{"id":977,"date":"2012-09-03T13:53:44","date_gmt":"2012-09-03T11:53:44","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=977"},"modified":"2012-09-06T13:05:47","modified_gmt":"2012-09-06T11:05:47","slug":"om-hoop-te-koop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=977","title":{"rendered":"Om Hoop te koop"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"DSCF1038a1 (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/DSCF1038a1-2-212x300.jpg\" alt=\"\" width=\"212\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lente roep mens soms tot aksie. Veral na so uitmergelende winter wat met sy intense wintersheid jou lyf gebombardeer het en jou kop en kreatiwiteit gevries het.<\/p>\n<p>Kort voor die lente ry ek na &#8216;n winkel wat allerlei hulpmiddels verkoop vir die wat uiting aan &#8216;n kreatiewe impuls wil gee &#8211; plakboeke, mosaiek, kraalwerk &#8211; noem maar op en daar is iets te vind. Sommer met die instap val my oog op die hoop woorde wat op die rak aan die linkerkant l\u00ea. Allerlei woorde is netjies uit\u00a0 hout gesaag en l\u00ea en wag vir die ywerige handwerker om dit te verf of te versier. Ek tel die woorde op: LIEFDE, PASSIE, GELOOF, VREUGDE, GEDULD, VREDE,\u00a0VRIENDELIKHEID. Al die positiewe woorde, meeste van\u00a0hulle is te vind in Gal 5:22 se lysie van die vrug van die Gees. Ek kyk agterop na die prys: meeste is gemerk R70 of R80, selfs R90. Ek sien &#8216;n kleiner woord in &#8216;n mooi vloeiende lettertipe. HOOP. Die hoop is reeds mooi geverf in &#8216;n kraakvars wit. Ek draai die woord om en kyk na die prys: R60. Di\u00e9 hoop is beslis &#8216;n <em>bargain<\/em>! Moontlik omdat dit bietjie kleiner as die ander woorde is. Dalk is dit ou voorraad. Miskien verkoop die HOOP nie so goed soos die\u00a0VREUGDE, VREDE EN LIEFDE \u00a0nie.\u00a0 Tog het ek op hierdie dag\u00a0 juis &#8216;n behoefte aan di\u00e9 woord. Ek loop met die HOOP dadelik na die betaalpunt toe, voordat iemand HOOP voor my koop.<\/p>\n<p>By die huis gekom, besluit ek dat HOOP dadelik\u00a0 &#8216;n hangplek moet kry. Iewers waar dit prominent kan wees en ons kan herinner dat Hoop daar is.<\/p>\n<p>In\u00a0die slaapkamer kry ek presies die regte plek. Reg bokant die bed. Di\u00e9 ereposisie word sedert ons huwelik deur &#8216;n engel met &#8216;n kruis beklee &#8211; &#8216;n mooi trougeskenk van broer Ewald. Ek sien dat die hoop presies op die Hilti-hakkie pas wat die engeltjie soos &#8216;n Bungi-springer bo ons bed posisioneer. Di\u00e9 hakkie pas presies tussen die twee o&#8217;s van hoop. Die engel en die HOOP word deur die hakkie tot &#8216;n nuwe verbintenis saamgevoeg. HOOP is nou die Van Stadensbrug vanwaar die Engel die Sprong uitgevoer het. Engel hang nou gesuspendeer tussen HOOP en die Bedstyl!<\/p>\n<p>Toe my reisgenoot die middag tuis kom, vra ek haar om te kyk wattter nuwe toevoeging sy in ons kamer opmerk. Sy kyk orals &#8211; op die bed, die kas, die bankie, maar sien niks nuuts raak nie. Dis eers toe ek s\u00ea dat sy boontoe moet kyk, dat sy die hoop raaksien. Sy is baie opgewonde oor die toevoeging en merk op dat dit presies reg daar lyk.<\/p>\n<p>Ek dink weer na oor die onontbeerlikheid van hoop. Hoop is hierdie vreemde kwaliteit wat aan mense in bykans onmoontlike situasies &#8216;n wil tot aanhou, uithou en oorlewing gee. In Elizabeth K\u00fcbler-Ross se outobiografie,<em> The wheel of life<\/em>, vertel sy van haar besoek aan die poolse konsentrasiekamp, kort na die vredesluiting\u00a0na afloop van die\u00a0tweede w\u00eareldoorlog. Oral was daar tekens van die hartseer en die menseslagting wat daar plaasgevind het. Daar het selfs nog treintrokke gestaan vol klerasie en persoonlike besittings van diegene wat in die gaskamers omgekom het. &#8216;n Prentjie van wanhoop en verguising van drome. Sy het ook in die barakke waar die gevangenes gehuisves is, rondgeloop en\u00a0haar probeer inbeeld wat in die mense wat daar gebly het se gemoed en gedagtes moes omgegaan het. Sy het egter telkens opgemerk dat daar tussen die graffiti op die mure &#8216;n prentjie van&#8217;n skoenlapper met gespreide vlerke geteken is. Die besef het by haar posgevat &#8211; te midde van die hooplose bestaan in die kamp het die skoenlapper vir die gevangenes &#8216;n simbool van bevryding geword. Selfs binne die mure van die gaskamers het sy die simbool van &#8216;n skoenlapper gevind &#8211; vir diegene wat besig was om te sterf, was dit die simbool van &#8216;n bevryding\u00a0uit die doodskokon.