{"id":907,"date":"2012-06-06T12:40:33","date_gmt":"2012-06-06T10:40:33","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=907"},"modified":"2012-06-06T12:44:07","modified_gmt":"2012-06-06T10:44:07","slug":"woestynvis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=907","title":{"rendered":"Woestynvis"},"content":{"rendered":"<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"IMGP7750b(2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/IMGP7750b2-300x148.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"148\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Soos &#8216;n vis op dro\u00eb grond<\/em> &#8211;\u00a0die uitdrukking het nog altyd &#8216;n prentjie in my kop gevorm van die spartelende vis wat op die dro\u00eb grond swem dat die stof so staan! Eintlik is dit &#8216;n baie beskrywende uitdrukking om\u00a0iets of iemand aan te dui wat uiters ongemaklik is en in &#8216;n\u00a0vreemde situasie beland. Maar &#8216;n vis in die woestyn? &#8216;n Totaal ondenkbare scenario.<\/p>\n<p>Tog het ek in 2004 tydens ons tog deur &#8216;n stukkie Namib-woestyn nogal die vreemde bekoring van die woestyn en sy veranderende sandduine geniet. Tydens my worsteling om die kruin van Duin Sewe te bereik, het ek nogal soos &#8216;n spartelende vis gevoel wat stroom-op swem op dro\u00eb grond. Terwyl ek dan &#8216;n Pisces-man is het ek nogal in my kop die twee uiteenlopende komponente gesien &#8211; woestyn en vis. Toe het ek nogal nagedink oor die\u00a0 jukstaposisie van die twee en gewonder oor die vreemde kombinasie: \u00a0Woestynvis.<\/p>\n<p>Miskien is ek dalk van kleintyd af ietwat van &#8216;n woestynvis, want ek vind\u00a0 dit nie aldag maklik om <em>small talk<\/em>\u00a0\u00a0te maak in &#8216;n gesprek nie. Kleintyd het ek myself nogal as\u00a0woestynvis \u00a0beleef wat soms\u00a0maar in sosiale situasies spartelbewegings uitvoer teryl ek verlang na die vriendelike milieu van my eie klein en bekende \u00a0kring.<\/p>\n<p>In my Grensjoernaal wat ek tydens my diensplig in 1979 gehou het, het ek dikwels my lot bekla dat ek daar in die barre Ovamboland (wat maar baie woestynerig gevoel het) soms soos &#8216;n vis op dro\u00eb grond gevoel het. Veral het ek dit soms moeilik gevind om heeltyd te sosialiseer, as&#8217;t ware groepsverplig te voel en baie min privaatheid te h\u00ea. By die inskrywing van Saterdag 19 Mei 1979 lees ek die volgende: <em>Vreemd genoeg is die fliek wat vanaand wys &#8211; The Passenger &#8211; dit is &#8216;n fliek waarmee ek nogal kan identifiseer omdat ek dikwels soos &#8216;n buitestander voel, &#8216;n passasier wat saamry, maar wat nie altyd deel van die groep is nie. <\/em><\/p>\n<p>Telkens vorentoe in my lewe was daar weer momente waar ek &#8216;n situasie ervaar het asof ek van buite daarop inkyk en nie deel is van die prentjie nie.<\/p>\n<p>Die dag toe ek die dokteruitspraak hoor van die PSA-telling wat buite beheer is en van vreemde plakkers wat my liggaam beset het, \u00a0het ek besef dat hierdie vis vreemde vaarwaters binneswem en dat die strome in die dorsland maar soms klein\u00a0poeletjies \u00a0gaan wees waarin ek sou moes aanhou swem &#8211; soms desnoods stroomop.<\/p>\n<p>Die afgelope week het ek &#8216;n fliek gesien met die interessante titel <em>Salmon fishing in the Yemen<\/em>. \u00a0Hierdie sjarmante film\u00a0met Lasse Hallstr\u00f6m as regisseur, die man wat ook verantwoordelik was vir die film <em>Chocolat, <\/em>het my opnuut oor die vreemdheid van &#8216;n vis in die woestyn laat nadink<em>.<\/em><\/p>\n<p><em>Salmon Fishing<\/em>\u00a0\u00a0vertel die verhaal van &#8216;n onwaarskynlike droom. &#8216;n Welvarende Sjeik wat in Jemen woon, se ideaal is om &#8216;n Salm-visse in die woestynagtige omgewing van Jemen te vestig. Hy vra &#8216;n konsultant, Harriet Chetwode-Talbot (vertolk deur Emily Blunt) om navraag te doen ten einde &#8216;n kundige te kry wat die Sjeik hierin behulpsaam kan wees.\u00a0 Die kundige blyk Dr Alfred Jones (vertolk deur Ewan McGregor) te wees. Leon van Nierop se gloeiende resensie van die fliek gee die sinopsis as volg weer:<\/p>\n<p><em>Die fliek wat soos warm vla oor jou hart spoel en nes warm botterbroodjies vol stroop proe, gaan oor \u0149 opportunistiese en flink jong vrou, die onvergelyklike Emily Blunt, wat deur \u0149 sjeik in Jemen genader word met \u2018n onmoontlike voorstel. Hy wil salm na die woestyn neem waar hy besig is om \u2018n dam te bou. Hy wil die visse daar vestig sodat hy daar sy viskanvang alvorens hy hulle teruggooi in die water. Maar sal die salm kan aanpas?