{"id":88,"date":"2010-07-04T23:03:58","date_gmt":"2010-07-04T21:03:58","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=88"},"modified":"2010-07-05T08:49:52","modified_gmt":"2010-07-05T06:49:52","slug":"brose-kleipotte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=88","title":{"rendered":"Brose Kleipotte"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/2005_0503Image0006b.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-89\" title=\"2005_0503Image0006b\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/2005_0503Image0006b-300x233.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"233\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/2005_0503Image0006b-300x233.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/2005_0503Image0006b.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Kleintyd in die kinderkrans leer ons \u00a0liedjies soos\u00a0: Laat ons skyn vir Jesus, Red wat verlore gaan, Jesus roep my vir &#8216;n sonstraal. Tog is dit die liedjie van die pottebakker en die klei wat in my kop prentjies maak. Ek weet nog niks van pottebakkerswiele en soorte klei nie, maar verstaan iets van die man wat iets uit die klei skep:<\/p>\n<p>Doen slegs U wil Heer, U wil met my -U pottebakker, met my die klei \u2013<\/p>\n<p>Vorm my en maak my, net soos U wil &#8211;\u00a0Op U bly wag ek, nederig en stil.<\/p>\n<p>Klei -&#8216;n wonderlik vormbare medium om gedagteprentjies gestalte te gee.<\/p>\n<p>My eerste herinnering van klei is my \u00a0onbeholpe gewoel met\u00a0modder om\u00a0kleikoekies en -diertjies te maak in die agtertuin van ons huis. Die diep bevrediging om met modderbesmeerde hande jou modderskepping uit te stal,\u00a0l\u00ea die grondslag vir my lewenslange belangstelling in\u00a0kleikreatiwiteit.<\/p>\n<p>My eerste defnitiewe\u00a0 onthou van speelklei, is my eerste dag in Graad 1. Juffrou Ackerman\u00a0 herrangskik die raserige groep en\u00a0laat ons \u00a0seuntjie-dogtertjie langs mekaar sit in die dubbelbanke. Dit het nogal &#8216;n effek,\u00a0want wat s\u00ea mens vir &#8216;n vreemde meisie wat ook\u00a0grootoog na jou staar? Juffrou\u00a0deel aan elkeen\u00a0&#8216;n stukkie klei\u00a0uit, met die opdrag dat ons\u00a0iets vir haar moet maak. Ek\u00a0begin my stukkie klei\u00a0\u00a0in slangetjies uitrol. \u00a0Hestertjie\u00a0(sy het darem haar naam vir my ges\u00ea!) begin ingedagte wolletjies op haar trui afpluk en vorm dit tot bolletjies tussen haar duim en voorvinger. &#8220;Kyk&#8221;s\u00ea sy \u00a0terwyl sy trots haar hand uithou &#8220;hier is &#8216;n klompie eiertjies.&#8221; Ek\u00a0vorm\u00a0\u00a0&#8216;n kleimandjie\u00a0met die kleislangetjies en rond dit af\u00a0 &#8216;n gevlegte\u00a0handvatsel. Die woleiertjies\u00a0word versigtig in die mandjie geplaas. Ons\u00a0is baie trots op ons spanpoging. Die ys is gebreek.<\/p>\n<p>Die wonder van klei is die absolute plooibaarheid daarvan. Om &#8216;n stuk klei in die hand te neem, dit te brei en te vorm, is om onbeperkte moontlikhede in jou hand te hou. Die\u00a0bol klei kan enigiets word; &#8216;n vis, &#8216;n duif, &#8216;n leeu, &#8216;n blompot, &#8216;n mensfiguur!<\/p>\n<p>Eers as volwassene neem ek Pottebakkersklasse en ontdek die terapie van klei. Die oomblik as jy die\u00a0 koel kleirol in jou hande neem, dit begin brei en\u00a0op die pottebakkerswiel vorm, is magies. Dis &#8216;n\u00a0 wonderlike sensasie om die klei op die wiel te sentreer want dan voel jy \u00a0klei lewe. Onder jou hande\u00a0 word die vormlose\u00a0iets nuuts.\u00a0\u00a0Soms die teleurstelling as dit onder jou hande knak as jy dit te haastig\u00a0 optrek. Dan verstaan mens\u00a0die gedeelte\u00a0waar Jeremia oor die pottebakker se skouer loer en sien hoe die voorwerp begin vorm aanneem en dan, ineens, klaaglik misluk!