek van Anna Neethling-Pohl wat terugkeer na Philippolis want dis die plek \u201com sterre te pluk\u2019. In my agterkop liasseer ek die woorde, want so \u2018n plek moet mos verken word. Jare gaan verby. Op die langnaweek van Vrouedag 2004 besluit ons om die \u201csterre-dorpie\u201d te verken.<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Onverklaarbare iets gebeur toe ons die eerste keer Philippolis binnery. Ons is moeg van die gejaagde leefstyl. Ervaar ook die middeljare as plato-tyd. Soms selfs soos Klaagliedere se gruisklippie-in-die-mond-tyd. Die verwoede tempo van elke dag doof die lewensmusiek uit. Dit voel byna asof die engeltjies so bietjie op AWOL is. Her-ori\u00ebntering is nodig. Ons het\u00a0 \u2018n behoefte aan die salwing van \u2018n rustige plekkie. Ongejaag en Leef-vriendelik.. Toe ons om die laaste draai vanaf Trompsburg se kant die dorpie nader ervaar ons so gevoel van bekendheid, van tuiskom Ons eerste aanblik van die dorpie is die kerktoring met sy besondere swart spitsdakkie. Ons\u00a0 gastehuis is teenaan die kerk. Vir die duur van die naweek word die kerktoring die baken, die uurlikse klokslag ons sonwyser.<\/p>\n<p>\u00a0Ons ontdek \u2018n dorpie wat \u2018n geskiedenis, \u2018n storie met hom saamdra. En ons nooi om deel van sy\u00a0 verhaal te word. Ons leer nuwe mense ken. \u2018n Hartlikheid wat in ons resoneer. Ons leer stap waar ons wil wees. Af met Voortrekkerstraat. \u201cn Ry dennebome langs die straat en een akkerboom as uitroepteken. Verby Indraf, Kokkewiet en Ons Dien, die twee kafees en die een algemene handelaar. Verby die Emily Hobhouse gedenktuin. \u2018n Heerlike ontdekkingstog van karaktervolle historiese huisies. Ons raak verlief op die dorp en sy outentieke karakter. Ons leer mense ken.\u00a0 Jim Reeves se Liedjie van jare her \u201cA stranger\u2019s just a friend you do not know\u201d kon hier geskryf wees. Ons ervaar die opwinding van \u2018n besigtigingstoer van\u00a0 Philippolis op\u00a0 Caf\u00e9 se perdekarretjie, die Saterdagmiddag. Besluit: die rit is die naaste wat ons aan \u2018n Suid-Afrikaanse Jingle Bells slee-rit kan kom!\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0Sondagoggend woon ons die erediens in die pragtige ou historiese kerk by,\u00a0 Die gebou het die aanslae van die\u00a0 Anglo-Boere oorlog, sowel as die twee w\u00eareldoorlo\u00eb oorleef . Die spitsboog vensters skep \u2018n gewyde atmosfeer. Die inspirasie van die Woord en orrelmusiek skep \u2018n\u00a0 diep vrede in ons.<\/p>\n<p>Na die diens staan die mense buite die kerk en gesels. Ons herken al \u2018n paar gesigte en vriendelike glimlagte.<\/p>\n<p>\u00a0Later verken ons die Labirint\u00a0 wat deel vorm van die Laurens van der Post\u00a0 gedenktuin. Steenspirale waarop mens kan loop, vertel van \u2018n geestelike reis. Die loop daarvan is \u2018n ontdekkingstog na binne waartydens jy al die negatiewe dinge en oortollige bagasie afl\u00ea. In die kern van die labirint sien jy as\u2019t ware jou lewenspatroon. Ontdek jy jou kern-self, dit wat ten diepste saak maak. Dan is jy gereed om die terugspiraal te loop en simbolies die goeie lewensbagasie op te tel. Die spirale van die labirint bevestig dit wat ons reeds ervaar.-\u2018n rusplek waar jy die binnereis met insig en \u2018n rustige eerlikheid kan aandurf.<\/p>\n<p>\u00a0Maandagoggend voor sonsopkoms, klim ons teen die koppie in die middel van die dorpie uit. Twee kanonne staan waaksaam en tuur oor die slapende dorpie. Ons sit en wag die son in. Toe die strale teen die kerktoring en kanonlope\u00a0 blink, lag ons uitbundig oor die kontras van kanon en kerktoring wat so in mekaar se skadu staan.