<\/em><\/p>\n<p><em>Die vrou nader \u2018n konserwatiewe, laaistok-in-die-slukderm amptenaar by Britse Visserye en vra of hy kan re\u00ebl dat 8,000 salm Midde-Ooste toe vervoer word. Die Britse pers attach\u00e9, wonderbaarlik vermaaklik gespeel deur Kristin Scott Thomas, sien hier \u2018n geleentheid om die Eerste Minister in \u2018n goeie lig te stel, en gryp dit aan as \u2018n publisiteitsfoefie.<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0Geen resensie of stortvloed byvoeglike naamwoordekanreg laat geskied aan hierdie klein juweel nie. Die stywe bolip van die stroewe, dog aantreklike amptenaar, simpatiek en knap vertolk deur Ewan McGregor, bewe soms so \u2018n bietjie van plesier as Emily Blunt naby hom staan. Maar die tonele in die woestyn waar die sjeik probeer om sy land op te hef, is weergaloos.<\/em><\/p>\n<p>Die fliek het sekere\u00a0\u00a0<em>take aways<\/em> soos Boet Ewald altyd s\u00ea as &#8216;n fliek hom tot nadenke stem. Dit laat mens weer nadink\u00a0 oor die krag van drome, veral sekere sogenaamde onmoontlike drome. In die film word die sjeik se droom om vis in die woestyn te vestig, deur verskeie persone afgelag. Tog blyk dit dat dit nie so onmoontlik is soos wat almal gemeen het nie, veral omdat die Sjeik sy huiswerk vooraf gedoen het en &#8216;n groot dam gebou het waarin die salm gevestig kon word. Telkens in die film is daar &#8216;n vergelyking tussen visvang en geloof &#8211; albei verg &#8216;n &#8220;blinde vertroue&#8221; &#8211; &#8216;n wete dat alles uiteindelik die moeite werd sal sal wees.<\/p>\n<p>So s\u00ea die Sjeik\u00a0 Muhammad ibn Zaidi bani Tiham aan Dr Jones: <em>Faith is the cure that heals all troubles. Without faith there is no hope and no love. Faith comes before hope, and before love.<\/em><\/p>\n<p>Dalk is die belangrikste les wat hierdie woestynvis geleer het juis dat geloof dit moontlik maak vir &#8216;n vis om sy poeletjie water in die woestyn te vind.<\/p>\n<p>Die aangrypende slottoneel in die film bly my by as ek die dag moedeloos raak: nadat iemand die projek probeer saboteer het \u00a0deur die dam se sluise oop te maak en so alles laat verspoel het en die vis laat wegspoel het, die woestyn in, wil almal wat by die projek betrokke was, tou opgooi. Die Sjeik waad egter met sy volle uitrusting in een van die poele wat oorgebly het na die vloed. Opgewonde beduie hy dan dat daar wel van die visse is wat die ramp oorleef het en wys na van die salm wat sierlike spronge uit die water maak.<\/p>\n<p>Dit is vir my die wonder van die lewe en van geloof &#8211; daar is altyd &#8216;n nuwe mootlikheid en &#8216;n nuwe begin. Selfs vir die vaal karakter van Dr Jones wat op &#8216;n stadium van homself s\u00ea: <em>I was wondering if I was genetically programed to a dull pedestrian life, <\/em>is daar &#8216;n nuwe liefde moontlik na sy mislukte huwelik.<\/p>\n<p>Ook hierdie woestynvis het\u00a0 sy hawe gevind.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/salmon-fishing-in-the-yemen-2_320.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-910\" title=\"salmon-fishing-in-the-yemen-2_320\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/salmon-fishing-in-the-yemen-2_320-300x300.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/salmon-fishing-in-the-yemen-2_320-300x300.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/salmon-fishing-in-the-yemen-2_320-150x150.jpg 150w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/06\/salmon-fishing-in-the-yemen-2_320.jpg 320w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 &nbsp; Soos &#8216;n vis op dro\u00eb grond &#8211;\u00a0die uitdrukking het nog altyd &#8216;n prentjie in my kop gevorm van die spartelende vis wat op die dro\u00eb grond swem dat die stof so staan! Eintlik is dit &#8216;n baie beskrywende uitdrukking om\u00a0iets of iemand aan te dui wat uiters ongemaklik is en in &#8216;n\u00a0vreemde situasie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-907","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/907","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=907"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/907\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":912,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/907\/revisions\/912"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=907"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=907"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=907"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}