Lente roep mens soms tot aksie. Veral na so uitmergelende winter wat met sy intense wintersheid jou lyf gebombardeer het en jou kop en kreatiwiteit gevries het.
Kort voor die lente ry ek na ‘n winkel wat allerlei hulpmiddels verkoop vir die wat uiting aan ‘n kreatiewe impuls wil gee – plakboeke, mosaiek, kraalwerk – noem maar op en daar is iets te vind. Sommer met die instap val my oog op die hoop woorde wat op die rak aan die linkerkant lê. Allerlei woorde is netjies uit hout gesaag en lê en wag vir die ywerige handwerker om dit te verf of te versier. Ek tel die woorde op: LIEFDE, PASSIE, GELOOF, VREUGDE, GEDULD, VREDE, VRIENDELIKHEID. Al die positiewe woorde, meeste van hulle is te vind in Gal 5:22 se lysie van die vrug van die Gees. Ek kyk agterop na die prys: meeste is gemerk R70 of R80, selfs R90. Ek sien ‘n kleiner woord in ‘n mooi vloeiende lettertipe. HOOP. Die hoop is reeds mooi geverf in ‘n kraakvars wit. Ek draai die woord om en kyk na die prys: R60. Dié hoop is beslis ‘n bargain! Moontlik omdat dit bietjie kleiner as die ander woorde is. Dalk is dit ou voorraad. Miskien verkoop die HOOP nie so goed soos die VREUGDE, VREDE EN LIEFDE nie. Tog het ek op hierdie dag juis ‘n behoefte aan dié woord. Ek loop met die HOOP dadelik na die betaalpunt toe, voordat iemand HOOP voor my koop.
By die huis gekom, besluit ek dat HOOP dadelik ‘n hangplek moet kry. Iewers waar dit prominent kan wees en ons kan herinner dat Hoop daar is.
In die slaapkamer kry ek presies die regte plek. Reg bokant die bed. Dié ereposisie word sedert ons huwelik deur ‘n engel met ‘n kruis beklee – ‘n mooi trougeskenk van broer Ewald. Ek sien dat die hoop presies op die Hilti-hakkie pas wat die engeltjie soos ‘n Bungi-springer bo ons bed posisioneer. Dié hakkie pas presies tussen die twee o’s van hoop. Die engel en die HOOP word deur die hakkie tot ‘n nuwe verbintenis saamgevoeg. HOOP is nou die Van Stadensbrug vanwaar die Engel die Sprong uitgevoer het. Engel hang nou gesuspendeer tussen HOOP en die Bedstyl!
Toe my reisgenoot die middag tuis kom, vra ek haar om te kyk wattter nuwe toevoeging sy in ons kamer opmerk. Sy kyk orals – op die bed, die kas, die bankie, maar sien niks nuuts raak nie. Dis eers toe ek sê dat sy boontoe moet kyk, dat sy die hoop raaksien. Sy is baie opgewonde oor die toevoeging en merk op dat dit presies reg daar lyk.
Ek dink weer na oor die onontbeerlikheid van hoop. Hoop is hierdie vreemde kwaliteit wat aan mense in bykans onmoontlike situasies ‘n wil tot aanhou, uithou en oorlewing gee. In Elizabeth Kübler-Ross se outobiografie, The wheel of life, vertel sy van haar besoek aan die poolse konsentrasiekamp, kort na die vredesluiting na afloop van die tweede wêreldoorlog. Oral was daar tekens van die hartseer en die menseslagting wat daar plaasgevind het. Daar het selfs nog treintrokke gestaan vol klerasie en persoonlike besittings van diegene wat in die gaskamers omgekom het. ‘n Prentjie van wanhoop en verguising van drome. Sy het ook in die barakke waar die gevangenes gehuisves is, rondgeloop en haar probeer inbeeld wat in die mense wat daar gebly het se gemoed en gedagtes moes omgegaan het. Sy het egter telkens opgemerk dat daar tussen die graffiti op die mure ‘n prentjie van’n skoenlapper met gespreide vlerke geteken is. Die besef het by haar posgevat – te midde van die hooplose bestaan in die kamp het die skoenlapper vir die gevangenes ‘n simbool van bevryding geword. Selfs binne die mure van die gaskamers het sy die simbool van ‘n skoenlapper gevind – vir diegene wat besig was om te sterf, was dit die simbool van ‘n bevryding uit die doodskokon.
Die simbool van die skoenlapper het so ‘n indruk op Elizabeth Kübler-Ross gemaak, dat sy dit as logo en bandontwerp vir haar boeke gebruik.
Hoop gee ‘n nuwe uitsig, selfs in die benouendste situasies. Daarom kon Anne Frank (self ‘n slagoffer van die konsentrasiekamp) in haar dagboek skryf:
That perches in the soul
And sings the tune without the words
And never stops at all.” (Emily Dickenson)
could it be a lie
what becomes of restless souls
do they really die?
from minute to millennium
and virtue fights
the force of evil on and on
’till kingdom come
and the moon sleeps in the sky
the sun warms a cocoon
Jesus was a butterfly
a fluttering of wings somewhere in the darkest night
one more angel sings
Transitory spirits raise their voices in a Requiem and virtue fights
the force of evel on and on ’till kingdom come
While the world spins on its axis and the moon sleeps in the sky,
the sun warms a cocoon,
Jesus was a butterfly
(Herman van Veen – Butterfly)
Dagse en hoe gaan dit nog in Welkom met al die mense? kudos op die prosa beslis ‘n moet lees. Ek is ook op Lekkerlees Boekrak.