{"id":939,"date":"2012-08-09T14:41:26","date_gmt":"2012-08-09T12:41:26","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=939"},"modified":"2012-08-10T17:47:11","modified_gmt":"2012-08-10T15:47:11","slug":"dagreis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=939","title":{"rendered":"Dagreis"},"content":{"rendered":"<p><em><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/valentyn-2012-075b-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-942\" title=\"valentyn - 2012 075b (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/valentyn-2012-075b-2-300x232.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"232\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/valentyn-2012-075b-2-300x232.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/valentyn-2012-075b-2.jpg 728w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/em><\/p>\n<p><em>A lifetime comes and goes<\/em><br \/>\n<em>And as my friend the rose said only yesterday<\/em><br \/>\n<em>&#8220;This morning I was born<\/em><br \/>\n<em>And baptised in the dawn<\/em><br \/>\n<em>I flowered in the dew<\/em><br \/>\n<em>And life was fresh and new<\/em><br \/>\n<em>The sun shone through the cold<\/em><br \/>\n<em>And through the day I grew<\/em><br \/>\n<em>By night-time I was old&#8221;<\/em><\/p>\n<p>Die nostalgiese klanke van di\u00e9 Francoise Hardy liedjie, The Rose,\u00a0begroet ons toe ons die ouditorium van die Odeon binnestap. Dis die eerste vertoning wat ons by vanjaar se Volksblad kunstefees in Bloemfontein kyk. My kleinsus en ek het besluit om die <em>trip down memory lane <\/em>ons eerste baken te maak\u00a0by vanjaar se fees. My\u00a0reisgenoot sluit later in die week by ons aan, maar eers moet\u00a0Lana en ek op ons kleintyd spore\u00a0terugstap.<\/p>\n<p>Ons het van kinderjare af &#8216;n spesiale musiekverbintens. Ons het gereeld Vrydagaande laat die <em>Hit parade<\/em>\u00a0saam geluister en ons\u00a0verbind sekere liede\u00a0met sekere intense kleintyd-ervarings. Veral ons onthou van diegene op wie ons op Ho\u00ebrskool verlief was, is aan sulke liede gekoppel: Lonely lady, You, Brown eyes, Lady D&#8217;Arbanville, I&#8217;am a Rock, Jennifer Juniper, Where do you go to my lovely, To love Somebody, Dancing Queen&#8230;<\/p>\n<p>Francoise Hardy het in 1970 haar regmatige plek\u00a0op die lys ingeneem. Op die langspeelplaat: Francoise Hardy sings in English was daar &#8216;n paar snitte wat presies die hunkering van &#8216;n adolessente eerste liefde verwoord het. As die openingswoorde van <em>All over the world<\/em> gespeel het, het ons saamgesing:<\/p>\n<p>All over the world<br \/>\nPeople must meet and part<br \/>\nThere&#8217;s someone like me<br \/>\nFeeling a pain in their heart&#8230;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/180PX-1.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-943\" title=\"180PX-~1\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/180PX-1.jpg\" alt=\"\" width=\"180\" height=\"189\" \/><\/a><\/p>\n<p>Gedurende my matriekjaar (1971) het ons familie een aand in die binnehof van ons huis in Van Ryneveldstraat, Klerksdorp gesit en gesels onder die sterre. Ek het die aand die voorreg gehad om op die groen kampbedjie te l\u00ea en die sterre dop te hou terwyl ons oor alles en nogwat gesels. Die skuifdeur was oop en die klanke van Francois Hardy het na buite gesyfer. Toe die woorde van All over the world opklink het ek diepe Weltschmertz ervaar (\u00a0ek\u00a0 kyk interessantheidshalwe hoe die woord gedefineer word en kry die volgende: <em>A feeling of melancholy and world-weariness)<\/em>. Dis presies die gevoel wat ek beleef het daardie aand onder die sterre, veral toe Francoise die tweede strofe sing:<\/p>\n<p>Some may meet again<br \/>\nUnder that same bright star<br \/>\nIf maybe some night<br \/>\nYou come back from afar<br \/>\nWho cares if tonight<br \/>\nI don&#8217;t know where you are<\/p>\n<p>Toe die melancholiese &#8220;A lifetime comes and goes, thats what my friend the Rose said only yesterday&#8230;&#8221; kort daarna volg, het ek behoorlik\u00a0 oor die vlietende aard van die lewe (wat in die liedjie as &#8216;n kortstondige dagreis uitgebeeld word), gewonder. Terwyl ek na die flonkerende sterre\u00a0 en grootse uitspansel gekyk het, was dit \u00a0behoorlik asof die broosheid\u00a0 en die\u00a0onpeilbare gang\u00a0van die menslike bestaan daardie aand diep in my gemoed ingebrand het.