<\/p>\n<p>\u00a0Ons neem swaar afskeid van die dorpie met sy karaktervolle geboue, eiesoortige sjarme en vriendelike mense. Na Planeet Philippolis (soos ons die ervaring doop) sal ons gewis terugkeer.<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Jaar later hang ek \u2018n glasengeltjie in die oop raam wat uitkyk op die kerk. Lynette se geskenk aan my.\u00a0 Dis lente. Nuwe lewe bot oral. Hierdie keer gaan ek alleen. Dis tyd vir kopskrop. Retraite. Tyd om die wintersheid van ou bagasie af te skud. Om ongeskryfde woorde neer te pen. Ek gaan tuis in die Laurens van Der Post Skrywershuis.<\/p>\n<p>\u00a0Toe ek die Sondagaand skuins voor middernag in die bed klim, is daar die welbehaaglike gevoel \u2013 ek is weer op\u00a0 die \u201csterre-pluk-plek\u201d. Ek luister na die twaalf afgemete klokslae en\u00a0 voel soos \u2018n eietydse Marco Polo.My tweede besoek aan die hartsplek word \u2018n ontdekkingstog, geografies en spiritueel,\u00a0 \u2018n verkennende omlyning van my binnestem.<\/p>\n<p>\u00a0In die drie dae wat volg groei die besef: hierdie plekkie se bekoring l\u00ea diep. Daar is \u2018n byna magiese kwaliteit aan die omgewing wat moeilik in woorde vasgevang word. Saans verwonder ek my aan die wydsheid van die uitspansel. Die stilte. Dink weer aan die aanhaling: \u201c Silence is God\u2019s first language, all the others are bad translations.\u201d<\/p>\n<p>\u00a0Soggens vroeg is ek op die solder van die skryfhuis voor die rekenaar om my eerste indrukke van die dag neer te pen. Soos eerste voetspore op \u2018n skoon strand. Ek kry kans om die Woord rustig in te neem. Te dink. Gedagtes neer te skryf.\u00a0 Die uurlikse kerkklok beaam die proses. Ek ervaar die oop stilte waarin mens so bewus word van God.<\/p>\n<p>\u00a0Later\u00a0 in die dag is dit verkenningstyd. Gesels ek, vra ek uit. Leer ek meer van die dorpie en sy inwoners ken. Ek ontmoet Richard Proctor-Sims, \u2018n uitgewer wat onlangs hierheen verhuis het. Hy bly in Oom Japie se huis en bedryf sy spesialis boekwinkel\u00a0 en \u2018n restaurant vandaar. Hy vertel dat hy die land deurreis het op soek na \u2018n plek om in af te tree, \u2018n aantal moontlike plekke op sy kortlys geplaas het, maar\u00a0 sy hart in Philippolis verloor het.<\/p>\n<p>In Tobie Mullerstraat ontdek ek \u2018n\u00a0 klein,\u00a0 historiese huisie met \u2018n Te Koop-bordjie. Dit het groen luike en voordeur, in\u00a0 tipiese Karoostyl gebou met \u2018n gestroopte eenvoud. Die naambord links van die voordeur lui: Hartjiehortjie Huisie. In elk van die ses groen luike is \u2018n hartjie uitgesny.\u00a0 Die res van die oggend, terwyl ek besig is om\u00a0 my eie indruk van die magiese landskap in woord en beeld te probeer vasl\u00ea, sien ek telkens in my gedagtes \u2018n hartshuisie wat wag om betrek te word.<\/p>\n<p>\u00a0aataand stap ek weer verby die huisie. Die sekerheid groei, hier wag daar \u2018n nuwe hoofstuk. Veral toe ek ontdek dat daar agter die huis\u00a0 \u2018n lang erf\u00a0 met \u2018n bakoond en \u2018n stal is.\u00a0 Terwyl ek vertoef in\u00a0 die eenvoudige vertrek met sy lang hout voerbak en klippiesvloer, voel dit vir my ineens of ek midde in die kersverhaal staan. Ek kry so ligte rilling van opgewondenheid. Besluit dat ek en Lynette \u2018n aanbod op die huisie moet maak. Wat ons toe\u00a0 die volgende\u00a0 week\u00a0 wel doen.