{"id":960,"date":"2012-08-16T15:49:13","date_gmt":"2012-08-16T13:49:13","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=960"},"modified":"2012-08-18T09:50:00","modified_gmt":"2012-08-18T07:50:00","slug":"plaisir-damour","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=960","title":{"rendered":"Plaisir d&#8217;Amour"},"content":{"rendered":"<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Matriek-1971-d-3b-1a (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/Matriek-1971-d-3b-1a-3-163x300.jpg\" alt=\"\" width=\"163\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>16 Augustus is my onthoudag.<\/p>\n<p>Miskien klink <em>Memory Day<\/em> beter. Dis ook die dag van die koning van Rock, Elvis Presley, se dood. The day the music died. Of dalk \u00a0juis begin het.<\/p>\n<p>Vir my altans.<\/p>\n<p>Dit was my eerste Groot liefde. Die soort wat jou lighoofdig maak. Jou dagdrome laat droom. Op die 1970 kalender wat ek nou weer bekyk het, is die dag in rooi gemerk. Die rooiletter Sondag van die sestiende Augustus 1970. Ek was sestien. Die dag was sestien. Die lewe was &#8216;n lied..<\/p>\n<p>Ons het saam musiek geluister: The Hollies, Joan Baez, Francois Hardy, Donovan, Peter Sarstedt. Ons spesiale liede was: Plaisir D&#8217;Amour, All over the World, I&#8217;m a Rock, Lady D&#8217;Arbanville, Jennifer\u00a0Juniper, Where do you go to my lovely, Ma Belle Amie, Love Grows, To Love Somebody&#8230;.<\/p>\n<p>Ek gaan delf in ou dagboeke en ontdek die stukkie wat ek aan haar opgedra het&#8230;<\/p>\n<p><em>Vanaand moet ek skryf vir jou &#8211; oor al die onthou&#8217;s &#8211; ek skryf in blou &#8211; want blou en onthou hoort saam&#8230;<\/em><\/p>\n<p><em>dit was die tyd van saam ontdek &#8230;<\/em><\/p>\n<p><em>jy was sestien, ek was sestien, die dag was sestien, maar die toekoms tydloos, onbepaald&#8230;<\/em><\/p>\n<p><em>Ek wat jou die Saterdagaand vra om met my uit te gaan. Jy wat my aan &#8216;n lyntjie hou en s\u00ea jy sal my die volgende dag antwoord. Uiteindelik! Sondag die sestiende Augustus. Die lang opdraande met my Ralleigh fiets tot by julle meenthuis. Ons wat uiteindelik van jou ouers se geselskap ontsnap toe ons gaan koffie maak&#8230;jou antwoord &#8211; JA!<\/em><\/p>\n<p><em>Plaisir d&#8217; amour &#8211; die vreugde van die liefde &#8211; ons het saamgeluister en beleef.\u00a0 Joan Baez sing: Your eyes kissed mine, I saw the love in them shine.. ek wat\u00a0afkyk na jou\u00a0om te sien of jy opkyk, maar jy het my blik ontwyk &#8211; skaam bedeesd &#8211; maar iewers, terwyl ons\u00a0gedans het, het jy tog opgeloer&#8230;<\/em><\/p>\n<p><em>Die naweek\u00a0 saam met jou en jou ouers op\u00a0jou Ouma-hulle\u00a0se plaas -die\u00a0lang ente\u00a0loop en die\u00a0kopstukke gesels&#8230;die re\u00ebn wat afdrup van die geut&#8230; jy wat die re\u00ebn\u00a0 bakhand opvang en jou gesig daarin druk &#8211; kortstondige geluk. Die terugrit -ons twee wat agter in jou Pa se Volvo 164 boodskappe aan mekaar stuur m.b.v die liedjieboek wat by ons was. Jy wys vir my die sinsnede uit Katrina&#8217;s Theme: Young was your love. Ek druk\u00a0 die &#8220;Y&#8221; van &#8220;your&#8221; toe\u00a0 en wys dit vir jou: Young was our love&#8230;. Ons lag instemmend.<\/em><\/p>\n<p>Wat is dit van &#8216;n eerste liefde wat dit so diep ingraveer in mens se onthoubank? Dalk is dit die vars klei van mens se ontvanklike gemoed wat die diep indrukke bewaar en dalk mettertyd verromatiseer. Want saam met eerste liefde kom ook dikwels die eerste skerp pyn van &#8216;n verhouding wat be-eindig word. <em>The first cut is the deepest<\/em> sing Cat Stevens. Voorwaar &#8211; eerste liefde en eerste pyn is intens, maar ook seer.<\/p>\n<p>Onwillekeurig, op Memory Day, wonder ek waar het daardie eerste liefde se paaie heen geloop?\u00a0\u00a0 Is ek opnuut dankbaar dat my spore tot by di\u00e9 van my reisgenoot geloop het&#8230;<\/p>\n<p>Die eerste 16e Augustus na\u00a0\u00a0ons herfsverbintenis op Clarens\u00a0skryf ek die volgende:<\/p>\n<p><strong>sestien augustus 2006<\/strong><\/p>\n<p>na jare se<\/p>\n<p>hiberneer, eksisteer, vegetateer en selfs krepeer<\/p>\n<p>sal ek op sestien nul agt nul ses<\/p>\n<p>leer<\/p>\n<p>innoveer, ekstra-poleer, fantaseer<\/p>\n<p>en liefh\u00ea<\/p>\n<p>in lewenskleur&#8230;<\/p>\n<p>\u00a0<a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/herfs-huw1a.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-967\" title=\"herfs-huw1a\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/herfs-huw1a-163x300.jpg\" alt=\"\" width=\"163\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/herfs-huw1a-163x300.jpg 163w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/08\/herfs-huw1a.jpg 374w\" sizes=\"auto, (max-width: 163px) 100vw, 163px\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 &nbsp; 16 Augustus is my onthoudag. Miskien klink Memory Day beter. Dis ook die dag van die koning van Rock, Elvis Presley, se dood. The day the music died. Of dalk \u00a0juis begin het. Vir my altans. Dit was my eerste Groot liefde. Die soort wat jou lighoofdig maak. Jou dagdrome laat droom. Op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-960","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/960","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=960"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/960\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":964,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/960\/revisions\/964"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=960"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=960"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=960"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}