{"id":98,"date":"2010-07-19T22:25:15","date_gmt":"2010-07-19T20:25:15","guid":{"rendered":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=98"},"modified":"2010-07-20T09:58:17","modified_gmt":"2010-07-20T07:58:17","slug":"lyftestament","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/?p=98","title":{"rendered":"Lyftestament"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Jan-1-08-3-157a-24.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-medium wp-image-105\" title=\"Jan-1-08-3 157a (2)\" src=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Jan-1-08-3-157a-24-300x225.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Jan-1-08-3-157a-24-300x225.jpg 300w, https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/wp-content\/uploads\/\/blog.wimfourie.co.za\/2010\/07\/Jan-1-08-3-157a-24.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><\/p>\n<p>\u2018n Woestynheilige het vir etlike jare as askeet in die woestyn geleef. Hy het sy gedagtes wat deur die stilte en sy samesyn\u00a0met God gevorm is, op perkamente opgeteken. Met die hulp van ink wat hy uit \u2018n spesiale plant vervaardig het en \u2018n primitiewe pen het hy op perkamentrolle die boodskappe van sy stilwees voor God neergeskryf en aan verbygaande karavane oorhandig<\/p>\n<p>\u00a0Hy het egter begin agterkom dat sy kragte besig was om af te neem en het op \u2018n dag besef dat die\u00a0 einde van sy lewe naby is. Toe het hy ineens die intense begeerte gehad om sy testament\u00a0op te teken, maar tot sy ontsteltenis het hy\u00a0ontdek dat hy geen enkele\u00a0perkamentrol oorgehad het om dit op te skryf nie. Uiteindelik het hy besluit om met die ink wat hy wel nog by hom gehad het sy testament op sy lyf te skryf. Hy het sy eenvoudige linnekleed afgestroop. Met slegs sy lendedoek aan sy lyf het hy hom op die woestynsand tuisgemaak om sy testament op sy\u00a0verweerde\u00a0lyf\u00a0te skryf. Terwyl hy egter die pen naderbring om die eerste woord te skryf, het hy ineens gehuiwer en weer na sy eie liggaam gekyk \u2013<\/p>\n<p>* sy verweerde voete wat baie ver geloop het onder moeilike omstandighede om die blye boodskap aan afgele\u00eb groepe mense te bring;<\/p>\n<p>* sy knie\u00eb wat die tekens getoon het van jare se kniel in gebed;<\/p>\n<p>*sy bolyf wat letsels gedra het van die martelhoue wat hy terwille van sy geloof\u00a0\u00a0 moes verduur;<\/p>\n<p>*sy vereelte hande wat gewoond was om te dien, wonde te verbind \u00a0en die boodskap van liefde neer te skryf oor baie jare<\/p>\n<p>\u00a0Ineens het hy die pen en ink neergesit met die helder besef wat by hom posgevat het: Ek hoef nie \u2018n testament op my liggaam te skryf nie, my liggaam is my testament, dit dra die letsels en tekens van my lewe, my werk, my diens. Toe het hy uitgestrek in die woestynsand gaan l\u00ea en sy hande sywaarts uitgestrek sodat sy liggaam in die vorm van \u2018n kruis gel\u00ea het. Hy het sy o\u00eb toegemaak en God in \u2018n dankgebed geloof vir die voorreg om soveel jare te kon leef en in instrument in die hande van die Allerhoogste te wees<\/p>\n<p>\u00a0\u2018n Verbygaande karavaan het hom \u2018n paar dae later so aangetref \u2013 \u2018n\u00a0 stil figuur wat in kruisvorm gel\u00eb het met die sand wat hom begin toewaai het \u2013 maar op sy gesig \u2018n hemelvrede.<\/p>\n<p>(Verhaal verwerk en aangepas nav \u201cTestament\u201d In \u201cKommerkrale\u201d -Hennie Aucamp)<\/p>\n<p>\u00a0Die afgelope twee weke in Bloemfontein\u00a0het ek my eerste ervaring van bestraling gehad. Die onbekende ervaring het soos &#8216;n berg voor my gel\u00ea. Wat presies behels dit? Wat gebeur tydens bestraling? Wat ervaar en voel mens? Watter newe-effekte is daar? In die wagkamer van Onkoterapie het ek gesit en na die mense om my gekyk &#8211; meeste gesigte en liggaamshoudings het iets vertel van die pad wat hulle geloop het, veral ook die nalatenskap van chemo (mussies om die haarlose koppe te bedek) en soms ook &#8216;n bleekheid en &#8216;n moegheid wat vertel van &#8216;n dapper en verbete stryd teen die aliens in hul lywe. Tog, as mens begin gesels, is daar &#8216;n sprankel in die o\u00ea en &#8216;n vasberadenheid in hul stem.