Oorvloed

Op Kersdag vanjaar het ek die voorreg gehad om op die wal van die Gariepdam te staan en te kyk hoe die vol dam sy oorvloed van water pluimend oor die oorloop stort. ‘n Indrukwekkende gesig.

Onwillekeurig het ek aan die ou Halleluja liedjie gedink: 

Strome van Seën van Bowe, daal met verkwikking tans neer; skenk uit U Hemelse volheid, skenk ons ‘n oorvloed, O Heer!”

Mens raak jou net so bewus van die letterlike oorstroming van oorvloed as jy die massas water sien stroom. Ek lees dat as die Gariepdam vol is, beslaan dit ‘n oppervlakte van meer as 370vk km en het dit ‘n inhoudsmaat van 6000 miljoen kubieke meter wat deur die 914 meter lange damwal in toom  gehou word.

Oorvloed. Dikwels wens ons mekaar dit toe as goeie geskenk vir die nuwe jaar. maar ek dink ons het die woordjie hol gemaak met ons eie interpretasie van wat oorvloed is. Oorvloed het nie te make met ‘n oorvloed van welvaart, besittings en selfsugtige bymekaarmaakgoed nie. oorvloed hou verband met ‘n Oorvloedige Gewer wat uit sy onuitputlike oorvloed gee sodat ons sy ‘deurgangskanaal” na ander kan wees.

Ferdinand Deist vertel in sy boek Coram Deo die volgende verhaal:

Rabbi Baruk van die dorpie Mezbizh se dogter het hom eendag uitgevra oor die kuns van gee. “My dogter,” het hy gesê, “daar is drie maniere waarop mense gee. Sommige sê vir hulleself: ‘Ek sal iets vir dié arme drommel gee. Ek is immers die soort mens wat sulke dinge doen.’Ander dink weer: ‘As ek iets vir hierdie man gee, sal ek hierná voordeel daaruit kan trek.’Hulle wil hê die hemel moet hulle rente betaal. Maar daar is sommige wat weet: ‘God het hierdie geld in my hand gesit vir hierdie man, en ek is God se posbode.’”

Dis eers as ’n mens geleer het om op die laaste manier te gee, dat jy werklik ervaar: “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang” (Hand. 20:35)

Daar is nog ‘n verhaaltjie wat die eerste redakteur van De Kat, Johan van Rooyen,  per geleentheid vertel het.

‘n Baie suinige vrou kon dit nie oor haar hart kry om iets weg te gee nie. Sy het met mag en krag vasgeklou aan al haar besittings. As daar ‘n honger persoon of bedelaar by haar deur opgedaag het, het sy hulle met ‘n afjak weggestuur. Eendag staan daar ‘n baie netjiese, dog arm vroutjie voor haar deur. Sy vra of die vrou nie dalk vir haar iets het het, aangesien haar man sy werk verloor het en hulle sukkel om aan die lewe te bly. In ‘n vreemde opwelling van naasteliefde sê die suinige vrou dat sy in haar kombuis sal gaan kyk, Sy haal niks uit die oorvol spens of groenterak nie. Toe sien sy die weggooi ui wat sy op die asblik neergesit het om uit te gooi. Dit het reeds sulke lang uitloopsels (lowwe). Die suinige vrou neem dit na die deur waar die behoeftige vroutjie staan en gee dit vir haar: “Dis al wat ek het”, sê sy en maak die deur toe.

Kort daarna sterf die suinige vrou. Toe sy by die hemelpoort aankom is dit gesluit. Sy roep en vra om ingelaat te word. ‘n Stem sê: “Dit wat jy weggegee het op aarde, kan jy saambring hemel toe”. Die volgende oomblik sien die vrou ‘n verlepte groen lowwe van ‘n ui wat oor die muur hang. “Gryp dit en hys jouself oor die muur”, sê die Stem. Die vrou gryp die lowwe van die ui krampagtig vas en begin haarself teen die muur optrek.Nodeloos om te sê: dit kon haar gewig nie dra nie en sy stort karplaks neer en val in ‘n armsalige hopie langs die muur neer…

Ja, ek weet die verhaaltjie hou nie rekening met genade nie en klink al te veel na verdienstelikheid wat nodig is om in die hemel te kom, maar ek dink dit illustreer tog wat die Groot Gewer van sy kinders verwag – ‘n ruimhartigheid jeens ander in nood, juis omdat elkeen wat  oorvloed het, dit ook so onverdiend uit sy Hand ontvang.

Daarom sou ek wens, vir myself en ander, dat ons die oorvloed van die Gewer sal raaksien en met dankbaarheid ontvang. Elke dag van die nuwe jaar. Maar dat ons ook , soos Rabbi Baruk dit so mooi gestel het, besef dat ons elkeen God se Posbode is wat ook aan ander moet aflewer…

Aan sy volgelinge beloof Jesus: “Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê en dit in oorvloed” (Joh 10:10b)

As ons besef hoe “oorvloedig’  die woord “oorvloed is, sal ons  oorvloediger leef en vrymoediger gee. Die woord perissos in Grieks beteken: superabundant (kwantiteit) en superior (kwaliteit). Nog sinonieme in Engels is:  exceeding, beyond measure, superfluous, extravagant, extra-ordinary, more than sufficient,vehement. Dit laat ons besef hoe power ons uitloop-uie geskenk soms is.

Verder is my wens vir myself en elkeen dat ons oop-oog sal reis vanjaar sodat ons die rykdom van oorvloed waarmee ons geseën word elke dag sal raaksien en gebruik. Hieraan herinner Mike and the Mechanics se lied, Beggar on a Beach of Gold:

I didn’t know when I was lucky
Discontented feeling bad
Filled with envy
For possessions other people had

I found my pride had always hurt me
Fought the world to gain control
Not realising
I was sitting on a beach of gold

Oh lord I’m a poor man
With all the riches I can hold
I’m a beggar
And I’m sitting on a beach of gold

The problems I encountered
Gave me strength helped me sustain
To know the pleasure
First I had to cure the pain

When I was searching for solutions
I found the answer lay in me
I’m a drifter
But I’m drifting on a silver sea

Oh lord I’m a poor man
With all the riches I can hold
I’m a beggar
And I’m sitting on a beach of gold

I didn’t have courage
My life was as dark as night
When alone in the darkness
I saw the brightest light
Let the light shine down

Are you out there now on empty
Feel you’ve nothing left to give
Sick of trying
Have you lost the will to live?

Don’t be drowning in the shallows
With the beach so near at hand
Hear the voice say
Stand up get up
And join me on the gilded sand

Come and join me on the beach
With all the riches I can hold
Cause I’m a beggar
And I’m sitting on a beach of gold…


2 Responses to “Oorvloed”

  1. Rene says:

    Water was ook my Ou- en Nuwe Jaar belewenis.Ons was “vasgekeer”by die Vaalrivier,dit heerlik gereen en geblits!!!Ons het nie beplan om oor te bly nie -die bakkie het vasgeval!!! Saam met goeie vriende kon ons die ou en nuwe jaar ingaan. Oorvloed-dit is dan wanneer jy besef jy ontvang soveel en jy kan deel.

  2. Wim says:

    So begin die nuwejaar vol verrassings! Hoop nie dat daar nog vasvalle wag nie, maar baie goeie verposings.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.