Wim Fourie
Wim Fourie se blog oor Oop-oog reise is ‘n poging om vars te kyk na die lewe met sy werklike reise maar ook kopreise.
Wim se lewensreis het begin op 15 Maart 1954 in Krugersdorp hospitaal as tweede van vier kinders. Vandaar het verskeie dorpe ‘n rol in sy lewensreis gespeel – dorpe waar hy as kind, student en later as volwassene gewoon het: Stilfontein, Klerksdorp, Virginia, Glencoe, Potchefstroom, Stellenbosch, Ladysmith, Komga, Welkom.
Hy het as student ‘n voorsmakie gekry vir reise na die buiteland tydens ‘n besoek aan Switserland in 1976. In 1999 kry hy die geleentheid om saam met vriende ‘n rugsaktoer na verskeie lande in Europa te onderneem. In 2006 bied Lééf tydskrif aan hom en sy reisgenoot die geleentheid om ‘n toer na Turkye te onderneem om ‘n artikel, “In die voetspore van Paulus”, te skryf. Dit word in 2008 opgevolg met ‘n Paastoer na Turkye en enkele Griekse eilande.
Hy en sy reisgenoot woon tans in Welkom. Hy lees graag en versamel boeke. Verdere stokperdjies sluit in : skryf, kreatiewe werk, fliek en reis.
“Of ek reis of oorbly, U bepaal dit. U is met al my paaie goed bekend” (ps 139:3)