{"id":873,"date":"2012-03-04T17:11:43","date_gmt":"2012-03-04T15:11:43","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=873"},"modified":"2012-03-04T20:16:17","modified_gmt":"2012-03-04T18:16:17","slug":"verlies-en-wins","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=873","title":{"rendered":"Verlies en Wins"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/03\/DSCF0795b-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-874\" title=\"DSCF0795b (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/03\/DSCF0795b-3-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/03\/DSCF0795b-3-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/03\/DSCF0795b-3.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Soms moet mens \u2018n lewensbateregister opstel. Net soos mense gewoonlik aan die einde van die finansi\u00eble jaar hulle finansi\u00eble state opstel en\/of voorraadopname hou van al hul goedere, moet mens soms jou lewensverliese en \u2013winste opskryf.<\/p>\n<p>\u00a0In Mei 2008\u00a0 woon ek \u2018n retraite by op Menuha (plek van rus). Die besondere afsonderingsgeleentheid word gekoppel aan die Emmausgangers se reis \u2013 hoe hulle op die eerste pase hul reis van Jerusalem na Emmaus onderneem het en ontdek het dat \u2018n vreemde medereisiger met hul saamloop. Meer nog, hy kan antwoorde bied op hulle vrae oor die gebeure in Jerusalem en die kruisiging.<\/p>\n<p>Wat hierdie retraite nog meer besonders maak is die feit dat die verhaal van die Emmausgangers toegelig word m.b.v die aangrypende skilderye wat Rembrandt oor hierdie reisigers en hul reisgenoot\/tafelgas geskilder het. Die verskillende weergawes van die skilderye hang ten nouste saam met die gebeure in Rembrandt se eie lewe, bv. die verlies van drie kinders aan die dood asook die uiteindelike\u00a0 verlies van sy geliefde Saskia.<\/p>\n<p>\u00a0Uiteindelik skilder Rembrandt agt weergawes van die Emmausverhaal en elke skildery vertel iets van Rembrandt se verliese\/ lewenservaring op daardie spesifiek tyd toe hy dit geskilder het.<\/p>\n<p>\u00a0Tydens die retraite gee die gespreksleier elkeen van die aanwesiges kans om vir \u2018n paar uur te gaan nadink oor hul eie verliese op die lewenspad. Dit word \u2018n middag vol ontdekkings. Ek kry \u2018n sitplek op \u2018n lekker plat klip teen die rantjie en sit en staar na die skoon bladsy voor my waar en my eie verliesregister moet boekstaaf. En vreemd genoeg is my eerste verlies wat ek onthou \u201cdie dag van die mes.\u201d \u00a0My aantekening in die Verliesregister lui naastenby as volg:<\/p>\n<p>\u00a0\u201cVandag moet ek skryf oor verliese in my lewe en die impak daarvan op my. Ek weet dat die groot verliese in my lewe uiteindelik die verlies was van mense wat my langs die lewenspad ontval het \u2013 Oupa Van Niekerk, was die eerste groot verlies en daarna het vele ander gevolg. Maar nog voor Oupa se dood het ek iets baie kortstondig gehad wat vir my \u2018n spesiale simbool was, maar wat ek toe verloor het \u2013 my Olifantmes.&#8221;<\/p>\n<p>\u00a0Dit was tydens ons Langverlof in die Kaap Feb\/Maart 1959. Ons het deur die Kaap\u00a0 getoer in ons Vauxhall Victor saam met Oom Thys en Tannie Tina-hulle (hulle in \u2018n ligbruin Austin). Op Knysna het ons gestop op die dorp. Die grootmense het gepraat van die Bos en die Olifante wat wild in die Bos rondloop. Dit het \u2018n groot indruk op my kindergemoed gemaak. Ek sou binne \u2018n dag of twee vyf word en het begerig gekyk na die mooi messe wat uitgestal was in die glaskas in die winkel vol kurios en ander aandenkings. Een mes het bo al die ander uitgestaan: \u2018n Knipmes met \u2018n wit hef en daarop die prentjie van \u2018n Olifant wat trompetter. Die mes en die prentjie daarop het my aangegryp en ek het vasgenael gestaan. Pa het later nadergekom en gevra wat ek so aandagtig na staar.