{"id":848,"date":"2012-01-07T10:48:35","date_gmt":"2012-01-07T08:48:35","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=848"},"modified":"2012-01-07T10:48:35","modified_gmt":"2012-01-07T08:48:35","slug":"mooi-toekomsstraat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=848","title":{"rendered":"Mooi Toekomsstraat"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"IMGP7365\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/01\/IMGP7365-300x199.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"199\" \/><\/p>\n<p>By die wisseling van die jaar dink mens onwillekeurig terug aan jou lewe en die pad tot by die jaar 2012. Langs hierdie pad het jy by verskeie adresse gewoon. Net \u2018n handjievol mense bly hulle lewe lank slegs by een adres.<\/p>\n<p>\u00a0Ek het so bietjie \u2018n lys opgestel van al die straatadresse waar ek van kleintyd af tot nou gebly het. So lyk die lysie:<\/p>\n<p>Anderson, Dawkins, Kervel, Flora, Aberdeen, Henry, Van Ryneveld, Pinewoods, Victoria,Shapiro, Tainton, Ibis, Drongo, Agulhas, Buren, Tobie Mullerstraat<\/p>\n<p>16 adresse\u00a0 altesaam..<\/p>\n<p>Soms kan dit gebeur dat mens se omstandighede sodanig is dat dit jou wil laat s\u00ea: Ek bly in Tamatie straat. Spreekwoordelik \u2018n slegte adres om in te bly. As Tamatiestraat op die Monopolybord moes wees, sou dit net na die <em>Go<\/em> blokkie gewees het, dws\u00a0 in Bruinstraat.<\/p>\n<p>\u00a0Soms wil mens sommer vir jou adres die skuld gee vir alles wat nie reg is in jou lewe nie. As ek net op \u2018n ander plek, dorp, stad, provinsie of land kon bly , sou my lewe anders wees, is die verweer.<\/p>\n<p>\u00a0Die brief wat\u00a0 Jeremia aan die ballinge stuur in Jer 29, gee egter vir mense wat by hulle ou (ongeliefde) adres bly, \u2018n nuwe uitsig, as\u2019t ware \u2018n venster met \u2018n nuwe uitsig.<\/p>\n<p>\u00a0Die brief, wat jeremia met twee boodskappers, Elasa en Gemarja stuur, bevat \u2018n goeie tyding, maar nie vir die ontvangers nie \u2013 eers hulle kinders sal baat \u2013 Oor presies 70 jaar sal ek Babel straf en julle onder my sorg neem&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0Tog is daar ook vir hulle hoop:want Die boodskap wat Jeremia aan hulle moet oordra, bevat hoop vir hulle en die toekoms:<\/p>\n<p>\u201cEk weet wat Ek vir julle beplan, s\u00ea die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle \u2019n toekoms gee, \u2019n verwagting!\u201d (Jer 29:11)<\/p>\n<p>\u00a0Om\u00a0 egter by die visie uit te kom wat God vir hulle het, sal hulle moet verhuis, want tans word hulle hele w\u00eareld gekleur deur die omstandighede waarin hulle is:<\/p>\n<p>\u00a0<strong>Hulle is die mense van Ballingstraat.<\/strong><\/p>\n<p>Hulle huise is almal in \u2018n enerse grys geverf. Geen tuine, geen blomme maar veral geen bome want boomplant is tog \u2018n geloofsaak&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0Nog \u2018n kenmerk van die huise in Ballingstraat \u2013 geeneen het \u2018n posbus nie, want hulle verwag nie meer \u2018n boodskap nie&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0En voor almal se vensters hang \u2018n dik donker gordyn van uitsigloosheid. Kyk nie meer om die dag te sien breek en die seisoene te sien verander nie.<\/p>\n<p>\u00a0Die huise en die bewoners van Ballingstraat sou hulle straat wou herdoop na Bedrukstraat. Want hulle is bedruk. Beswaard. Mismoedig. Melankolies. Moedeloos. Sonderhoopstraat.<\/p>\n<p>\u00a0Dan gebeur iets verrassend. By elke posbuslose huis in Ballingstraat klop daar \u2018n boodskapper met \u2018n brief.<\/p>\n<p>\u00a0Party lees net die eerste woorde van die eerste sin \u2013 oor presies\u00a0 sewentig jaar en gooi dan die brief eenkant. Ander lees darem dat die straf Babel gaan toekom en glimlag wrang- dis hoog tyd , maar dan is ek al lankal dead and gone, wat help dit tog. Sommige lees egter die hele brief en hoor die briefskrywer se beloftehart klop. Ek wil vir julle \u2018n toekoms gee \u2013 \u2018n verwagting.<\/p>\n<p>Bou huise en bewoon dit, l\u00ea tuine aan.<\/p>\n<p>\u00a0Daarom die opdrag: Leef voluit daar waar ek julle geplaas het. Al woon julle tans nog in Ballingstraat, het ek reeds julle adres verander na Mooi Toekomsstraat. Ek wil vir julle \u2018n toekoms gee, \u2018n verwagting.