Lewenskonsert

“Van het concert des levens krijgt niemand ‘n program”.  So lui ‘n bekende Nederlandse spreuk.

Die meegaande foto vertel van ‘n Melodrama geleentheid in ons gemeente ‘n paar jaar gelede toe die gevierde Grafsteensangers hul buiging gemaak het met gebruikmaking van plaaslike talent. (Selfs my Reisgenoot het meegedoen!)

Die lewe is voorwaar soos ‘n konsert met die hele spektrum van lag en huil, blydskap en hartseer en altyd ‘n verrassing as jy dink jy ken die “plot”. Hoe vreemd-wonderlik is dit wat ons Lewe noem. Daar is altyd nuwe ontdekkings, nuwe mense, nuwe moontlikhede.

“Vivere” – om te leef. Om die polsing van lewe te ervaar. Om die lewensmoontlikhede elke dag te ontgin.

Die afgelope paar weke het ek skielik met verskillende vorme van teater en opvoerings te doen gekry – miskien het die Stef Bos vertoning hier in Welkom ‘n kettingreaksie veroorsaak, wie weet?  So het ek o.a  optredes van Anna Davel, Andra, Jannie Moolman en Joseph Clark (Vivere) gesien. Ook die baie pittige tong-in-die-kies “Agent Snoet en die Hondelewe”.  Telkens in die vertonings het dit my opgeval hoe veelkantig die lewe is. Musiek en liede probeer iets van die essensie daarvan vasvang, maar uiteindelik moet die lewe gelééf word, ervaar word. In elk van die vertonings het die pole van die lewe weer na vore gekom – die wipplank tussen uitbundige vreugde en ineenkrimppyn. Die volheid van liefhê en die die skreiende uitroep van eensaamheid – die All by myself-gevoel wat jou koggel soos ‘n eggo.

Veral in die vertoning van Vivere wat so skitterend uitgevoer is deur Jannie Moolman en Joseph Clark en hul vyftal ewe briljante musikante is die lewe in al sy fasette uitgebeeld – die passie (Granada) en die pyn (Miserere). En die hele spektrum tussen-in. Ook die humor (la Donna e mobile) met die wisselvallige orrelis (Tannie Koekie) wat die solis al sy dae gee en die tragi-komiese uitbeelding van die Jacques Brel treffer Ne Me Quitte Pas (moenie weggaan nie), waar die ontwykende kollig die ontroue geliefde uitbeeld.

In ‘n aangrypende Italiaans-Engelse duet (Jannie en Joseph) waarin die seer van die liefde uitgebeeld word, sing Joseph Clark die Queen-treffer: It’s a hard Life. Die woorde som iets van hierdie soet-suur van die lewe en liefde op:

You win – you lose
It’s a chance you have to take with love
Oh yeah – I fell in love
And now you say it’s over and I’m falling apart

It’s a hard life
To be true lovers together
To love and live forever in each others hearts
It’s a long hard fight
To learn to care for each other
To trust in one another right from the start
When you’re in love

I try and mend the broken pieces
I try to fight back the tears
They say it’s just a state of mind
But it happens to everyone

How it hurts – deep inside
When your love has cut you down to size
Life is tough – on your own
Now I’m waiting for something to fall from the skies
And I’m waiting for love

Ons is deur my suster, Alwa, uitgenooi na die NWU Allumni-funksie van die Vaal-Pukke  (met Vivere as hoogtepunt). Voor die vertoning begin,  kuier ons by my broer, Ewald. Ek het in die vorige blog (First of May) iets oor hom geskryf. Hy het daaglikse versorging nodig na sy ongeluk in 2007, maar nogtans bly hy vir my ‘n inspirasie en is elke gesprek met hom “food for thought”.

 Ons praat oor die lewe en die alles wat die lewe die moeite werd maak. Ten spyte van die feit dat sy lewenswerklikheid gekrimp het tot die saal en die kliniek waarin hy versorg word, blink sy oë as hy praat oor die feit dat die lewe met passie geleef moet word. Dat die die krag van leef in die NOU lê en dat ek die boodskap tog aan sy familie en vriende moet oordra.

“Wat moet ek spesifiek vir hulle sê” wil ek van hom weet.

“Dat hulle nie moet uitstel om te leef nie! Dat die lewe net oomblik vir oomblik geleef kan word en dat ons die lewe afwater deur ons weifeling en twyfel” is sy onomwonde antwoord.

Ons praat oor ‘n moontlike titel van ‘n boek oor die onderwerp Lewe. “”Life – and everything that happens between the “L” and the “E”, besluit ons sal ‘n goeie titel wees. “Ja”, voeg boet Ewald ewe skerp by” if” is die tussenwoord in die woord “Life”. Die woordjie “if” dui op al die moontlikhede en keuses wat ons gebied word in die lewe. “If only”  is seker van die harseerste woorde wat mens kan uiter, want dit vertel van ongeleefde moontlikhede. ‘n Anagram vir Life is File. ‘n Bousteen vir die lewe is geloof, selfs al verstaan ons dit nie elke dag nie. Aldus Ewald.