<\/p>\n<p>Advent 2005. Ons\u00a0 kuier in Philippolis en ontvang\u00a0 die goeie nuus dat die huisie nou amptelik ons s\u2019n is. Ons hoor dat die huisie uit 1861 dateer en dat die oorspronklike transportakte deur Adam Kok III onderteken is. By die greinhouttafel s\u00ea ons dankie vir die hartshuis met sy plankvloer-voorhuis, slaapkamers, badkamer en kombuisie met \u2018n rietjiesdak (brakdak), vuurherd en koolstoof. In die slaapkamer met die mooi muurpapier maak ons \u2018n fyn engeltjie staan. \u2018n\u00a0 Versierde Koniferboompie\u00a0 by die venster in die voorhuis .<em><\/em><\/p>\n<p>\u00a0Vroeg op Oukersdag word die werf skoongehark. Die harkpatrone word landelike skilderye met Van Gogh se spiralende lug, golwende koringvelde wat tuiskom op Vrystaatse bodem. So al harkende neurie die engelekoor hulle kersagenda..<\/p>\n<p>\u00a0Die werklikheid oortref self ons beplanning. Onder die sterre braai ons karoo-skaaptjops. Die bykosse is reeds gereed. Die greinhouttafel word uitgedra en op die voorstoepie teenaan die straat geplaas. Dit word feestelik versier.<\/p>\n<p>Die lui van die koperklok is die aanduiding dat die fees begin! Twee krulkopdogtertjies hardloop na die stal waar verligte glasengeltjies\u00a0 op die rand van die voerkrip hulle verwelkom. Die ou verhaal van die Jesuskind klink selfs vir ons volwassenes nuut hier in die gestroopte omgewing waar diere oor baie jare \u2018n skuiling gevind het. Dit word ineens waarlik Christusfees. Ek verstaan weer die eenvoud van die Blye Boodskap. Koningskind wat kripkind word. Terwille van ons. Ek sien die opgewondenheid in die twee dogtertjies\u00a0 se o\u00eb. Weet dat hierdie oomblik hulle meer sal bybly as die geskenke wat wag\u00a0 onder die boompie in die voorhuis.<\/p>\n<p>Laataand sit ons op die stoep en sien die uitspansel. Sterre ontelbaar. Helder. Naby. Ek steek my hand asof om een te pluk. Want op Kersfees het die hemel na aan ons gekom. Immanuel. God met ons.<\/p>\n<p>Iewers vermoed ek \u2018n engelekoor \u2013Vrede op aarde. Ook op planeet Philippolis.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Phil-Des05-097.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-845\" title=\"Phil-Des05 097\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Phil-Des05-097-225x300.jpg\" alt=\"\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Phil-Des05-097-225x300.jpg 225w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2011\/12\/Phil-Des05-097.jpg 360w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op Philippolis het ek leer hark. Doodgewone alledaagse hark met \u2018n langsteelhark. In die agterplaas van ons huisie met sy gruisgrond tussen die druiweprieel en die stal. Maar hark is nie maar net die bymekaarhark van blare of klippies of grond nie. Hark is soveel m\u00e9\u00e9r. Dis gedagte-ordening. Dis droomsekwensies en grondskilderye. \u00a0Op Philippolis het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-843","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/843","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=843"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/843\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":847,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/843\/revisions\/847"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=843"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=843"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=843"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}