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><strong>Mooi Toekomsstraat<\/strong>. Wat \u2018n besondere straat is dit nie! Ek was so opgewonde toe ek die dag ontdek dat daar in Flamingopark,\u00a0 Welkom \u2018n straatjie is met die naam van Mooi Toekomsstraat. Oppad van my blyplek in Ibisstraat moes ek gereeld met Mooi Toekomsstraat ry as ek winkel toe gaan. Dan het ek altyd gedink dit sal lekker wees om in \u2018n straat met so naam te bly.<\/p>\n<p>\u00a0Want aan die bewoners van Mooi Toekomsstraat word daar nege beloftes gegee in Jeremia 29: God self is die Beloftemaker, inisieerder:<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><strong>Beloftes<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Ek julle onder my sorg neem<\/li>\n<li>Julle na Jerusalem terugbring<\/li>\n<li>Ek beplan vir julle voorspoed<\/li>\n<li>Ek gee vir julle \u2018n toekoms, \u2018<\/li>\n<li>Ek gee julle \u2018n uitsig, \u2018n verwagting<\/li>\n<li>Ek sal julle gebede verhoor<\/li>\n<li>Julle sal my wil ken<\/li>\n<li>Julle sal my ontmoet<\/li>\n<li>Ek sal julle bymekaar maak tussen die nasies<\/li>\n<\/ol>\n<p>\u00a0Ten einde in Mooi Toekomsstraat te kan woon, moet mens eers \u2018n paar ander adresse bewoon:.<\/p>\n<p>\u00a0<strong>Kripstraat<\/strong><\/p>\n<p>Wie in die gees by die Kripkind in die stal kniel en hulde aan Hom bring omdat Hy sy Hemelstraat-adres verruil het vir Kripstraat, is gereed vir die volgende adres.<\/p>\n<p><strong>Kruisstraat<\/strong><\/p>\n<p>Dis seker die belangrikste straat warin jy moet woon voor jy eendag MooiToekomsstraat kan betrek \u2013 die huise in Kruisstraat het bloedrooi kosyne wat herinner aan die bloed van die lam wat geslag om versoening te bring. In Kruisstraat word mens klein voor die groot waarheid, dat jy nie self die prys van jou blyplek in Kruisstraat kan betaal nie, jy moet aanvaar dat dit reeds vir jou betaal is. Hier leer jy dus nederige oorgawe. Dan kan jy verhuis na die volgende adres:<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><strong>Klipstraat.<\/strong><\/p>\n<p>\u00a0Klipstraat se naam is misleidend. Hier verwag mens uitsiglose huise, maar word juis verras deur oop deure! \u00a0Klipstraat\u00a0 herinner ons aan die klip wat voor die graf geplaas was en wat weggerol is met die opstanding. Mense van klipstraat weet dat Jesus die dood se klipswaar oorheersing oorwin het. Dan is jy gereed vir die volgende straat:<\/p>\n<p>\u00a0<strong>Koningstraat<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Wie hier woon erken Jesus se heerskappy oor sy\/haar lewe, verhoudings, werk, besluite&#8230;.In die straat leer mens dag-vir-dag gehoorsaamheid \u2013 \u2018n fyn luister na die stem van die herder-koning.<\/p>\n<p>\u00a0<strong>Mooi Toekomsstraat<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Wie die pad gevolg het \u2013 Krip-, Kruis-, Klip- en Koningstraat weet dat hulle huis in Mooi Toekomsstraat \u2018n werklikheid is. Dat daar vir hulle \u2018n uitsig, \u2018n verwagting is.<\/p>\n<p>\u00a0Mag 2012 se adres vir elkeen Mooi Toekomsstraat wees.<\/p>\n<p>\u00a0Mooi bly!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 By die wisseling van die jaar dink mens onwillekeurig terug aan jou lewe en die pad tot by die jaar 2012. Langs hierdie pad het jy by verskeie adresse gewoon. Net \u2018n handjievol mense bly hulle lewe lank slegs by een adres. \u00a0Ek het so bietjie \u2018n lys opgestel van al die straatadresse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-848","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/848","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=848"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/848\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":851,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/848\/revisions\/851"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=848"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=848"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=848"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}