\u00a0 Ek het na die mes beduie. Pa het die begeerte in my o\u00eb gesien en ingestem om vir my die mes te koop \u201csiende dat ek nou al so byna vyf is en groot genoeg is vir so geskenk.\u201d\u00a0 Ai, die wonder van die mes in my hand te hou! My eie mes. My Grootseungeskenk.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0Ons het van Knysna af verder gery. Later het ons \u2018n stilhouplek gevind om te eet. Dit was half in die Bos en so mooi. Ek het enige oomblik verwag dat een van die Bosolifante waarvan ek gehoor het, hulle verskyning sou maak. Ons het padkos ge\u00ebet. Daar was vrugte wat by \u2018n padstal gekoop is en Ma wou die Langkloof-appels in kwarte sny. Daarvoor het sy my mes nodig gehad. Ek het dit trots uit my sak gehaal en die appels is mooi gesny. Toe ons oppak vra ek waar my mes is. Dit was skoonveld! Ons het oral gesoek, selfs rodgekrap in die blaretapyt rondom die sementtafel waarop ons ge\u00ebet het.Die mes was skoonveld! Ek wou nie in die Vauxhall klim om verder te ry nie. Pa moes mooipraat en selfs later dreig. Onwillig het ek ingeklim, maar bly omkyk toe ons ry, so byna of ek verwag het dat \u2018n Olifant met die mes vasgeknyp in sy slurp \u00a0agter ons sou aankom. My eerste groot verlies in my verliesregister.<\/p>\n<p>\u00a0Ons het \u2018n paar dae oorgebly op \u2018n plaas op Uniondale waar ek ook my vyfde verjaarsdag gevier het. Die oggend van die verjaardag het ek \u2018n pakkie gekry met \u2018n mooi swart-en-wit blikmotortjie daarin. Dit was \u2018n polisie-opwenmotortjie wat masjiengewere in voorste venster gehad het, wat heen en weer beweeg as die motor opgewen is. Dit was \u2018n baie spesiale geskenk. Tog het ek heimlik verlang na my Olifantmes. \u2018n Karretjie was \u2018n seuntjie-geskenk, \u2018n mes \u2018n Grootwees geskenk. Tog het ek die Karretjie goed bewaar. Tog is die verlies op \u2018n vreemde manier weer in \u2018n wins omskep.<\/p>\n<p>\u00a0Ek het die gebeure opgeteken in Mei 2009:<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>My reisgenoot en ek ry vroegoggend na die Oos Vrystaat. Met \u2018n versigtige opgewondenheid.<\/p>\n<p>Vlak voor Senekal die eerste afwisseling van die landskap \u2013 heuwels. Klein bietjies kosmos. Agterop is die groot esel gelaai en Sandra (van Turksvytrading) se drie stoele en spoorweglamp.<\/p>\n<p>\u00a0Ons stop by die sandsteenpadstal. Dis rerig Oos-Vrystaat. Naby Rosendal die poskaartprentjie van die wakende sandsteenkop en die sagte kleure. Net die prentjie alleen maak die ry die moeite werd. Ry die dorpie binne en sien daar is \u2018n Boeremark. Stop eers by Turksvy Trading en groet Sandra. Laai die vrag af. Gaan verken boeremark. Interessante grepe van gesprekke: \u201ctoe nou Poepsie hou jou hande uit die kaneelsuiker\u201d en \u201c my ma se koek gaan platval as ek nie nou dadelik ry nie\u201d (vrou met versierde koek in hand). \u201c Ek koop eiers by \u2018n boer wat elke eier met \u2018n potlooddatum merk\u201d (vrou by stalletjie)<\/p>\n<p>\u00a0Ons eet pannekoek en koop drie kruieplantjies. Verken die dorp verder. Kotze ateljee is gesluit en te koop. Ontdek \u201cthe Rosendal\u201d hotel. Mooi sandsteen gebou met landelike uitsig en mooi eenhede en pragtige tuin agter.