<\/p>\n<p>Met die vertoning by die Kunstefees sit ek en Lana in die derde ry van voor: Naomi Morgan en &#8216;n bekwame kwartet van sangeresse in hulle gestreepte T-hemde en\u00a0 berets, vertel die vreemd-hartseer lewensverhaal van Francoise Hardy en haar skielike roem. Die vertoning is getiteld: Die hart van Francoise Hardy\u00a0en is gebaseer op haar outobiografie wat onlangs verskyn het. In die boek vertel sy\u00a0haar verhaal: Hoe sy, Francoise Madeleine Hardy,\u00a0 op 17 Januarie 1944 as buite-egtelike kind gebore is en haar hele lewe lank gesoek het na onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. Dit het sy nie by haar ouers, familie, kerels of man gekry nie. Ook nie by Chris Barnard in haar kortstondige verhouding met hom nie.\u00a0Selfs haar oupa het haar geignoreer. \u00a0Die enigste keer dat\u00a0hy met haar gepraat het, was toe sy begin beroemd word het in 1962. Hy het haar slegs gevra: &#8220;Is jy nou gelukkig?&#8221; Eers toe sy self ma word van haar seun Thomas, het sy ervaar dat sy regtig kon liefh\u00ea en liefgeh\u00ea word deur hom<\/p>\n<p>In die vertoning word haar lewensloop uitgebeeld tot op op die hede (sy is tans 68). D.m.v. haar liede word die verhaal ontplooi en die nostalgie het\u00a0die gehoor\u00a0behoorlik beetgepak. Toe die liedjie <em>the Rose<\/em> in Frans gesing word (Mon amie la rose) klink die broosheid van ons bestaan nog meer verganklik in die franse woorde:<\/p>\n<div>on est bien peu de chose<br \/>\net mon amie la rose me l&#8217;a dit ce matin<br \/>\n\u00e0 l&#8217;aurore je suis n\u00e9e<br \/>\nbaptis\u00e9e de ros\u00e9e<br \/>\nje me suis \u00e9panouie<br \/>\nheureuse et amoureuse<br \/>\naux rayons du soleil<br \/>\nme suis ferm\u00e9e la nuit<br \/>\nme suis r\u00e9veill\u00e9e vieille&#8230;<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Met die uitstap kyk ek en my musieksus vir mekaar en weet &#8211; ons het voorwaar op die ou hartspore van ons jeug gestap en weer die intensiteit van verliefdheid en hartseer van daardie jare onthou.<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Sedert die vertoning bly die vervlietende aard van ons bestaan my opnuut by. Die strakheid van die intense Vrystaatse winter dra nogal daartoe by. Ek onthou hoe ek na my ma se skielike dood ook troos gevind het in die woorde van di\u00ea lied en dit as agtergrondmusiek gebruik het vir &#8216;n skyfie-essay wat ek oor haar gemaak het.<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Ek dink ook oor my\u00a0mooi niggie Etoux, wat etlike skoonheidtitels verwerf het en tog\u00a0aan depressie gely het.<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Ek gaan diep di\u00e9 ou foto van haar op en wens dat ek meer verstaan het van wat in haar gemoed omgegaan het voor sy op 37 jarige ouderdom nie meer kans gesien het vir die broosheid van l\u00e9\u00e9f nie&#8230;<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div><em>I flowered in the dew<\/em><br \/>\n<em>And life was fresh and new<\/em><br \/>\n<em>The sun shone through the cold<\/em><br \/>\n<em>And through the day I grew<\/em><br \/>\n<em>By night-time I was old&#8221;<\/em><\/div>\n<div><em><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Etoux-1c-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-944\" title=\"Etoux-1c (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Etoux-1c-3-300x245.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"245\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Etoux-1c-3-300x245.