\u00a0 Sommige is ingestoot in die bestralingskamer op hospitaalbeddens, maar steeds het hulle &#8216;n vriendelike groet gehad vir diegene in die wagkamer.<\/p>\n<p>Toe uiteindelik ook my oomblik van waarheid &#8211; eers die vooraf vastelling en afbakening van die twee areas wat bestraal moet word. Daar word groen sterretjies op my lyf gemaak met &#8216;n merkpen en dan ook vier tato\u00eberkolletjies wat die bestralingsplekke afbaken. Die bestraling self volg dan &#8211; die gaan l\u00ea en op die bed en die blootl\u00ea van die gemerkte areas. Dan besef ek ook dat my lyf my testament geword het wat vertel van die pad, veral die afgelope sewe jaar se vreemde reis met die ongewenste plakkers wat hul in my lyf kom vestig het. Terwyl die bestraling dan vir &#8216;n klompie minute duur, is dit behoorlik asof iets van die waarheid by mens instraal: Net genade hou jou as gebroke en bele\u00ebrde mens heel. Ineens onthou ek die woorde wat in boogvorm geskryf staan bokant die ingang van die Kweekskool op Stellenbosch: Sol Justitiae Illustra Nos (Son van Geregtigheid bestraal ons)<\/p>\n<p>Op &#8216;n vreemde manier word die woorde deur &#8216;n bestralingsapparaat nuut by my ingebrand.<\/p>\n<p>In Neil Diamond se aangrypende liedjie Morningside besing hy die handewerk van &#8216;n Pa wat &#8216;n\u00a0handgemaakte tafel vir sy kinders nalaat:<\/p>\n<p>Morningside<br \/>\nThe old man died<br \/>\n\u00a0<br \/>\nAnd when he died<br \/>\nHe left a table made of nails and pride<br \/>\nAnd with his hands he carved these words inside<br \/>\nFor my children<\/p>\n<p>And the legs were shaped with his hands<br \/>\nAnd the top made of oaken wood<br \/>\nAnd the children sat around this table<br \/>\nTouched with their laughter<br \/>\nAh, and that was good<\/p>\n<p>Morningside<br \/>\nThe old man died<br \/>\n\u00a0And when he died<br \/>\nHe left a table made of nails and pride<br \/>\nAnd with his hands he carved these words inside<br \/>\nFor my children<br \/>\nThe words he carved became his epitath<br \/>\nFor my children<\/p>\n<p>Op die meegaande foto is die hande die testament van &#8216;n lewe wat geleef is. By my Oom se begrafnis het ek my Tagtigjarige Tannie se hande afgeneem waar dit die jonger hande van &#8216;n buurseun omsluit wat haar wou troos. Tog is dit vir my veelmeer die troos van haar hande met hul lewensverhaal wat troos oordra aan die jonger geslag. &#8216;n lewenstestament &#8211; kyk hierdie hande het geleer om te ontvang en af te gee. Hierdie hande het gebid en gewerk. Nou rus dit in die wete: Iemand hou my in Sy hande. Altyd.<\/p>\n<p>My hande is my lewenstestament. Neem die troos daarvan met jou saam.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Woestynheilige het vir etlike jare as askeet in die woestyn geleef. Hy het sy gedagtes wat deur die stilte en sy samesyn\u00a0met God gevorm is, op perkamente opgeteken. Met die hulp van ink wat hy uit \u2018n spesiale plant vervaardig het en \u2018n primitiewe pen het hy op perkamentrolle die boodskappe van sy stilwees [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-98","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/98","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=98"}],"version-history":[{"count":11,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/98\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":109,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/98\/revisions\/109"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=98"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=98"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/blog.wimfourie.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=98"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}