{"id":860,"date":"2012-02-12T12:20:56","date_gmt":"2012-02-12T10:20:56","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=860"},"modified":"2012-02-12T12:35:55","modified_gmt":"2012-02-12T10:35:55","slug":"liede-met-verhale","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=860","title":{"rendered":"Liede met verhale"},"content":{"rendered":"<p><strong><\/strong>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Rots der eeuwe-1p\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/Rots-der-eeuwe-1p-183x300.jpg\" alt=\"\" width=\"183\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Liede vertel soms \u2018n dubbele verhaal: Die verhaal in die liedteks en die verhaal van die assosiasie wat die lied in die hoorder opwek.Liedstories bekoor my van jongsaf.<\/p>\n<p>\u00a0Van my kleintydse melankolie oor \u201cThe ship that never sailed\u201d tot by onlangse treffers wat \u2018n bepaalde indruk laat \u2013 die stories bly my by. Dalk die dat RSG se Vat Vyf op \u2018n Saterdag tydens die program Brekfis met Derrich my terugneem na die onthou wat bepaalde liede opwek.<\/p>\n<p>\u00a0Kleintyd was dit veral die Hallelujaliede van die Kinderkrans wat \u2018n groot indruk op my ontvanklike kindergemoed gemaak het. So het ek en sus Alwa\u00a0lustig die liedjies wat ons die dag in die Kinderkrans geleer het, oppad terug huis toe gesing of by die huis ons eie konsert gehou. Toe ons \u201claat ons skyn vir Jesus \u201c leer, gaan oefen ons dit kliphard in die donkerste deel van die huis \u2013 daar waar die gang sy L buiging maak na die badkamer toe, want ons moet mos ons lig laat skyn \u201cin die donker w\u00eareld\u201d en dit is die donkerste plek in die huis waar daar geen vensters is nie.<\/p>\n<p>\u00a0As vyfjarige was Superman my groot held. Op die <em>comics<\/em> se voorblad in die kafees het hierdie held gepryk \u2013in volle vaart oppad om iemand te red. Toe die Kellogs promosie op die kartonflap van die <em>Rice Krispies <\/em>ontbytgraan verskyn, het ek geneul totdat my ma drie kartonflappe ingestuur het en ek in ruil daarvoor my <em>Supermanbelt<\/em> ontvang het \u2013 \u2018n bloedrooi plastiekgordel met die bekende <em>Supermanlogo<\/em> op die gespe. Nes die seuntjie in die KFC advertensie het ek geweier om my belt af te haal want ek het mos super kragte gehad terwyl ek di\u00e9 gedra het. Toe ons kort daarna die liedjie in die Kinderkrans leer van Red die wat sterwe (eintlik Red wat verlore gaan, soek die wat sterwe) het ek dadelik voor my geestesoog gesien hoe die sterke Red (want in my gedagtes was hy \u2018n sterk man) soos \u2018n wafferse Superman al wat siek is help en almal wat in nood (en dood) is, te hulp snel. Weekdae was ek Superman en Sondae was ek Red.<\/p>\n<p>\u00a0As jong seun het ek ook dikwels gesien met watter toewyding my Duitse ouma met geslote o\u00eb die lied \u201c Ruwe Storme breek in woede, alles om my heen is nag\u2026\u201d tydens huisgodsdiens gesing het. Dan het ek altyd die prentjie voor my geestesoog gehad van \u2018n vrou wat op \u2018n rots staan in die see met die woedende branders wat om haar slaan. Genadiglik was daar op die rots ook \u2018n ruwe kruis waaraan sy kon vashou.<\/p>\n<p>\u00a0Heelwat van die prentjies wat ek aan die liede gekoppel het, het sy ontstaan in die ou Postcard Album wat dateer uit die Oorlogsjare. Die Album bevat poskaart prentjies met die liede van woorde, sommige ook Hallelujaliede, daarop. Die album was my Oupa en Ouma se eiendom. Na my Oupa se dood is al sy boeke na ons huis gebring in kartondose. Toe ons moes verhuis, moes van meeste van die boeke ontslae geraak word. Ek onthou hoe ek die dag na die hoop boeke gekyk het wat moes weggegooi word. Ek het ineens die boeke intens jammer gekry. Toe verskyn die \u201cRed\u201d-karakter weer skielik in my en begin ek boeke aandra na my kamer toe, o.a. die ou Poskaart-album vol prentjies. Ek kon sodoende darem \u2018n paar boeke red, maar oor die album was ek die blyste. Ek kon ure kyk na die poskaartprentjies met die woorde van die verskillende verse van liedjies op elke blaai.