Ek kyk dus na hierdie herfs en die mooie herfsdae met nuwe oê. Ewald het my herinner dat ek elke dag, elke oomblik, oop-oog moet reis.  Met ‘n bewussyn van die gawe van elke dag, elke oomblik. En van Genade.

Voor ons groet vra ek wat  ‘n goeie temalied sal wees vir ons gesprek oor lewe. Ek noem ‘n paar kunstenaars op waarvan hy  hou. Sy keuse behels ‘n kortlys van twee liede: The Moody Blues se “Isn’t Life Strange”

Isn’t life strange
A turn of the page
Can read like before
Can we ask for more?
Each day passes by
How hard man will try?
The sea will not wait

Isn’t love strange
A word we arrange
With no thought or care
Maker of despair
Each breath that we breathe
With love we must weave…

Sy finale keuse is egter Sting se “Fragile”

“Fragile”

If blood will flow when flesh and steel are one
Drying in the colour of the evening sun
Tomorrow’s rain will wash the stains away
But something in our minds will always stay
Perhaps this final act was meant
To clinch a lifetime’s argument
That nothing comes from violence and nothing ever could
For all those born beneath an angry star
Lest we forget how fragile we are

On and on the rain will fall
Like tears from a star like tears from a star
On and on the rain will say
How fragile we are how fragile we are

On and on the rain will fall
Like tears from a star like tears from a star
On and on the rain will say
How fragile we are how fragile we are
How fragile we are how fragile we are

Ja, ons kry nie ‘n program vir die Konsert van die Lewe nie en ons is baie broos, maar deur die Genade van die Groot Regisseur is daar vir elkeen van ons ‘n belangrike rol om te speel. Voor die eindgordyn sak.

                   

                Jannie Moolman en Joseph Clark (foto: Marais Nell)

5 Responses to “Lewenskonsert”

  1. Suzanne Venter says:

    Dis so ongelooflik Wim! Die beste wat ons seker kan doen is om mense soos Ewald en my ma trots te maak deur voluit te leef. Hulle sal nie wil hê ons moet ‘n sekonde mors nie. Ek het nou al baie by Ewald geleer – in tye van nood neem jou onderbewussyn oor, en Ewald het soveel goeie eienskappe en omgee, dat dit nou totaal oorgeneem het. Dis so mooi! Hy sal altyd vir my een van die wysste, sterkste, greatste mense bly wat ek ken. Ek mis hom elke dag, maar is dankbaar vir dit wat ons nog met hom kan deel. Die ‘if’ tussen Life is so skerp! En ek mors nogal baie tyd op daardie ‘if’s’, doen ons nie maar almal nie… maar op die ou end van die dag is ons lewens nie in ons eie hande nie en dit is ‘n voorreg om dit te ervaar. Dis ‘n voorreg om Ewald te ken en steeds by hom te leer. X

  2. Lana says:

    So bly jy en Ewie kan verwoord wat ek nie kan sê, maar ek huil lekker en lag lekker.Ek besef maar net die seer draaie is maar soos “goud uit die smeltkroes”

  3. ALWA says:

    Vivere – to live ….. to life!! Ai die wonder van musiek….. woorde…akkoorde……instrumente. Ek het weer “As it is in Heaven” BELEEF!!!! Die “vrugteslaai” van Vivere het my sooo aangegryp en vasgegryp vir 90 minute – ek sien soma kans vir 90 DAE!!! JARE? – emosies van seer – van lag – van ONS HET MEKAAR NODIG OM DIT TE MAAAAAAK IN DIE LEWE!!!
    Dis ‘n voorreg om VANDAG …NOU deel van ‘n 4-manskap te wees wat LEEF – BELEEF- EN NET LIEFHET MET KOSBARE GODGEGEWE FAMILIE AS ANKER!

  4. Wim says:

    Agnetha Grové, Ewald se terapeut, laat weet die volgende:

    Ewald sê”wow” na ek die stuk met diskresie vir hom voorgelees het. Ons gesels toe daaroor en hy sê die volgende:

    “Ek het dit geniet! Nie die uitbundige geniet nie maar ‘n refleksiewe geniet..Dit laat dink my aan my eie verhoog waar die gordyn gedeeltelik oopgaan en daar sit mense wat verwag dat ek moet “lewer..” Die gordyn sê duidelik:”Now is the time to show..” Ek weet net nog nie wat nie? Ek het gedagtes, emosies en ervarings maar ek kies nog wat en hoe ek wil deel en met wie…”

  5. Wim says:

    Dankie aan elkeen vir soveel verruimende insigte. Ewald, dankie dat jy ons lewens met wysheid verryk en ons soveel prikkels gee om oor na te dink. Dankie vir dit wat jy reeds kies om met ons te deel.

Leave a Reply