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Etoux-1c-3-1024x837.jpg 1024w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Etoux-1c-3.jpg 1141w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/em><\/div>\n<div><em><\/em>\u00a0<\/div>\n<p>Ek dink ook oor die roos as teken van liefde en viering. Op ons eerste huweliksherdenking stuur ek vir my reisgenoot &#8216;n gerf wit rose om dankie te s\u00ea vir die reis wat soveel nuwe bakens het. Byna gelyktydig laat sy vir my &#8216;n bos blomme aflewer waar ons in die Coffee Shop kuier. Rose as uitroeptekens\u00a0 van lewensvierings.<\/p>\n<div>\u00a0Vanjaar met Valentynsdag het ek\u00a0vir haar &#8216;n piekniek op ons voorste grasperk beplan. Sy was oorstelp toe sy die tafel met die piekniekmandjie en die bos oranje rose sien. Ons borswering teen verganklikheid &#8211; &#8216;n viering van die lewe. Daarom &#8211; veel eerder gerwe rose terwyl ons dit kan geniet &#8211; begrafnisblomme verwelk tog maar ongesiens.<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Dit was juis &#8216;n enkele geskenkroos wat my op die dag toe my siekte gediagnoseer as&#8217;t ware &#8216;n lewensskop gegee het! (Vgl my blog &#8211; My Something-went-wrong-roos \u00a0geskryf op 3 Junie 2010). Sien foto hieronder.<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Rose is inkarnasie, rose verlewendig my, eggo ek Sheila Cussons se ervaring:<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Ontsag wek die lelie by my,<\/div>\n<div>iets warmers wek die roos,<\/div>\n<div>&#8216;n soort soortgevoel,<\/div>\n<div>want lelies is engelgestaltes<\/div>\n<div>en rose is Inkarnasie&#8230;<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Die lelie het iets ongenaakbaars,<\/div>\n<div>die roos verlewendig my<\/div>\n<div>met die verrassende van genade,<\/div>\n<div>met die bloedskap van&#8217;n soen.<\/div>\n<div>(Uit die roos, die lelie &#8211; Versamelde Gedigte Sheila Cussons)<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Die brose roos weet ook van nuut begin, opstanding en onverganklikheid:<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>When the night has been too lonely<br \/>\nAnd the road has been too long,<br \/>\nAnd you think that love is only<br \/>\nFor the lucky and the strong,<br \/>\nJust remember in the winter<br \/>\nFar beneath the bitter snows<br \/>\nLies the seed that with the sun&#8217;s love<br \/>\nIn the spring becomes the rose<\/div>\n<div>(The Rose &#8211; Bette Midler)<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Leonides-roos-1a-2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-945\" title=\"Leonides-roos-1a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Leonides-roos-1a-2-181x300.jpg\" alt=\"\" width=\"181\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Leonides-roos-1a-2-181x300.jpg 181w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Leonides-roos-1a-2.jpg 290w\" sizes=\"auto, (max-width: 181px) 100vw, 181px\" \/><\/a><\/div>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>A lifetime comes and goes And as my friend the rose said only yesterday &#8220;This morning I was born And baptised in the dawn I flowered in the dew And life was fresh and new The sun shone through the cold And through the day I grew By night-time I was old&#8221; Die nostalgiese klanke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-939","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/939","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=939"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/939\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":948,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/939\/revisions\/948"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=939"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=939"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=939"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}