\u00a0<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7603p-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-863\" title=\"IMGP7603p (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7603p-2-300x229.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"229\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7603p-2-300x229.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7603p-2.jpg 765w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>\u00a0<\/p>\n<p>My ma was seker heimlik bly oor die redpoging van die poskaart-album, want soms het sy saam met my deur die album geblaai en sommige van die liedjies se stories in haar eie woorde vertel, o.a. <em>Oh where is my wandering boy tonight?<\/em> <em>The Lost chord <\/em>en <em>Thora<\/em>. So het die eerste reels van die liedjies in my kop vasgesteek \u2013 \u201cI stand in a land of roses, but I dream of a land of snow, where you and I were happy in the years of long ago\u2026\u201d (Thora) Op die prentjie van vers vier kniel die bedroefde man by die graf van sy geliefde Thora met\u00a0Thora wat vanuit die wolke haar arms na hom toe uitsteek. Baie melodramaties, maar dit was vir my jong gemoed so aangrypend. So ook die woorde van \u201cwhere is my wandering boy tonight?\u201d<\/p>\n<p>\u2013\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 where is my wandering boy tonight \u2013the boy of my tenderest care,<\/p>\n<p>\u2013\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 the boy that was once my joy and light, the child of my love and prayer?<\/p>\n<p>\u00a0Op die prentjie van \u201cThe lost chord\u201d sit \u2018n jong meisie in \u2018n vloeiende blou rok met goue omboorsels voor \u2018n indrukwekkende pyporrel. Die eerste vers lui:<\/p>\n<p>\u00a0Seated one day at the organ, I was weary and ill at ease<\/p>\n<p>And my fingers wandered idly over the noisy keys,<\/p>\n<p>I know not what I was playing or what I was dreaming then,<\/p>\n<p>But I struck one chord of music, likethe sound of a great Amen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Soms het my ma die wysie van die liedjies saam met die woorde gesing en dit het diep indruk op my gemaak.<\/p>\n<p>\u00a0Nou nog wanneer ek deur die ou album vol poskaarte blaai, vou die liedjies met hulle (meestal hartseer) verhale voor my oop.<\/p>\n<p>\u00a0Soms, as dit voel asof die ruwe storme waarvan ouma altyd so met oorgawe gesing het, in al sy felheid om my breek en die stukkie rots waarop ek staan voel asof dit verswelg gaan word, bring die poskaartprentjie van die vrou op die rots \u2018n vreemde troos. Veral ook die ruwe kruis wat soos \u2018n ankerpaal haar regop hou.<\/p>\n<p>\u00a0Dan weet ek dat die eintlike Red my nie sal laat ondergaan nie.<\/p>\n<p>\u00a0Ek kan maar aanhou sing, al is dit soms bewerig.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7602p-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-862\" title=\"IMGP7602p (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7602p-2-300x217.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"217\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7602p-2-300x217.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/02\/IMGP7602p-2.jpg 810w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 &nbsp; Liede vertel soms \u2018n dubbele verhaal: Die verhaal in die liedteks en die verhaal van die assosiasie wat die lied in die hoorder opwek.Liedstories bekoor my van jongsaf. \u00a0Van my kleintydse melankolie oor \u201cThe ship that never sailed\u201d tot by onlangse treffers wat \u2018n bepaalde indruk laat \u2013 die stories bly [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-860","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/860","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=860"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/860\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":865,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/860\/revisions\/865"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=860"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=860"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=860"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}