\u00a0 Tog die wonder- Jeremia sien dat die pottebakker\u00a0geduld met die klei het, hy gooi dit nie woedend eenkant in die hoek omdat dit misluk het nie, maar brei dit weer en vorm dit dan tot iets bruikbaars. (Jer 18)\u00a0So &#8216;n groot lewensles &#8211; die Skepper wat geduldig met ons besig is en ons mislukkings hervorm tot nuwe moontlikhede.<\/p>\n<p>Die 1996\u00a0film Phenomenon\u00a0vertel die verhaal van George Malley (vertolk deur John Travolta), &#8216;n doodgewone werktuigkundige wat op sy 37e verjaarsdag saam met sy vriende kuier en dan as hy uitstap, deur &#8216;n lig uit die hemelruim oorweldig word. Hy is tydelik bewusteloos, maar wanneer hy wakker word, beskik hy oor buitengewone vermo\u00ebns. Hy is voorwaar soos &#8216;n stuk klei met oneindige moontlikhede &#8211; hy kan dinge oombliklik snap, \u00a0leer\u00a0tale moeiteloos\u00a0aan\u00a0en is in staat om wiskundige probleme op te los. Sommige mense wil\u00a0sy vermo\u00eb\u00a0misbruik en van hom &#8216;n pion in hulle spel maak. Dan\u00a0ontmoet hy vir Lace (Kyra Sedgwick), &#8216;n kreatiewe vrou wat meubels uit afvalstukke hout maak,\u00a0 Sy is sinies oor die liefde, maar geleidelik ontdek hulle dat hulle weer\u00a0 mekaar nuut kan laat kyk na onvoorwaardelike liefde.\u00a0&#8216;n Liedjie op die klankbaan van die film is &#8220;Piece of clay&#8221; (deur Marvin Gaye) Dit \u00a0handel juis oor die feit dat mense soms ander soos klei wil vorm met selfsugtige motiewe, maar\u00a0beklemtoon dan\u00a0dat ons eerder mekaar se broosheid as kleimense moet respekteer:<\/p>\n<p>Father stop criticizing your son<br \/>\nMother please leave your daughters alone<br \/>\nDon&#8217;t you see that&#8217;s what wrong<br \/>\nWith the world with world today<br \/>\nEverybody wants somebody<br \/>\nTo be their own piece of clay<\/p>\n<p>We should all love each other<br \/>\nLove and take one another<br \/>\nWe should love each other<br \/>\nLove and not hate, oh<\/p>\n<p>Everybody wants somebody<br \/>\nTo be their own piece of clay&#8230;<\/p>\n<p>Gedurende\u00a0April \u00a02005 kuier ek by my broer op Paternoster nadat ons die KKNK bygewoon het. Ons gesels oor die lewe wat soveel moontlikhede inhou en dat mens deur kreatiwiteit uiting kan gee aan die unieke prentjie wat jy in jou binneste ronddra. Hy inspireer my om iets te skilder en ons praat oor die wonder van die lewe met al sy fasette: goed en sleg.<\/p>\n<p>Ons besoek &#8216;n pottebakkersateljee en verkyk ons aan die uniekheid van elke pot. Ek neem &#8216;n foto van &#8216;n groep potte wat ge-raku is en elk sy eie patroon vertoon a.g.v. van die vuur waarin die potte gebak is.\u00a0So is die\u00a0 lewe, s\u00ea ons &#8211; elke mens se verhaal is uniek al verg dit die hitte van vuur en toetsing\u00a0om dit na vore te bring.<\/p>\n<p>Vandag eers besef ek hoe waar daardie woorde was. In sy en my verhaal het die toetsing gekom, maar deur die genade is ons betyds uit die raku-vuur gelig.<\/p>\n<p>Brose kleipotte, maar tog behoue.<\/p>\n<p>&#8220;Ons wat hierdie skat in het, is maar kleipotte wat maklik breek, die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.&#8221; (2Kor4:7)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kleintyd in die kinderkrans leer ons \u00a0liedjies soos\u00a0: Laat ons skyn vir Jesus, Red wat verlore gaan, Jesus roep my vir &#8216;n sonstraal. Tog is dit die liedjie van die pottebakker en die klei wat in my kop prentjies maak. Ek weet nog niks van pottebakkerswiele en soorte klei nie, maar verstaan iets van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-88","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/88","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=88"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/88\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":92,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/88\/revisions\/92"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=88"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=88"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=88"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}