<\/p>\n<p>Ons drink \u2018n heerlike tee\u2019tjie, geniet die uitsig met koeie wat rustig wei. \u2018n bonte blommetuin en berge wat die prentjie omraam. Kyk na die verskeidenheid mense. Ek skribbel \u2018n paar gedagtes in Lynette se boekie. Bel Sandra en sy is nog besig. Ons besluit om sommer middagete daar te geniet. Sit en terugdink aan drie jaar gelede \u2013 die Saterdag na ons troue en die heerlike verkenning van Clarens. Verlede jaar was ons tydens Pase in Turkye met die Grotnagmaal.<\/p>\n<p>\u00a0Ons vra onsself af hoe ons Goeie Vrydag\/Paasfeesprentjie oor \u2018n jaar gaan lyk en formuleer \u2018n paar doelwitte.<\/p>\n<p>\u00a0Stap later deur die mooi blomtuine en kyk na die kerkie. \u2018n Heerlike saligheid kom l\u00ea in ons binneste Ons ry na Turksvy Trading en begin Sandra se drie winkels verken. Ons is verbaas oor al die uitbreidings en die magdom voorraad.\u00a0Maar die eintlik lekkerte bly Turksvy Trading. Dis stiller (na twee reeds) Sandra wys haar aankope van \u2018n winkel wat gesluit het in Lesotho. In \u2018n pakstoor agter die winkel was vorraad geberg wat uit die jare vyftig en sestig dateer: \u00a0Ou medisyne (Dr William\u2019s Pink Pills, Phillips Milk of Magnesia ens.) Ouma Meelbol. Flennie. Outydse rooi vilt kinderpantoffels met die bont tossel op. Ons kan dit nie weerstaan nie en koop \u2018n paar.<\/p>\n<p>\u00a0Tog is die verrassendste oomblik toe ek die ou messe raaksien. Nog gese\u00ebl in \u2018n houer. My hart ruk behoorlik toe ek my lankverlore Olifantmes sien. My mes wat so kortsstondig gehd het tydens ons langverlof in die Kaap en wat ek verloor het in die Knysna bos. Ek wil so graag so een h\u00ea, maar die pak is gese\u00ebl en sy wil dit as eenheid verkoop. Tog, \u00a0sy het dalk \u2018n los een agter in die stoor, s\u00ea sy. Terwyl ek en Lynette verder snuffel, gaan sy kyk en kom na \u2018n ruk terug met \u2018n toe hand. Vra dat ek my hand moet oophou. Sy plaas die \u00a0Olifantmes daarin. So onwerlike oomblik. \u2018n Sirkel is voltooi.<\/p>\n<p>\u00a0Toe ek vandag die foto van die opwenkarretjie neem (nou reeds 53jaar oud) en die mes wat nou weer drie jaar in my besit is, dink ek daaraan dat die inskrywings onder die Verliesregister soms, op \u2018n vreemde manier, weer \u2018n Wins-inskrywing word.<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"rembrandt-harmenszoon-rijn-the-supper-at-emmaus\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2012\/03\/rembrandt-harmenszoon-rijn-the-supper-at-emmaus-286x300.jpg\" alt=\"\" width=\"282\" height=\"296\" \/><\/p>\n<p>(Met dank aan Jan Lubbe vir die bewusmaking van die Rembrandt skilderye en die Emmaus-ervaring.)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soms moet mens \u2018n lewensbateregister opstel. Net soos mense gewoonlik aan die einde van die finansi\u00eble jaar hulle finansi\u00eble state opstel en\/of voorraadopname hou van al hul goedere, moet mens soms jou lewensverliese en \u2013winste opskryf. \u00a0In Mei 2008\u00a0 woon ek \u2018n retraite by op Menuha (plek van rus). Die besondere afsonderingsgeleentheid word gekoppel aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-873","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=873"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":877,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873\/revisions\/877"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}