<\/p>\n<p>Die simbool van die skoenlapper het so &#8216;n indruk op Elizabeth K\u00fcbler-Ross gemaak, dat sy dit as logo\u00a0en\u00a0 bandontwerp vir haar boeke gebruik.<\/p>\n<p>Hoop gee &#8216;n nuwe uitsig, selfs in die benouendste situasies. Daarom kon Anne Frank (self &#8216;n slagoffer van die konsentrasiekamp) \u00a0in haar dagboek skryf:<\/p>\n<div>\u201cIt&#8217;s really a wonder that I haven&#8217;t dropped all my ideals, because they seem so absurd and impossible to carry out. Yet I keep them, because in spite of everything, I still believe that people are really good at heart.\u201d<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Hoop gee vlerke, nes die skoenlapper uiting gegee het aan die konsentasiekampe se versugtinge:<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>&#8220;Hope is the thing with feathers<br \/>\nThat perches in the soul<br \/>\nAnd sings the tune without the words<br \/>\nAnd never stops at all.\u201d\u00a0 (Emily Dickenson)<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Daarom kon ek vanjaar vir my reisgenoot &#8216;n ge-mosaiekte &#8220;pandora&#8221;-kissie as geskenk gee met haar verjaarsdag. &#8216;n Hoop-kaartjie binne-in. Hoop was immers die een ding wat oorgebly het nadat Pandora uit nuuskierigheid die kissie oopgemaak het en al die euwels en slegte dinge laat ontsnap het. Hoop het met &#8216;n fluisterstemmetjie uit die kissie geroep: Ek is nog hier, laat my ook toe om uit te kom!<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Op die hoopkaartjie in die kissie kon ek die wens van Paulus vir sy geloofsgenote ook as wens vir haar gee:<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Mag God, die bron van <strong>hoop<\/strong>, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! \u00a0(Rom 15:13)<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Ware hoop is is weliswaar nie te koop nie, maar dit is wel as geskenk beskikbaar vir hulle wat in geloof bereid is om dit te ontvang van die Bron van Hoop.<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Die prys is immers reeds betaal. En die Hoopbewys is die klip wat weggerol is voor die grafkokon.<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>Die vlinder het sy vlerke gesprei&#8230;<\/div>\n<div>\u00a0<\/div>\n<div>do you believe in heaven<br \/>\ncould it be a lie<br \/>\nwhat becomes of restless souls<br \/>\ndo they really die?<\/div>\n<div>Transitory spirits move<br \/>\nfrom minute to millennium<br \/>\nand virtue fights<br \/>\nthe force of evil on and on<br \/>\n&#8217;till kingdom come<\/div>\n<div>While the world spins on its axis<br \/>\nand the moon sleeps in the sky<br \/>\nthe sun warms a cocoon<br \/>\nJesus was a butterfly<\/div>\n<div>Life and death come and go<br \/>\na fluttering of wings somewhere in the darkest night<br \/>\none more angel sings<br \/>\nTransitory spirits raise their voices in a Requiem and virtue fights<br \/>\nthe force of evel on and on &#8217;till kingdom come<br \/>\nWhile the world spins on its axis and the moon sleeps in the sky,<br \/>\nthe sun warms a cocoon,<br \/>\nJesus was a butterfly<\/div>\n<div>\u00a0maybe Jesus was a butterfly<\/div>\n<p>(Herman van Veen &#8211; Butterfly)<\/p>\n<div>\u00a0<\/div>\n<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/DSCF1038b1-3.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-979\" title=\"DSCF1038b1 (3)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/DSCF1038b1-3-300x267.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/DSCF1038b1-3-300x267.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/DSCF1038b1-3.jpg 355w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><br \/>\n<span style=\"color: #ff0000; font-size: medium;\"><br \/>\n<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 &nbsp; Lente roep mens soms tot aksie. Veral na so uitmergelende winter wat met sy intense wintersheid jou lyf gebombardeer het en jou kop en kreatiwiteit gevries het. Kort voor die lente ry ek na &#8216;n winkel wat allerlei hulpmiddels verkoop vir die wat uiting aan &#8216;n kreatiewe impuls wil gee &#8211; plakboeke, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-977","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=977"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/977\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":981,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/977\/revisions\/981"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}